??NNS-ge?valueerde Navorsers
??????????????????????Die groot aantal NNS-ge?valueerde? navorsers aan die Universiteit Stellenbosch ?getuig van die Universiteit se wêreldstandaard in navorsing.
Behalwe vir navorsingsuitsette, word die kwaliteit en impak van navorsing aan tersi??êre instellings in Suid-Afrika gereflekteer in die aantal gegradeerde navorsers soos ge?dentifiseer deur die Nasionale Navorsingstigting (NNS) graderingsisteem.
?Die NNS-graderingsisteem is 'n ?maatstaf stelsel waardeur individue wat die hoogste standaarde van navorsing toon, sowel as diegene wat sterk potensiaal wys as navorsers, deur 'n uitgebreide netwerk van Suid-Afrikaanse en internasionale eweknie-evalueerders ge?dentifiseer word. ?Graderings is gebaseer op die kwaliteit en impak van onlangse navorsingsuitsette (oor 'n agt-jaar periode). ??
Die mees kenmerkende kategorie? is:
- A - vir navorsers wat as wêreldleiers in hul veld beskou word;
- B - vir navorsers wat aansienlike internasionale erkenning geniet van hul eweknie?;
- C - vir navorsers wat as gevestig in hul veld beskou word; en
- P - vir jong navorsers met ?besondere potensiaal wat ?waarskynlik toekomstige internasionale leiers in hul veld sal word.
Toekennings is geldig vir 'n periode van ses jaar. ???


Aasima Gaffoor
021 808 9004?