DJ Oppermangedenklesing
            Oor DJ Opperman
         
            (Skildery deur Philip Terblanche)
            
            
Diederik Johannes Opperman 
               
                  
                     
                        
                           
                              (1914 - 1985) was vanaf 1960 tot met sy aftrede in 1979 verbonde aan die 
Departement Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit Stellenbosch. As dosent en studieleier het hy verskillende generasies 
studente ingelei in die geheime van die Afrikaanse en wêreldletterkunde;
 as dosent het hy ook ’n ‘Letterkundige Laboratorium’ begin waarin hy 
jong skrywers en kritici begelei het. As digter het hy nege 
grensverskuiwende digbundels en drie belangrike versdramas gepubliseer; 
as akademikus het hy een van die belangrikste studies oor die Dertigers 
en ’n hele aantal invloedryke opstelle gepubliseer; as literêre 
rolspeler het hy verskillende bloemlesings gepubliseer (waaronder die 
verskillende uitgawes van 
   Groot Verseboek ’n belangrike kanoniseringsinstrument in die
 Afrikaanse po?sie geword het) en as keurder het hy vir uitgewerye ’n 
groot rol gespeel in die vorming van talle digters. 
Ná Opperman se dood in 1985 het prof Lina Spies, in daardie stadium verbonde aan 
die Universiteit van Pretoria, ondersoek gedoen na die moontlikheid om ’n DJ Oppermangedenklesing in te stel om sy bydrae as digter, 
akademikus en literêre rolspeler te eer. Op inisiatief van die destydse 
professore aan die Departement Afrikaans en Nederlands, Johan Smuts, 
Merwe Scholtz, Johan Combrinck en Fritz Ponelis, en met die goedkeuring 
van mev Marié Opperman is die tweejaarlikse gedenklesing in 1986 
ingestel. Die eerste DJ Oppermangedenklesing is op 8 Mei 1987 deur 
prof Lina Spies gelewer. Sedert 1987 is die volgende gedenklesings 
gelewer om Opperman se bydrae te vereer (kilk op die ikoon vir die volledige teks):
      
   
| ??2023 | ?Prof L Viljoen![]()  | ?DJ Opperman gelees teen die agtergrond van die ‘nuwe’    ![]()  | 
|---|---|---|
| ?2017 | 
            Prof W Burger ? ![]()  | ?Opperman en die Afrikaanse literatuurkritiek![]()  | 
| ?2014 | 
            ?![]()  | ?Celebration of Opperman’s hundredth birthday on 29 September 2014 | 
| 
            2013 | 
            Prof HEJ van Vuuren![]()  | 
            DJ Opperman se laatwerk![]()  | 
| 
            2011 | 
            Prof L Spies![]()  | 
            God, die magtige magneet: Die religieuse motief in die po?sie van DJ Opperman![]()  | 
| 
            2009 | 
            Prof AE Krog![]()  | 
            Die verkleurmannetjie(s) op Sjaka: ’n Vergelyking van die manifestasie van Shaka in die gedig van Opperman en die Sesotho-roman van Thomas Mofolo![]()  | 
| 
            2007 | 
            Prof HC Aucamp![]()  | 
            Die allure van die onvolledige met spesifieke verwysing na 
                           Sonklong oor Afrika van DJ Opperman ![]()  | 
| 
            2005 | 
            Prof GJ Gerwel![]()  | 
            Vertrekpunt vir die vorming van ’n nuwe Akademie vir Afrikaans | 
| 
            2003 | 
            Karel Schoeman![]()  | 
            Onderhoud gevoer deur prof Jakes Gerwel en prof Louise Viljoen | 
| 
            2001 | 
            Prof AP Brink![]()  | 
            Groot verseboek: Kanon of haelgeweer?![]()  | 
| 
            1999 | 
            Prof HP van Coller![]()  | 
            Die bloemleser as kanoniseerder![]()  | 
| 
            1997 | 
            Prof H Snyman![]()  | 
            Opperman en die mitologie![]()  | 
| 
            1995 | 
            Prof E Botha![]()  | 
            “Kuns is boos!”: Die digter as 
                           Erlk?nig![]()  | 
| 
            1993 | 
            Prof JJ Degenaar![]()  | 
            Die vindingrykheid van metaforiese taalgebruik![]()  | 
| 
            1991 | 
            Prof JC Kannemeyer![]()  | 
            “Die rotsmusiek van eie hi?roglief”: ’n Visie anderkant die teks![]()  | 
| 
            1989 | 
            ?Prof AP Grové | 
            Teoretisering oor die po?sie en Opperman se digterskap ? ![]()  | 
| ?1987 | 
            Prof L Spies ? | ?Besieling en behoud: Die boodskap van DJ Opperman vir ons tyd | 
 
    
		
	
	
	

















