Die
 Sentrum vir Studentegemeenskappe (SSG), wat deel van die Afdeling 
Studentesake vorm, se primêre doel is studenteontwikkeling met behulp 
van ? bre? spektrum kokurrikulêre aktiwiteite, wat onder ander 
leierskapontwikkeling en die integrasie van die studente se 
universiteitsbelewenis op verskillende vlakke insluit. Dit behels dus 
spesifiek die integrasie van die kurrikulêre en ko-kurrrikulêre 
universiteitsbelewenis van koshuis en dagstudente. Dit word prakties 
uitgevoer deur die bevordering van die kluster-inisiatiewe en die vorming
 van gesonde luister-, leer- en leefgemeenskappe. Die bestuursprosesse 
van die SSG is waardegedrewe en word op navorsing en die 
welweesbenadering gegrond.
Die SSG wil vir die tydperk 1 
Januarie 2018 tot 30 November 2018 ses (6) studente-assistente aanstel in die 
volgende portefeuljes in die Sentrum:
- Res-ed
- Luister, Leer en Leef (LLL)
- Privaat Studente Organisasie (PSO)
- Multikulturele opvoeding
- Mentorprogram
- Algemene administrasie
Pligte sal die volgende insluit:
- Hanteer van die ontvangsarea
- Ontvang van besoekers
- Hanteer van inkomende oproepe
- Liassering
- Bode diens
- Algemene administrasie mbt tot die portefeuljes
Vereiste:
- Moet voorheen in ? studenteomgewing gewerk het.
Werksure: 15 uur per week
Vergoeding: R3 745 pm
Sluitingsdatum: Vrydag, 10 November 2017
Navrae: Gareth Cornelissen: 021 808 2028 / gmc@sun.ac.za
Aansoeke: E-pos jou CV aan grantw@sun.ac.za