Hierdie Vrouemaand vier ons akademiese personeellede aan die Universiteit Stellenbosch (US) wat denke vorm en uitnemendheid deur hulle onderrig inspireer. Hierdie merkwaardige opvoeders bring passie, vernuwing en toewyding na die lesinglokaal en help studente om te floreer en sukses te behaal. Hulle stories weerspie?l die impak van vroue in die hart van die US se akademiese gemeenskap.
Prof Debra Shepherd is ? medeprofessor in die Departement Ekonomie en ? senior navorser van die Navorsingsgroep oor Sosio-ekonomiese Beleid (ReSEP). Sy is ? ervare dosent op voor- én nagraadse vlak, is ? US-onderriggenoot en is al met verskeie toekennings vereer, waaronder ? Toekenning vir Uitnemendheid in Onderrig van die US, asook die Kanselierstoekenning vir Onderrig. Shepherd dra gereeld tot leierskap- en diensrolle binne die US by, byvoorbeeld die Ubuntu-kortkursus wat aan gevangenes by die Brandvlei Korrektiewe Sentrum die geleentheid bied om saam met US-studente te studeer.
Vertel ons ? bietjie meer oor jou agtergrond.
My akademiese reis het in 2013 formeel begin, maar ek was jare vantevore ? tutor vir ? groep voorgraadse studente in kleiner lesingsale. Daardie sessies het my laat besef hoeveel ek daarvan hou om ekonomie toeganklik te maak, veral vir studente wat aan hulle vermo?ns twyfel. Dit is derhalwe interessant dat ek myns insiens my grootste welslae in groot klasse behaal waar ek mikro-ekonomie aan eerstejaars onderrig. Ek dink dit is omdat ek daardie tutoriaal-ervaring vir klein groepies na groter lesingsale wou oordra. Dit klink dalk onmoontlik, maar om elke jaar ? uiteenlopende groep van sowat 400 studente te onderrig het my oortuiging versterk dat goeie onderrig oor meer as die oordrag van inhoud gaan: Dit gaan oor verbintenis, erkenning en die skep van ? ruimte waar studente gesien en ondersteun voel.
Watter onderwysers, mentors of rolmodelle het ? blywende indruk op jou gelaat?
Prof Sarel Steel, wat vir my statistiek gegee het in my eerste jaar, staan uit. Omdat hy my naam geken het, my potensiaal raakgesien het en my laat voel het ek word in ? stampvol lesingsaal raakgesien. Daardie ervaring het my laat besef hoe groot die krag van erkenning in leer is en ek het dit na elke lesingskamer saamgeneem wat ek betree het. Mentors soos prof Steele het my gewys dat onderrig net soveel (miskien meer!) oor die bou van verhoudings as oor die oordrag van inhoud gaan.
Is daar ? spesifieke aspek van jou kursus of vakgebied wat jy veral geniet om te onderrig?
As ? sosiale wetenskap is ekonomie spanningsbelaai en vol teenstrydighede. Dit word dikwels as ? eksakte en objektiewe vakrigting aangebied, maar dit is diep in komplekse menslike realiteite verwortel. Ekonomie is byvoorbeeld geneig om doeltreffendheid, ekwilibrium en rasionele gedrag te prioritiseer, maar werklike ekonomie? word deur ongelykheid, magsdinamika, historiese nalatenskap en sosiale norme gevorm. Wanneer ek ekonomiese teorie aan studente onderrig, herinner ek hulle graag daaraan dat dit voortdurend verander en aan debat of meningsverskil onderworpe is. Ek geniet dit om studente aan te spoor om krities oor die werklike implikasies van ekonomiese besluite te besin, veral in ? land soos Suid-Afrika.
Wat beteken dit vir jou om vandag ? vrou in die akademie te wees?
Ek dink die manier waarop ek onderrig en lei – met empatie, sorg en emosionele aandagtigheid – daag dominante verwagtinge uit en help om akademiese waarde te herdefinieer. Hierdie eienskappe is inherent aan alle mense, maar in die akademie is daar ? neiging om dit as geslagsgebonde te beskou en te takseer. Ek wil hê diegene wat ná my kom, moet minder druk voel om hulleself te bewys en meer vryheid hê om hulleself te wees.
Wat is die grootste beloning vir ? dosent aan die US?
Om te sien hoe studente akademies, persoonlik en sosiaal groei. Om toe te kyk hoe hulle onsekerheid in selfvertroue ontwikkel, veral in so ? veeleisende vak soos ekonomie, is werklik vervullend. Elke groep studente bied nuwe perspektiewe en uitdagings, wat my aanspoor om betrokke te bly en my benadering voortdurend te verbeter. Wat my die meeste inspireer, is om te weet dat onderwys ? katalisator vir bre?r samelewingsverandering kan wees. Om deel te wees van ? student se reis – veral in ? land met groot ongelykhede – voel soos betekenisvolle werk.
Watter raad het jy vir jonger vroue wat vandag die onderwysberoep betree?
Jy voel dalk nie altyd asof jy behoort nie, veral as jou sterk punte nie deur dominante norme erken word nie. Maar moenie hulle onvermo? om jou raak te sien met ? gebrek aan waarde verwar nie. Jy behoort, want jy bou aan wat nog nie bestaan nie.
FOTO: Stefan Els