Hierdie Vrouemaand vier ons akademiese personeellede aan die Universiteit Stellenbosch (US) wat denke vorm en uitnemendheid deur hulle onderrig inspireer. Hierdie merkwaardige opvoeders bring passie, vernuwing en toewyding na die lesinglokaal en help studente om te floreer en sukses te behaal. Hulle stories weerspie?l die impak van vroue in die hart van die US se akademiese gemeenskap.
Dr Rhoda Meyer, ? senior dosent in die Departement Gesondheidsberoepe-onderwys (DGBO) van die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe, put uit haar ryk agtergrond as ? teater-verpleegkundige om die benadering tot kliniese onderrig te transformeer. Sy is passievol oor die skep van ondersteunende, bemagtigende leeromgewings en is ? dosent in die DGBO se MPhil- en PhD-programme. Sy lei die Fakulteitsontwikkeling-fokusarea, waar sy studente én opvoeders inspireer om doelgerig te groei. As ? ontvanger van ? Onderriggenootskap en ? Onderrig-Leer-Assessering-toekenning van die US, is haar werk op empatie, uitnemendheid en ? diep verbintenis tot betekenisvolle verandering gegrond.
Kan jy ons ? bietjie meer oor jou agtergrond vertel?
Ek was ? teater-verpleegkundige en my reis as onderwyser het reeds in my eerste jaar as verpleegkundestudent begin. Die spreekwoord van 'sien een, doen een, leer een' het gegeld, wat van ons vereis het om ons eweknie? én junior kollegas te onderrig. As ? professionele verpleegkundige het ek daagliks die geleentheid gekry om ander op te lei en dit het die onderrig van voorgraadse en nagraadse studente van verskeie gesondheidsorgberoepe in die teater ingesluit. Die hoogs stresvolle en onvoorspelbare omgewing van die teater het ? rol in my passie vir onderwys gespeel. Ek het besef studente word dikwels deur oorweldigende uitdagings in die gesig gestaar en hulle moes hierdie kompleksiteite op eie stoom navigeer. Hierdie waarneming het die kollig laat val op die behoefte aan groter ondersteuning en leiding deur omgewings te skep wat nie net leer bevorder nie, maar studente ook bemagtig ondanks die druk wat hulle ervaar.
Het enige onderwysers, mentors of rolmodelle ? blywende indruk op jou gemaak?
Ek was nog altyd omring deur sterk vroue met die vermo? om hulle uitdagings met grasie en deursettingsvermo? die hoof te bied, van my oumas tot my ma en susters. Elkeen van hierdie vroue het hulle eie unieke stryd aangepak, hetsy dit die uitdaging van armoede, die balansering van werk en gesin of die oorkoming van maatskaplike verwagtinge behels het. As rolmodelle van sulke eienskappe het hulle ? beduidende invloed gehad op wie ek is en hoe ek die wêreld aanpak. In die akademie het ek verskeie individue te?gekom wat my denke op baie maniere be?nvloed het. Dit sluit twee vroue in wat my in my PhD-reis ondersteun het: prof Susan van Schalkwyk en prof Elize Archer. Hulle het my ge?nspireer deur die sorg, wysheid en vindingrykheid waarmee hulle onderwys en oorsig onderneem, asook deur hulle onwrikbare toewyding tot hulle studente. Hulle leierseienskappe en toewyding tot die veld van gesondheidsberoepe-onderwys het ? blywende indruk op my gemaak.
Is daar ? spesifieke aspek van jou kursus of vakgebied wat jy veral graag onderrig?
Een van my rolle in die Departement is om die Fakulteitsontwikkeling-fokusarea te lei deur die beplanning van Fakulteitsontwikkelingsgeleenthede en die fasilitering van kortkursusse, asook werk- en ander sessies. Ek onderrig verskeie aspekte van die vakinhoud, maar geniet kliniese onderrig en werkplekgebaseerde assessering die meeste. Danksy my kliniese agtergrond verstaan ek die uitdagings waarmee kliniese dosente dikwels te kampe het. Ek verstaan ook die kontekstuele nuanses en die probleme wat studente tydens hulle plasing in die kliniese omgewing ervaar. Ek is passievol oor die skep van omgewings waar studente kan gedy, asook waar lede van die Fakulteit en kliniese dosent voel dat hulle oor die vaardighede en hulpbronne beskik om studente in hulle leer te ondersteun. Ook belangrik vir die studente én die Fakulteit is die ontwikkeling van aanpasbare kundigheid. Dit is ? onderwerp wat ek sal verken as deel van die AMEE-fakulteitsontwikkelingsbeurs wat onlangs aan ons toegeken is.
Wat is die grootste beloning van ? dosent aan die US?
My grootste beloning is om te sien hoe ons MPhil-studente en kollegas wat ? Fakulteitsontwikkelingsessie bygewoon het, daardie 'aha'-oomblik beleef. Hierdie individue is gewoonlik kundiges op hulle vakgebied (klinici of wetenskaplikes) en moet dikwels hulle weg baan tussen die wisselwerking van hulle dubbele identiteit as klinici of wetenskaplikes en opvoeders. Daardie oomblik wanneer hulle hul rol as opvoeders verstaan en hoe om die kompleksiteite inherent aan hierdie diverse roepings te versoen, inspireer my nog meer om ? beter gesondheidsberoepe-opvoeder en 'fakulteitsontwikkelaar' te wees. Hierdie transformerende reis verryk nie net hulle ervarings nie, maar voed ook my strewe om ? omgewing te skep waar elke lid van die Fakulteit in hulle verskillende rolle kan gedy. Op dié manier kan hulle studente voorberei om bekwame gesondheidsorgpraktisyns te wees wat betekenisvol tot die vakgebied én die samelewing kan bydra.
Watter raad het jy vir jonger vroue wat vandag die onderwysberoep betree?
Eerstens, moenie toelaat dat jou huidige omstandighede jou sukses bepaal nie. Definieer eerder wat sukses werklik vir jou beteken en werk daaraan deur elke uitdaging as ? geleentheid vir groei te beskou. Tweedens het jy nie ? formele leierskapstitel nodig om die wese van ? leier te beliggaam nie. Streef daarna om iemand te wees wat betrokke is by werk met die nodige impak om ander te be?nvloed, daag norme uit waardeur ongeregtighede gehandhaaf word en skep ? meer deernisvolle wêreld.
Laastens behels sukses meer as net ? spul kwalifikasies en toekennings. Dit gaan daaroor om ? betekenisvolle bydrae tot die samelewing te lewer, al lyk dit hoe klein. Dit is nie in die kollig te vinde nie, maar in die positiewe verandering wat ons help skep wanneer niemand kyk nie.
FOTO: Stefan Els