?Nuwe navorsing van die Universiteit Stellenbosch (US) toon dat daar 'n sterk korrelasie is tussen alkoholgebruik en brandvoorvalle.
Die studie, wat in die International Journal of Fire Science and Engineering verskyn het, het data van 2020 oor die voorkoms van brande met 'n vyfjaargemiddelde (2015–2019) vergelyk. Die navorsers, dr Natalia Flores Quiroz en prof Richard Walls van die US se Brandingenieurswese-span, het op formele en informele residensi?le brande in Kaapstad gefokus, en resultate met tendense in stede regoor die wêreld vergelyk.
Hierdie ligging is weens die ho? gehalte en beskikbaarheid van die Stad Kaapstad se langtermyn-brandvoorvaldata gekies. Die stad se uiterste sosio-ekonomiese ongelykhede het dit ook 'n gepaste omgewing gemaak om verskille tussen formele en informele nedersettings te ondersoek.
Impak van alkoholverbod op brandvoorvalle
Suid-Afrika was een van die enigste lande ter wêreld wat 'n landwye verbod op alkoholverkope gedurende die pandemie ingestel het. 'n Alkoholverbod is drie keer tydens die staat van inperking ingestel. Terwyl die primêre doelwit was om traumagevalle in hospitale te verminder, kon die onbedoelde gevolg van hierdie beleid 'n merkbare vermindering in brandvoorvalle gewees het, onder verskeie ander aspekte.
Gedurende die eerste alkoholverbod in April 2020 het die getal residensi?le brande in Kaapstad met 32% gedaal in vergelyking met die vorige vyfjaargemiddelde. In informele nedersettings was daar 'n afname van 28%, terwyl formele gebiede 'n afname van 37% ervaar het.
Die verbiedinge het klaarblyklik die grootste impak gehad tydens hul aanvanklike implementering. Die eerste alkoholverbod het mense onkant gevang. Die verkoop van alkohol is sonder waarskuwing verbied, en mense het nog nie 'n kans gehad om voorraad op te gaar nie, sê die outeurs. Mediaberigte het destyds wydverspreide tekorte, tuisgemaakte bierbrou-pogings en 'n toename in aanlyn soektogte na terme soos “pynappelbier" beskryf. Nadat die eerste alkoholverbod opgehef is, het mense geweet daar kon nog een wees, en baie het by voorbaat alkohol gekoop.
Hoewel alkoholgebruik nie 'n direkte oorsaak van brande is nie, kan dit “gevaarlike situasies skep wat tot 'n toename in brandrisiko kan lei", merk die outeurs op. Dit belemmer oordeel, verhoog riskante gedrag en verminder reaksietyd in noodsituasies. Inwoners en brandbestryders beskryf onverantwoordelike drankgebruik as een van die grootste brandrisiko's in informele nedersettings. Flores Quiroz merk op: “Ons moedig nie weer 'n verbod op alkohol aan nie. Hierdie data bied ons egter een van die eerste kwantitatiewe korrelasies tussen alkoholgebruik en brandvoorvalle op groot skaal enige plek ter wêreld."
Die studie beklemtoon verder dat informele nedersettings meer deur die verbod op alkohol geraak is as formele nedersettings. Dit kan te wyte wees aan 'n verskeidenheid faktore, insluitend die onvermo? van inwoners in informele gebiede om alkohol tydens beperkings op te gaar, anders as individue in formele behuising wat groter toegang en begrotingsmiddele gehad het.
“Hoewel ons nie vir seker kan sê dat alkohol die enigste oorsaak van minder brande was nie, is die korrelasie sterk, veral aangesien geen soortgelyke tendense in ander wêreldstede onder inperking sonder 'n alkoholverbod waargeneem is nie," merk die outeurs op.
Die bevindinge is met internasionale data van New York, Londen, Tokio en San Francisco, vergelyk wat tuisbly-maatre?ls ingestel het, maar nie alkoholverkope beperk het nie. Hierdie stede het geen betekenisvolle verandering in residensi?le brandtendense gedurende dieselfde tydperk getoon nie. In teenstelling hiermee het Kaapstad 'n skerp en onmiddellike daling tydens sy eerste alkoholverbod ervaar.
Verskille tussen nedersettingstipes
Een van die insiggewendste aspekte van die navorsing is die onderskeid tussen formele en informele nedersettings. Terwyl albei minder brande tydens die aanvanklike verbod gehad het, het slegs informele gebiede konsekwent afnames tydens daaropvolgende verbodperiodes ervaar. Byvoorbeeld, in Julie en Augustus 2020 (tydens die tweede verbod) was informele brandvoorvalle onderskeidelik 10% en 20% laer, in vergelyking met die gemiddelde syfers. In formele nedersettings het geen beduidende afname ná April plaasgevind nie.
Hierdie patroon dui daarop dat informele nedersettings veral kwesbaar is vir alkoholverwante brandrisiko's, en dat intervensies wat alkoholverbruik teiken, beduidende veiligheidsvoordele in hierdie gebiede kan inhou.
Blywende waarde
Die outeurs erken verskeie beperkings, aangesien dit besonder uitdagend is om alkohol- en brandvoorvalle onweerlegbaar te verbind. Dit sluit in die onvermo? om brandslagoffers vir alkoholgebruik te toets en die uitdaging om die verbod op alkohol van ander pandemieverwante maatre?ls te isoleer. Nietemin voer hulle aan dat die data seldsame en waardevolle insig bied in 'n dwingende openbareveiligheidskwessie.
Die outeurs merk byvoorbeeld op dat die implementering van die alkoholverbod nie beteken het dat daar geheel en al geen alkoholverbruik was nie. Dit het beteken dat die verkoop van alkohol tydens die verbod nie in restaurante, supermarkte of drankwinkels toegelaat is nie. Verder is alkohol moontlik net voor die verbod opgegaar of onwettig verkoop.
Gegewe die uniekheid van die alkoholverbod, is dit onwaarskynlik dat so 'n studie herhaal sal kan word. “Ten spyte van die beperkings daarvan, bied die werk egter nuwe inligting en data wat moeilik is om vas te lê," sluit die outeurs af. Dit dui daarop dat alkoholverbruik, of ten minste alkoholbeskikbaarheid, die waarskynlikheid van 'n brandgebeurtenis in residensi?le wonings vir al drie kategorie? verhoog.
Die studie dra nie net by tot brandveiligheidsnavorsing nie, maar ook tot bre?r gesprekke oor openbare gesondheid, beleidseffektiwiteit en die interseksie van alkoholverbruik met stedelike risiko.
“Brandbestryders, maatskaplike werkers en gemeenskappe het al dikwels die verband tussen alkoholverbruik en huisverliese as gevolg van brande uitgelig. Ons het nou meer insig in hoe groot daardie verband kan wees," sê Flores Quiroz.