Sewe studente-entrepreneurs aan die Universiteit Stellenbosch (US) het tot die streeksronde van Entrepreneurskapsontwikkeling in Ho?r Onderwys (EOHO) se Entrepreneurskap-intervarsity 2025 deurgedring. Dit is die sewende jaar van hierdie inisiatief wat ontwerp is om die kollig te laat val op innovasies wat met studente aan die stuur werklike uitdagings met 'n Suid-Afrikaanse fokus aanpak.
SU LaunchLab, die Universiteit se ondernemingsinkubator en 'n dryfveer agter studente-entrepreneurskap op kampus, sal ondersteuning vir opleiding en mentorskap aan hierdie finaliste verskaf ter voorbereiding op die nasionale eindronde. Die wenner kry 'n kontantprys van R100 000 en die geleentheid om hulle onderneming na die volgende vlak te neem.
EOHO se Entrepreneurskap-intervarsity bring 26 universiteite vanuit ses streke teen mekaar te staan. Die 2025-tema handel oor volhoubare en skaleerbare innovasies. Dit sluit ten nouste aan by globale uitdagings soos klimaatsverandering, gesondheid, hulpbronuitputting, voedseltekorte, omgewingsvolhoubaarheid en sosiale ongelykheid.
Die US se interne uitnodiging vir aansoeke in April vanjaar het entrepreneuriese ywer en talent aangevuur. Twintig belowende aansoekers is uitgenooi om op 21 Julie hulle onderneming by die LaunchLab te kom lanseer. 'n Paneel beoordelaars het dan die voorleggings vir markgereedheid, volhoubaarheid en impak geassesseer.
Na 'n strawwe keurproses het die beoordelaars sewe entrepreneurs uitgekies om die US by die streeksronde te verteenwoordig.
Kategorie 1: Bestaande onderneming – tegno
EV-Fleet-Sim (onder leiding van Chris Abraham, nagraadse Ingenieurswese-student)
EV-Fleet-Sim is 'n data-en-sagteware-beginneronderneming wat organisasies help om die energie- en herlaaibehoeftes te voorspel wat oorskakeling van 'n fossielbrandstofvloot na elektriese voertuie sal verg.
SafeGuard Technologies (gestig deur Tumelo Mokoena, voorgraadse Elektriese en Elektroniese Ingenieurswese-student)
Safeguard Technologies is 'n onderneming vir sekuriteitgerigte innovasie in Stellenbosch wat daarin spesialiseer om gevorderde, tegnologiegedrewe oplossings te ontwikkel wat werklike sekuriteitsuitdagings in gemeenskappe aanpak – veral in gebiede met ho? volumes voetgangerverkeer, soos Stellenbosch.
Kategorie 2: Bestaande onderneming – sosiale impak
Thallo (onder leiding van Abigail Larsen, BCom Internasionale Besigheid-student)
Thallo is 'n sosialemediaplatform wat die gaping tussen ondersteuners en organisasies oorbrug. Dit bied organisasies 'n platform om regstreeks met ondersteuners te skakel, en stel ondersteuners in staat om met die organisasie om te gaan. Hierdie omgang maak dit vir ondersteuners moontlik om 'n digitale Thallo-profiel te skep waar al hulle sosiale verantwoordelikheid aangeteken word.
Taptic (Pty) Ltd (onder leiding van Veer Gosai, voorgraadse BSc Geo-informatika-student)
Taptic (Pty) Ltd is 'n opvoedkundige beginneronderneming wat via hulle webbladsye en mobiele apps opvoedkundige hulpbronne aan miljoene studente in sewe Afrikalande verskaf.
Kategorie 3: Bestaande onderneming – algemeen
Report Buddy (gestig deur Robyn Border, voorgraadse Datawetenskap-student)
Report Buddy is verslagdoeningsagteware wat ontwerp is om neurofisiolo? te ondersteun met die outomatiese generering van verslae, wat tyd bespaar en die akkuraatheid van verslae verbeter.
Kategorie 4: Kommersialisering van Akademiese Navorsing (voorheen 'Navorsinggebaseerde onderneming', herbenoem in 2025)
OncoLign (onder leiding van Louise Fourie, PhD-kandidaat in kankernavorsing)
OncoLign is 'n KI-gedrewe instrument wat ten doel het om bekostigbare, toeganklike terugvoer te verskaf ten einde chemoterapiereaksie te optimeer. Die instrument sal onkolo? daarin ondersteun om behandeling volgens die persoon aan te pas deurdat dit ontleed hoe lewermetabolisme chemoterapiereaksies be?nvloed.
NAVU Group (gestig deur Amohetsoe Shale, magisterkandidaat in Ingenieurswetenskappe in Biomediese Ingenieurswese)
'n Innovasie in biomediese ingenieurswese met die oogmerk om prosteses te verskaf wat op ho? vlak funksioneer, pasgemaak kan word, plaaslik vervaardig kan word en veel duursamer as ander produkte is.
Die streeksronde van die EOHO Entrepreneurskap-intervarsity, waar US-studente-entrepreneurs teen eweknie? vanoor die Wes-Kaap sal meeding, was op 12 en 13 Augustus 2025. Daarna dring die finaliste wat gekies word deur na die nasionale kompetisie, wat later vanjaar in Johannesburg plaasvind.
Wanneer hierdie studente in die volgende ronde gaan meeding, dra hulle ook die ambisie en innoverende gees van die US uit. Die Universiteit bly daartoe verbind om, deur middel van ondersteuning deur SU LaunchLab en die US se bre?r Afdeling Innovasie en Kommersialisering, studentepotensiaal in skaleerbare impak om te skakel, een idee op 'n keer.