中国体育彩票

图片
Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
PhD-student ontvang prestigeryke studiebeurs vir navorsing oor elektriese minibustaxi’s
Outeur: Corporate Communication and Marketing [Alec Basson]
Gepubliseer: 11/08/2025

Mienke Knipe, 'n doktorale student in vervoerekonomie aan die Universiteit Stellenbosch, het onlangs die gesaghebbende Lee Schipper-gedenkstudiebeurs vir Volhoubare Vervoer en Energiedoeltreffendheid ontvang vir haar navorsing oor die elektrifisering van minibustaxi's. Sy is een van slegs drie navorsers wêreldwyd — en die enigste een in Afrika — wat hierdie onderskeiding te beurt geval het.

Sedert 2013 sit die Lee Schipper-gedenkstudiebeurs Lee Schipper se nalatenskap voort om internasionale beleidsdialoog oor volhoubare vervoer en energiedoeltreffendheid te verryk. Schipper, 'n fisikus, navorser, musikant en medestigter van EMBARQ (vandag die Stedelike Mobiliteit-program van die World Resources Institute (WRI) se Ross Center for Sustainable Cities), het die denke van 'n generasie studente en beroepslui ge?nspireer en gevorm. Die Volvo Research and Educational Foundation (VREF) ondersteun die studiebeurs, wat finansiering en mentorskap aan belowende jong navorsers bied.

Knipe se navorsing het ten doel om 'n praktiese benadering vir die implementering van elektriese minibustaxi's in Suid-Afrika te identifiseer. Sy ontwerp 'n elektrifisering-finansi?le-lewensvatbaarheidsmodel wat voertuignasporingsdata van minibustaxi's in Kaapstad gebruik. Knipe werk saam met minibustaxi-eienaars om hulle bereidwilligheid om na elektriese voertuie oor te skakel, sowel as praktiese vereistes vir so 'n oorgang, te bepaal. Sy sal 'n holistiese raamwerk ontwikkel om die integrasie van elektriese voertuie in die land te evalueer.

In reaksie op hierdie internasionale erkenning sê Knipe sy voel “diep ge?erd en dankbaar om as een van slegs drie ontvangers van hierdie wêreldwye toekenning gekies te word uit duisende aansoekers. Dit laat my nederig voel én dit is bemoedigend om my navorsing op hierdie manier erken te sien.

“Hierdie toekenning bevestig die belangrikheid daarvan om nie net navorsing oor die minibustaxibedryf te doen nie, maar om in vennootskap met die bedryf te werk om saam volhoubare oplossings te ontwikkel wat prakties is en ook deur die operateurs self aanvaar word.

“Dit bied 'n uiters waardevolle geleentheid om met vooraanstaande kundiges in volhoubare vervoer, insluitende prof Thinus Booysen en dr Brendan Pretorius van die US, asook kollegas van die Wêreldbank, WRI en die VREF, saam te werk," voeg Knipe by.

Sy sê die studiebeurs sal haar in staat stel om haar werk op 'n prestigeryke internasionale forum — die Transforming Transportation-konferensie in Washington DC — in Maart 2026 aan te bied. Dit sal ook kritieke finansiering verskaf om die publikasie van haar navorsing in 'n eweknie-beoordeelde akademiese tydskrif te ondersteun, wat die sigbaarheid asook die impak daarvan sal verhoog.

Knipe het onlangs die Wêreldbank se Afrika-genootskap as 'n vervoerekonoom voltooi.?