中国体育彩票

图片
Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Prof Simone Titus-Dawson lei met grensverskuiwende digitale insigte
Outeur: Corporate Communications and Marketing
Gepubliseer: 11/08/2025

?Hierdie Vrouemaand vier ons akademiese personeellede aan die Universiteit Stellenbosch (US) wat denke vorm en uitnemendheid deur hulle onderrig inspireer. Hierdie merkwaardige opvoeders bring passie, vernuwing en toewyding na die lesinglokaal en help studente om te floreer en sukses te behaal. Hulle stories weerspie?l die impak van vroue in die hart van die US se akademiese gemeenskap. 

Prof Simone Titus-Dawson is ? medeprofessor in die Departement Gesondheidsberoepe-onderwys aan die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe en lei die Digitale Onderrig- en Innovasie-fokusarea. As ? ontvanger van ? genootskap van die gesogte TAU Genootskapsprogram (wat onderrig aan universiteite bevorder), lei sy navorsing oor tegnologie-versterkte leer, insluitend die toepassing van spelgebaseerde leer en aangevulde en virtuele realiteit in gesondheidsberoepe-onderwys.

Vertel ons ? bietjie meer oor jou agtergrond.
My akademiese reis lyk bietjie soos ? vrugtemandjie – vol verskillende vorms, teksture, kleure en kompleksiteite – maar op die een of ander manier pas dit alles pragtig bymekaar. Ek het met ? graad in sportwetenskap begin en daarna in my meestersgraad gefokus op genderstudies en ? ondersoek na geslagsvooroordeel in manlik-gedomineerde ruimtes. Daarna het ? PhD in die opvoedkunde gevolg wat op spelgebaseerde leer vir kruiskulturele betrokkenheid gefokus het.
Dié reis het aan my ? ryk interdissiplinêre grondslag in gesondheidswetenskappe, sielkunde, sosiologie, bestuur en onderwys besorg. Dit het my ook gehelp om gemaklik in deurmekaar ruimtes te wees wat innovasie en transformasie vereis.
Ek is van Mitchells Plain op die Kaapse Vlakte en my passie vir onderwys kom van my gemeenskap. Ek het grootgeword tussen kenners en doeners wat aannames uitgedaag het oor wie kan weet, wees en word.
Mense is sentraal in alles wat ek doen en ek herinner myself altyd daaraan dat hierdie student iemand se kind, iemand se vriend, iemand se iets is. Hulle wil gesien en gehoor word en daarom probeer ek ruimtes skep waar studente voel dat hulle stem saak maak.

Het jy rolmodelle gehad wat ? blywende indruk op jou as ? student of opvoeder gemaak het?
Vir seker. Ek praat dikwels oor die 'ligpunte' in my reis toe ongelooflike vroue my ruimtes binnegenooi het waarin ek nie geweet het ek hoort nie. Daar is te veel om te noem en ek sou dit haat om enigiemand uit te laat. Een van daardie ligpunte het my genooi om by ? projek aan te sluit wat deur die Nasionale Navorsingstigting (NNS) gefinansier is en agt Suid-Afrikaanse universiteite betrek het. Dit het die innovasieruimte vir my PhD geword.
Ek het mentors gehad wat gevorm het hoe ek skryf, dink, onderrig en lei. Baie van hulle is senior akademici wat vrygewig met hulle tyd is, dikwels deur iets so eenvoudig soos ? WhatsApp-geselsie.
Deur hulle beskou ek mentorskap as akademiese burgerskap en dis iets wat ek op my beurt aan ander bied. Iemand het my eens op ? tyd geleer wat ek nou weet en dit is my sosiale verantwoordelikheid om daardie kennis openlik en vrylik te deel.
My ander rolmodel is my ma, wat voluit van haarself aan familie, bure en vriende gee. Sy is ? stille krag van vrygewigheid.

Is daar ? spesifieke aspek van jou kursus of vakgebied wat jy veral geniet om te onderrig?
Ek vind vreugde in al die kursusse wat ek aanbied, want ek leer altyd iets nuuts. Is dit nie die mooi van die akademie nie? Elke jaar bring nuwe insigte en vars maniere om dieselfde inhoud te onderrig. Ek geniet onderrig by die kruispunt van vakrigtings soos gesondheidswetenskappe, leierskap, onderwys en tegnologie, en ek hou daarvan dat ek dit elke keer anders kan doen. Ek is waarskynlik my eie ergste kritikus, so ek kan nie presies sê wat ek besonder goed onderrig nie, maar ek probeer wel my bes. Ek is mal daaroor om studente na ? gedeelde leerruimte te nooi en sê altyd 'daar is wysheid in die skare', want ek glo dat leer plaasvind wanneer ons almal saam buite ons gemaksones beweeg. Ek fokus op digitale onderwys en gebruik speletjies en tegnologiese hulpbronne om betekenisvolle betrokkenheid en leer te ondersteun.

Wat beteken dit vir jou om vandag ? vrou in die akademie te wees?
Om ? vrou van kleur in die akademie te wees beteken dikwels om onsigbare werk te doen. Jy moet trots en vol selfvertroue optree in kamers wat nie vir jou ontwerp is nie en gevorm is deur tradisies wat uitsluit. Ek hamer nie meer aan die glasplafon nie, maar neem eerder my sitplek in, kyk rond en maak meer plek vir ander om te sit. Ek glo in die mentorskap en afrigting van vroue, want ek weet wat die koste van stilswye en uitbranding is. Ek probeer die soort akademikus wees wat ander oplig soos wat ek vorder.

Hoe inkorporeer jy tegnologie in jou onderrig en watter rol dink jy sal kunsmatige intelligensie (KI) in die toekoms van ho?r onderwys speel?
Tegnologie is die middelpunt van hoe ek onderrig, navorsing doen, lei en saamwerk. Ek lei ? Digitale Onderwys- en Innovasiespan en gebruik tegnologie om interaksie te ondersteun en leergemeenskappe te bou. Ek bestuur tans ook ? fakulteitswye KI-leerreeks en werk aan ? projek wat ondersoek hoe KI kulturele nederigheid en storievertelling in gesondheidsorg kan ondersteun.
Die rol van KI in ho?r onderwys verskuif daagliks. Ek is ? tegno-optimis en ek sien in hoe KI ons kan help om leer te verpersoonlik, samewerking te ondersteun en assesserings te ontwikkel wat werklik behoeftes in die regte wêreld weerspie?l. Maar laat ek dit duidelik stel: Ons vind nie iets nuuts uit nie. Ons versterk bloot wat ons as dosente nog altyd gedoen het – om studente te ontmoet op die plek waar hulle hul bevind.
Ons moet egter versigtig wees. KI moet ho?r onderwys dien, nie andersom nie. Ons moet billikheid prioritiseer en nie bestaande digitale klowe vergroot nie. Ons het ook etiese, praktiese raamwerke vir die verantwoordelike gebruik van KI nodig. Ons moet doelbewus, deursigtig en mensgesentreerd optree in die wyse waarop ons KI ons klaskamers binnebring.

Watter raad het jy vir jonger vroue wat vandag die onderwysberoep betree?
Ken jou waardes. Jou doel sal jou anker wanneer dinge moeilik raak, en dit sál gebeur. Jy sal subtiele én strukturele hindernisse moet oorkom en as jy weet hoekom jy hier is, sal jy enduit hou. Bou aan jou 'stam' – sterk, ondersteunende netwerke. Deel wat jy leer. Moenie apologeties wees oor die ruimte wat jy beslaan nie en onthou dat iemand jou dophou en leer wat moontlik is. Maak die meeste daarvan.

FOTO: Stefan Els