Hierdie Vrouemaand vier ons akademiese personeellede aan die Universiteit Stellenbosch (US) wat denke vorm en uitnemendheid deur hulle onderrig inspireer. Hierdie merkwaardige opvoeders bring passie, vernuwing en toewyding na die lesinglokaal en help studente om te floreer en sukses te behaal. Hulle stories weerspie?l die impak van vroue in die hart van die US se akademiese gemeenskap.
Gedurende ? merkwaardige akademiese loopbaan van 25 jaar waarin sy sowat 1 500 arbeidsterapeute opgelei het, het prof Nicola Plastow, medeprofessor in die Departement Gesondheids- en Rehabilitasiewetenskappe by die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe, volgehoue toewyding tot die akademieskap van onderrig en leer getoon. Die US het twee keer (in 2015 en 2023) ? Onderriggenootskap aan Plastow toegeken, asook ? Toekenning vir Uitnemende Onderrig in 2021. Plastow is ? C2-gegradeerde navorser van die Nasionale Navorsingstigting (NNS) en het in 2024 ? eervolle vermelding by die Nasionale Universiteitsonderrigtoekennings (NUTA) ontvang. Haar werk is diep gewortel in die filosofie van beroepsgeregtigheid.
Vertel ons ? bietjie meer oor jou agtergrond.
Arbeidsterapeute bevorder gesondheid en welstand deur mense te ondersteun om deel te neem aan die aktiwiteite of take wat hulle in hulle daaglikse lewens wil, moet en behoort te doen. Hierdie aktiwiteite sluit in om na hulleself om te sien, te speel, te leer, pret te hê, te werk en tyd saam met ander mense deur te bring. Beroepsgeregtigheid gaan oor die reg om deel te neem en jou potensiaal te bereik.
My reis as onderwyser het in 2000 en nog voor my graduering begin toe ek in my finale jaar gedurende my plasing vir praktiese opleiding in Imizamo Yethu (Houtbaai) ? voog vir eerstejaarstudente was. Ek het ook in my eerste pos toesig oor studente gehou wat hulle prakties van 1 000 uur voltooi het.
Ek het dit baie geniet om studente gedurende my kliniese prakties te onderrig en dit het my ook die selfvertroue gegee om my meestersgraad en later my PhD aan te pak. Ek het in 2005 ? dosent aan die Brunel-Universiteit in Londen geword en in 2014 by die US aangesluit. Dus strek my onderrig- en akademiese reis nou al oor meer as 25 jaar.
Was daar enige rolmodelle wat ? blywende indruk gemaak het?
As ? vroue-akademikus is my ganse loopbaan te danke aan die vroue wat my ondersteun het om te word wie ek is. My ma, Alice Tinsley, is ? ongelooflike onderwyser, rolmodel en ouma. Proff Lana van Niekerk en Maddie Duncan het my tydens my voorgraadse jare gewys dat dit moontlik is om ? akademikus te wees, ? gesin te hê én ? PhD te doen – en was ook wonderlike onderwysers. Dr Anita Atwal was my PhD-toesighouer en het my geleer hoe om goed gepubliseer te kry.
Wat beteken dit vir jou om vandag ? vrou in die akademie te wees?
Om ? vrou in die akademie te wees is regtig harde werk! Ek moet baie verskillende rolle as ? akademikus vervul: dié van onderwyser, navorser, Voorgraadse Programko?rdineerder en arbeidsterapeut by ? rehabilitasiesentrum in Bishop Lavis, asook om die akademiese administrasie binne ? groot organisasie te hanteer en om vir studente se welstand te sorg. Dit moet alles gebeur binne die konteks van al die ander rolle wat ek speel en wat met hulle eie verantwoordelikhede gepaard gaan, soos om ? tannie, die ma van vier kinders, ? dogter, ? vriendin en die vrou van ? entrepreneur te wees.
Ondanks hierdie verantwoordelikhede is dit ? ongelooflik lonende ervaring om ? vrou in die akademie te wees. Ek kry die geleentheid om te sien hoe mense van student-wees af leer en in beroepslui en PhD-graduandi ontwikkel; om langtermyn-, diep en betekenisvolle bande te smee met mense uit ? wye verskeidenheid van kulture regoor die wêreld wie se belangstellings en oortuigings van myne verskil; asook om die gawes en talente wat God aan my gegee het, te gebruik om ? impak in die wêreld te maak.
Om ? ruimte vir toekomstige geslagte vroulike opvoeders te skep beteken om vir jong vroue te wys dat dit moontlik is om hierdie talle rolle tegelyk te vervul en in ? betekenisvolle en doelgerigte lewe saam te snoer. Vir my gaan dit daaroor om nie beperk te word deur my sin van verantwoordelikheid en plig nie, maar om soveel geleenthede moontlik vir soveel mense moontlik te skep.
Wat is die grootste beloning van ? dosent wees aan die US?
Ek dink ek het in my loopbaan sowat 1 500 arbeidsterapeute vanaf hulle eerste jaar tot hulle graduering onderrig. Daar is elke jaar hierdie magiese oomblik, rondom die begin van die tweede semester, wanneer ek ? klas binnestap en ? groep beroepslui sien. Hulle is nie meer studente nie. Dit is op daardie oomblik dat ek weet hulle is gereed om die uitdagings die hoof te bied wat inherent aan werk in die gesondheidsorgstelsel in Suid-Afrika is, en dat hulle agente van verandering gaan wees. Ek is geweldig trots op die gehalte van ons arbeidsterapiestudente.
Watter raad het jy vir jonger vroue wat vandag die onderwysberoep betree?
My belangrikste stukkie raad is dat daar geen goeie tyd is om jou meestersgraad of PhD te doen nie, en dat daar geen goeie tyd is om ? baba te hê nie! Om ? ma te word was ? lewensveranderende geskenk en elke nuwe baba het my lewe vir altyd onderstebo gekeer. As ma-word nie jou ding is nie, geld dieselfde vir jou ander doelwitte en drome. Moenie wag totdat jy jou akademiese projek(te) voltooi het om die ander goed te doen wat aan die lewe betekenis gee nie – die akademiese projek(te) sal steeds daar wees en vir jou wag.
FOTO: Stefan Els