中国体育彩票

图片
Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
US skitter by 'Wetenskap-Oscars'
Outeur: Corporate Communication and Marketing
Gepubliseer: 04/08/2025

?Die Universiteit Stellenbosch (US) het met drie gesogte toekennings weggestap by die jaarlikse Nasionale Wetenskap- en Tegnologieforum (NWTF)/South32-toekennings, ook bekend as Suid-Afrika se 'Wetenskap-Oscars'. Prof Shahida Moosa, prof Yin-Zhe Ma en die Afdeling Innovasie en Kommersialisering is Donderdag, 31 Julie 2025 by 'n toekenningsgeleentheid wat in hibridiese formaat in Johannesburg en Kaapstad gehou is, as wenners in hulle onderskeie kategorie? erken.

?Moosa

Moosa, Hoof van Mediese Genetika by die Tygerberg-hospitaal en professor in Mediese Genetika in die Afdeling Molekulêre Biologie en Mensgenetika, het die NWTF-SAMNR Klinikus-Wetenskaplike-toekenning vir haar baanbrekerswerk in mediese genetika deur middel van die Genomika vir Gesondheid in Afrika-projek verower. Die projek, 'n eerste in sy soort in Afrika suid van die Sahara, veroorsaak 'n revolusie in kliniese genomika en presisiegeneeskunde op die vasteland. Dit het ten doel om diagnoses aan die 100 miljoen Afrikane te verskaf wat met ongediagnoseerde seldsame siektes en oorerflike kankers leef.

Moosa het ook die eerste program vir ongediagnoseerde siektes (UDP) in Afrika suid van die Sahara op die been gebring. Dit is deel van die navorsingsgroep vir seldsamesiektegenomika wat sy lei. Die UDP is lewensveranderend vir pasi?nte en bied unieke geleenthede vir kapasiteitsbou en opleiding vir die volgende generasie genomika-kundiges in Suider-Afrika. Sy het reeds talle ander toekennings ontvang, haar navorsing in geakkrediteerde vaktydskrifte gepubliseer en toesig gehou oor verskeie nagraadse studente.

Moosa het gesê om 'n 'Wetenskap-Oscar' in te palm, veral in die kliniese wetenskaplike-kategorie, beteken vir haar baie.

“Dit is ongelooflik, veral omdat om 'n kliniese wetenskaplike te wees iets is wat nie altyd erken word, nie baie goed ondersteun word nie, en daar is baie min begrip vir wat dit beteken om in beide wêrelde te leef, in die kliniek en in die laboratorium.

“Dit is 'n erkenning van die mense, die kwesbare mense met wie ek werk, wat ek dien, families en pasi?nte met seldsame siektes. Dit is 'n oorwinning vir hulle, want vir die eerste keer erken iemand daar buite dat die werk wat hulle help belangrik is."

Ma

Ma, van die Departement Fisika, het die TW Kambule-NSTF-toekenning: Navorsers ontvang vir sy baanbrekerswerk oor die begrip van die heelal se grootskaalse struktuur, wat tot die opsporing van "ontbrekende barione" (of materie wat nie direk sigbaar is nie) bydra en die weg baan vir opsporingsmetodes wat ondersoek hoe hierdie barione op mekaar inwerk, asook hulle kritieke rol in sterrestelselvorming en -evolusie. Ma, wat aan die hoof staan van die Astrofisika-groep aan die US en die Stellenbosch-Groningen Gesamentlike Navorsingsleerstoel in Rekenaarsterrekunde beklee, het die trajek van navorsing oor vermiste barione gevorm en hom as 'n sleutelfiguur in kosmologie en grootskaalse struktuurstudie geposisioneer. Hy het deur innoverende tegnieke en samewerking ons begrip van barioniese materie in die heelal aansienlik bevorder.

Ma lei Suid-Afrika se deelname aan verskeie internasionale sterrekunde-samewerkings, insluitend die Square Kilometre Array, die MeerKAT-teleskoop en die Legacy Survey of Space and Time by die Vera C Rubin-sterrewag. Hy spog met talle publikasies in eweknie-ge?valueerde vaktydskrifte en tot die Akademie vir Wetenskap van Suid-Afrika en die Royal Society of South Africa is verkies.

Hy het in reaksie op sy jongste toekenning die volgende gesê: “Hierdie toekenning is 'n wonderlike erkenning van my navorsing wat suiwer deur weetgierigheid gedryf word en hoewel ek redelik seker is ek sal nooit munt daaruit slaan nie, sal dit nietemin die mens se ervaring verryk en mense se horisonne verbreed. Die ontdekking van die 'ontbrekende barione' in die heelal bevestig ons vermoede dat ons heelal uit 4,8% atome bestaan – waarvan die meeste uit die middelpunt van donker materie-halo's in kosmiese filamente en leemtes afgestoot is, en weer na die kosmiese ekostelsel terugherwin sal word. Die navorsing wat ek doen, open nuwe maniere om fundamentele fisika met astronomiese data te verbind, en sal nuwe vrae aan die volgende generasies oorlaat."

Innovasie en kommersialisering

Die Afdeling Innovasie en Kommersialisering — bestaande uit die Innovus Tegnologie-oordragkantoor (TTO), die LaunchLab en die Universiteit van Stellenbosch Enterprises — het die Innovasietoekenning: Korporatiewe Organisasie gewen vir die vestiging van meer as 30 nuwe ondernemings, asook vir die medestigting van die eerste waagkapitaalfonds in Afrika wat aan belegging in universiteitstegnologie toegewy is, en die implementering van verskeie nuwe inisiatiewe en instrumente om innovasie en entrepreneurskap te stimuleer. 'n Span toegewyde professionele persone werk daaraan om 'n stewige en funksionele innovasie- en entrepreneurskapsplatform by die US te skep. Hulle identifiseer opwindende navorsingsuitsette, werk saam met navorsingspanne om te verseker dat tegnologie? op markbehoeftes reageer, dien patente in, bied beleggingsgeleenthede aan kommersi?le en nywerheidsvennote en voed afwentelmaatskappye op.

Anita Nel, US se Hoofdirekteur: Innovasie en Kommersialisering, het in reaksie op haar afdeling se nasionale erkenning gesê: “Hierdie toekenning is 'n bewys van die belangrike werk wat by die Afdeling Innovasie en Kommersialisering gedoen word om die Universiteit se navorsingsuitsette te ondersteun en te verseker dat impak, soos dit bedoel is, aan ons samelewing in die algemeen gelewer word. Ek is ongelooflik trots op ons span by die Innovus TTO, die LaunchLab en ons USE-splintermaatskappye — ons is almal baie dankbaar teenoor die NWTF vir hierdie betekenisvolle erkenning."

  • ??Foto: Prof Yin-Zhe Ma, prof Shahida Moosa en Anita Nel saam met prof Sibusiso Moyo, Viserektor: Navorsing, Innovasie en Nagraadse Studies, by die toekenningsgeleentheid.