中国体育彩票

图片
Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Wêreldhepatitisdag: Ruim hindernisse uit die weg om virale hepatitis teen 2030 te elimineer
Outeur: Tongai Maponga & Wolfgang Preiser
Gepubliseer: 28/07/2025

Wêreldhepatitisdag word jaarliks op 28 Julie herdenk. In ? meningsartikel vir die Daily Maverick fokus dr Tongai Maponga & prof Wolfgang Preiser van die Afdeling Mediese Virologie op die hindernisse wat uit die weg geruim moet om virale hepatitis teen 2030 te elimineer.

  • ?Lees die vertaalde weergawe van die artikel hier onder of klik hier vir die stuk soos geplaas.

Tongai Maponga & Wolfgang Preiser*

Hepatitis kom voor wanneer verskillende virusse inflammasie van die lewer veroorsaak. Hepatitis A- (HAV) en hepatitis E-virus (HEV) word hoofsaaklik deur besmette kos of water versprei en veroorsaak tipies selfbeperkende infeksies. Dit beteken dat die pasi?nt gewoonlik ná ? kort siekte – wat van lig tot ernstig en soms lewensgevaarlik wissel – ten volle herstel.

In teenstelling hiermee word drie ander tipes hepatitisvirusse – hepatitis B (HBV), C (HCV) en D (HDV) – hoofsaaklik deur kontak met besmette liggaamsvloeistowwe soos bloed, speeksel en semen oorgedra. Dit kan tot chroniese infeksie van die lewer lei, wat beteken dat die infeksie vir minstens ses maande voortduur. Chroniese infeksie kan lewenslank aanhou en draers, soos mense met chroniese infeksie genoem word, bly aansteeklik en kan dit aan ander oordra sonder om ooit te weet dat hulle besmet is. Hoe jonger mense is wanneer hulle besmet raak, hoe ho?r is die risiko om ? chroniese infeksie te ontwikkel.

? Ma kan HBV ook tydens geboorte aan haar kind oordra, veral as sy ? ho? konsentrasie van die virus in haar bloed het. Meer as 90% van babas wat deur hulle ma's besmet word, sal draers word. Moeder-na-kind-oordrag van HBV is ? belangrike bydraer tot die wêreldwye las van chroniese HBV-infeksie. Gelukkig kan dit met ? veilige en doeltreffende entstof voorkom word. Daar is nie ? entstof vir HCV nie, maar dit kan met behulp van doeltreffende antivirale medikasie behandel en genees word.

Tensy chroniese HBV- en HCV-infeksies betyds herken en behandel word, kan dit uiteindelik tot ernstige en dikwels noodlottige toestande soos lewersirrose of primêre lewerkanker lei. Meer as 70 miljoen van die geraamde meer as 300 miljoen mense wêreldwyd wat met chroniese HBV- of HCV-infeksie leef, bly in Afrika. Ongeveer 2-3 miljoen Suid-Afrikaners het chroniese virale hepatitis, maar die meeste van hulle is nie met dié siekte gediagnoseer nie en word ook nie daarvoor behandel nie.

Studies deur ons groep en ander het getoon dat chroniese HBV-infeksie vir meer as 60% van primêre lewerkankergevalle in Suid-Afrika verantwoordelik is. Primêre lewerkanker kom meer algemeen by mans voor en ontwikkel relatief vroeg in volwassenheid, wat lewens kortknip. Dit is kommerwekkend dat chroniese infeksie dikwels nie opgemerk word voor dit ernstige komplikasies veroorsaak nie en teen daardie tyd is behandelingsopsies baie beperk en gewoonlik te laat.

Dit is dus van pas dat 28 Julie jaarliks as Wêreldhepatitisdag herdenk word om openbare bewustheid van virale hepatitis te verhoog. Die tema vir 2025, “Hepatitis: Kom ons breek dit af", het ten doel om verskeie struikelblokke – insluitend finansi?le, maatskaplike en sistemiese hindernisse – wat in die pad van die uitwissing van virale hepatitis as ? openbare gesondheidsbedreiging teen 2030 staan, uit te skakel.

Suid-Afrika het prysenswaardige vordering met die uitwissing van virale hepatitis as ? openbare gesondheidsbedreiging gemaak. Die entstof teen HBV is in 1995 met die Uitgebreide Immuniseringsprogram bekend gestel. Dit het ? beduidende afname in die hoeveelheid infeksies by kinders jonger as vyf meegebring. Desondanks word sommige kinders steeds besmet omdat hulle ma's nie vir HBV getoets word nie. Dit kan met behulp van ? eenvoudige, vinnige toets gedoen word. En as swanger vroue met HBV besmet is, sal antivirale terapie die risiko van oordrag van die virus na hulle kinders verminder.

Die diagnosering van chroniese hepatitis by swanger vroue is ? toegangspoort tot mediese sorg – nie net vir hulle eie gesondheid nie, maar ook dié van hulle seksmaats en ander familielede wat ook vir HBV gesif moet word. Suid-Afrika het in 2024 met die sifting van swanger vroue vir HBV begin, asook met die toediening van ? dosis HBV-entstof by geboorte aan babas van besmette ma's. Dié stap het te lank agterwe? gebly. Dit is nog te vroeg om die sukses daarvan te evalueer, want dit hang van die volle verbintenis van alle relevante belanghebbendes in alle provinsies af. ? Eenvoudiger alternatief met minder implementeringsprobleme sou wees om die dosis HBV-entstof ongeag die ma se status by geboorte aan elke baba toe te dien in plaas daarvan om te wag totdat hulle ses weke oud is.

Ofskoon die uitskakeling van nuwe HBV-infeksies onder kinders van deurslaggewende belang is, is die diagnose van diegene wat reeds besmet is, ewe belangrik.

Diagnose is die toegangspoort tot sorg. Dit sluit antivirale behandeling en gereelde monitering in om vroe? opsporing van lewerkanker moontlik te maak indien dit sou ontwikkel. Die nuutste riglyne van die Wêreldgesondheidsorganisasie vir die bestuur van chroniese HBV-infeksie is vereenvoudig deur voorheen ingewikkelde algoritmes te laat vaar wat baie mense uitgesluit het wat by antivirale terapie sou gebaat het. Daar word geraam dat minder as 10% van mense wat behandeling vir chroniese virale hepatitis behoort te kry, dit wel ontvang.

Finansi?le hulpbronne is nodig vir die diagnose en behandeling van meer chronies besmette individue. Dit sal hoogs waarskynlik uit ? ekonomiese oogpunt koste-effektief wees, aangesien ernstige siekte en dood volwassenes in hulle produktiewe jare raak. Boonop sal dit twee vlie? met een klap doodslaan: om ernstige siekte by die besmette persoon én nuwe infeksies te voorkom. Dieselfde geld vir MIV: Mense wat behandeling ontvang en ? lae of onwaarneembare viruslading het, is in wese nie meer aansteeklik vir ander nie.

Daar is egter ? dringende behoefte om finansieringsmeganismes te identifiseer, veral in die lig van die onttrekking van skenkerhulp deur die huidige Amerikaanse regering. Dit sal wys wees as Afrika-lande saamstaan en uit een mond praat tydens onderhandelinge met farmaseutiese maatskappye wat antivirale middels vir chroniese virale hepatitis vervaardig.

Ons moet nie net die nodige voorkomende en behandelingsmetodes verskaf nie, maar ook maatskaplike hindernisse afbreek wat toegang tot kliniese sorg belemmer. Ons moet voorts waninligting die hoof bied. Ons het tydens ons gemeenskapsbetrokkenheidsinisiatiewe hartseer stories gehoor van mense met chroniese virale hepatitis wat weens wanopvoeding oor die oordrag en komplikasies van die infeksie deur die gemeenskap verstoot is. Sommige pasi?nte met virale hepatitis is van promisku?teit beskuldig, terwyl heksery in sommige gevalle die blaam vir die ontwikkeling van lewerkanker gekry het. Gesondheidsopvoeders sal meer moet doen om die algemene publiek in te lig.

Funksionele ondersteuningsgroepe van mense met virale hepatitis sal ook voordelig wees, terwyl die betrokkenheid van prominente individue voorts kan help om bewustheid oor virale hepatitis te verhoog. Ons kan leer uit openbare gesondheidsreaksies op ander virusinfeksies en ontleen van sommige van die strategie? om virale hepatitis aan te pak. Saam kan ons dit “afbreek".

*Dr Tongai Maponga is ? wetenskaplike/navorser en prof Wolfgang Preiser is ? hoofspesialis in die Afdeling Mediese Virologie aan die Universiteit Stellenbosch.