Die jurie wik en weeg nog of kunsmatige intelligensie oor die potensiaal beskik om belangrike gesondheidsverwante navorsingsvrae met impak te identifiseer. Dit is die gevolgtrekking waartoe Proff John Garry, Maria Lohan (Queen's 中国体育彩票 Belfast) en Mark Tomlinson (Instituut vir Lewenslooploopgesondheidsnavorsing) kom in ? meningsartikel vir 中国体育彩票 World News.
- Lees die vertaalde weergawe van die artikel hieronder of klik hier vir stuk soos geplaas.
John Garry, Mark Tomlinson en Maria Lohan*
Kunsmatige Intelligensie (KI) vaar straks goed met die beantwoording van vrae, maar kan KI ons help om in die eerste plek met goeie vrae vorendag te kom?
In hierdie bydrae, wat in die Journal of Global Health verskyn het, het ons oorweeg of groottaalmodelle (GTM'e) oor die potensiaal beskik om belangrike gesondheidsverwante navorsingsvrae met impak te identifiseer.
Prioritisering van navorsingsvrae
Dit is in die re?l moeilik, maar van deurslaggewende belang om goeie navorsingsvrae te opper. Dink aan ? belangrike navorsingsvraag in jou eie belangstellingsveld. Dink jou voorts in dat dit moontlik is om hierdie vraag te beantwoord en dat kennis van die antwoord ? groot positiewe impak op die wêreld sal hê. Akademiese navorsers, beleidspraktisyns, implementeerders en finansieringsorganisasies sal sekerlik saamstem dat dit ? topprioriteit is om hierdie vraag te probeer beantwoord.
Dit is veral belangrik dat kritieke gesondheidsverwante navorsingsvrae voorkeur geniet. Dit is van deurslaggewende belang dat die dringendste stel prioriteitsnavorsingsvrae met potensieel die grootste impak vir elke gesondheidsveld – van hartsiektes tot skisofrenie – ge?dentifiseer word om gesondheidsuitkomste te verbeter. Die identifisering van die belangrikste vrae kan nie tot een sektor beperk word nie. Die interpretasie van navorsing om gesondheid te verbeter hang gewoonlik af van die samewerking van beleidmakers, finansiers/skenkers en navorsers. En omdat konteks saak maak, is ? geografiese verspreiding van hierdie kundigheid ook belangrik. Derhalwe word navorsingsprioriteite bepaal deur die uitvoering van ? navorsingsprojek wat die sienings van ? omvattende groep navorsers en praktisyns in die spesifieke gesondheidsveld saamvat en ? lys van prioriteitsvrae uit die data saamstel.
? Finansieringsorganisasie kan dit baie nuttig vind om ? prioriteitslys vir ? gespesifiseerde navorsingsdoelwit vinnig te bekyk. Die lys kan deel vorm van die objektiewe bewysbasis wat die befondser in staat stel om sy besluite oor die finansiering van sekere navorsingstemas (en -subtemas) eerder as ander met oortuiging te regverdig.
Gebruik van KI
In die lig van die vinnige toename in die gebruik van KI in baie aspekte van gesondheidsdiensverskaffing, van diagnostiek tot doeltreffende organisasie, is dit miskien geen verrassing dat die potensi?le bydrae van KI-instrumente (soos ChatGPT, DeepSeek en ander) tot die identifisering van prioriteitsnavorsingsvrae van dwingende belang word nie.
KI-instrumente bied die aantreklike vooruitsig van tyd- en kostebesparing. In plaas daarvan om duur en komplekse oorsigte van belanghebbendes te organiseer, sal ? KI-instrument die groot verskeidenheid van gestoorde menslike kennis sistematies ondersoek en die belangrike navorsingsvrae identifiseer.
Een studie oor die onderwerp van gereedheid vir pandemies het trouens getoon dat ? KI-gebaseerde oefening ? soortgelyke lys van prioriteitsvrae as ? mensgemaakte studie opgelewer het.
Aanloklik, maar ondeursigtig
Een probleem met hierdie KI-gebaseerde paradys is verklaarbaarheid. In teenstelling met menslike navorsing waar die presiese proses van die uitvoering van die empiriese projek deursigtig uiteengesit kan word (byvoorbeeld deur ? beskrywing van die steekproef van ? oorsig van navorsers- en praktisynsrespondente en van hoe die versamelde data statisties ontleed is), sit ons ietwat met die hande in die hare om presies te verduidelik hoe KI-gegenereerde navorsingsvrae verklaar kan word.
Daar word dikwels hierna as die 'black box'-probleem verwys. Wat presies doen instrumente soos ChatGPT wanneer hulle gevra word om belangrike navorsingsvrae te genereer? Die gebrek aan duidelikheid is hinderlik en hierdie ondeursigtigheid beperk vertroue in die resultate. As die resultate geloofwaardig lyk maar ons weet nie hoe dit gelewer word nie, sal ons waarskynlik opnuut die kommer van wyle Garret Fitzerald, Ierse premier en ekonoom, opper: “Ek kan sien dat dit in die praktyk werk, maar werk dit in teorie?"
Om hierdie probleem te temper sal navorsers wat KI-instrumente gebruik, ? gedetailleerde uiteensetting moet verskaf van die hulpbronne waarop die KI-instrument staatgemaak het om prioriteitsnavorsingsvrae te identifiseer, asook van presies watter kriteria die instrument gebruik het om hulle in ? rangorde te rangskik.
Gevaar van die uitsluiting van mense
Al sou verklaarbaarheid moontlik wees, hou ? verdere probleem verband met die risiko dat ? KI-gegenereerde stel prioriteitsvrae die vervreemding kan meebring van menslike praktisyns wat so noodsaaklik is om enige nuwe gesondheidsingrypings op voetsoolvlak te implementeer. Meer positief gestel is een van die voordele van die bepaling van navorsingsprioriteite deur mense dat relevante navorsers en gesondheidswerkers by die proses betrokke is. Daar word na hulle sienings geluister, dit word aangeteken en dit word gebruik om afleidings oor die bevindings te doen. Die proses help om ? demokratiese gevoel van insluiting in die ontwikkeling van die betrokke veld te skep.
As die prioriteitsvrae daarenteen met die kliek van ? KI-knoppie geproduseer word en metafories uit die lug val, kan die akademiese en praktisyn-belanghebbendes die bevindinge met skeptisisme beje?n.
Hierdie kommer is straks veral relevant in gevalle met min bestaande betrokkenheid van belanghebbendes in ? spesifieke veld en ? gepaardgaande tekort aan die bepaling van navorsingsprioriteite deur mense. In so ? konteks kan die gebruik van ? KI-instrument om te identifiseer hoe vordering gemaak kan word, vervreemding vererger.
Omgekeerd kan dit in ? konteks van sterk belanghebbersnetwerke en -betrokkenheid as meer redelik beskou word om bestaande kennis van belangrike navorsingsvrae met ? KI-gebaseerde komponent aan te vul.
Geldigheid en betroubaarheid
Hoe meer bewys kan word dat KI-instrumente prioriteitsnavorsingsvrae kan oplewer wat soortgelyk is aan dié van mense, hoe meer oortuigend sal die argument ten gunste van KI waarskynlik wees. Voorts moet navorsers wat die gebruik van KI-instrumente voorstaan, aantoon dat die resultate nie bloot ? arbitrêre funksie is van die spesifieke KI-instrument wat gebruik word nie, of dat die resultate deur klein wysigings aan vraagopdragte skeefgetrek word nie.
Potensiaal
Dit is gepas dat ons skepties is oor die gebruik van KI-instrumente om uiters belangrike navorsingsvrae te genereer wat ? diepgaande impak op die finansiering van gesondheidsnavorsing kan hê, asook op die koers wat sekere velde inslaan. Maar die erkenning van beperkings en pogings om dit te temper kan die moontlikheid meebring dat kragtige KI-navorsingshulpmiddels die eindelose bestaande kennis effektief kan benut om verdere navorsing te help rig, wat hindernisse vir positiewe gesondheidsuitkomste sal oorkom.
? Interessante moontlikheid om te verken is die presiese tipe bydrae wat KI-instrumente moontlik kan lewer. Kan KI-instrumente moontlik prioriteitsnavorsingsvrae identifiseer wat in wese net so goed is as dié wat deur mense ge?dentifiseer word – maar wat vinniger en meer bekostigbaar is? Of kan KI-instrumente dalk prioriteitsvrae identifiseer wat kwalitatief beter as mensgegenereerde vrae is: miskien heeltemal nuut en baanbrekend? En kan die gebruik van KI-instrumente in die lig van die veel groter reeks (elektronies beskikbare) perspektiewe wat oorweeg kan word, as meer demokraties as ? konvensionele menslike studie beskou word?
Die jurie wik en weeg nog, maar is geboei.
*John Garry is ? professor in politieke gedrag aan die Queen's 中国体育彩票 Belfast (QUB) in Noord-Ierland. Mark Tomlinson is die mede-direkteur van die Instituut vir Lewenslooploopgesondheidsnavorsing aan die Universiteit Stellenbosch en professor aan die Skool vir Verpleeg- en Verloskunde by QUB. Maria Lohan beklee die Unesco-leerstoel in die Skool vir Verpleeg- en Verloskunde by QUB, asook aan die Hitotsubashi-instituut vir Gevorderde Studie by die Hitotsubashi-Universiteit in Japan.