中国体育彩票

图片
Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Eerste doktorale mobiliteitsprogram tussen US en XJTLU van stapel gestuur
Outeur: Corporate Communications and Marketing
Gepubliseer: 16/07/2025

?Die Universiteit Stellenbosch (US) het onlangs 'n doktorale mobiliteitsprogram by die Xi'an Jiaotong-Liverpool Universiteit (XJTLU) se Entrepreneurskollege (XEC) in Taicang, China van stapel gestuur.

Hierdie baanbrekersinisiatief – die eerste tussen die twee instellings wat van 30 Junie tot 11 Julie 2025 in China bekend gestel is – is ontwerp om doktorale onderwys te verbeter deur studente-agentskap in entrepreneursdenke, strategiese innovasie en internasionale samewerking te bevorder – alles in ooreenstemming met die Verenigde Nasies se Doelwitte vir Volhoubare Ontwikkeling (DVO'e).

Die twee weke lange internasionale program het US-doktorale kandidate met die instrumente toegerus om navorsing in volhoubare, werklike impak te omskep.

Mobiliteitsprogramme stel doktorale kandidate in staat om internasionale én bedryfsblootstelling aan die nuutste tendense, ontwikkelings en tegnologie? in hulle onderskeie navorsingsgebiede te verkry.

Die program het 'n transformerende platform aan doktorale studente van die US gebied om buite vakkundige grense te beweeg en hulle navorsing op dringende, werklike uitdagings toe te pas. Deelnemers het aan die hand van diepgaande opleiding in finansi?le voorspelling, KI vir akademiese impak, bibliometriese ontleding, outomatiese data-onttrekking uit webwerwe (“webskraping") en volhoubaarheidsgedrewe sakemodellering 'n toekomsgerigte ingesteldheid ontwikkel wat op data, strategie en innovasie gegrond is.

'n Bepalende kenmerk van die program was die IGNITE-sessie, waar studente aan die hand van die besigheidsmodelraamwerk aan bedryfsbelynde uitdagings gewerk het. Hierdie praktiese ervarings is deur ho?vlakbesoeke aan innovasieleiers soos die Chinese maatskappye Moog, NIO en HAIER versterk en het studente insig gegee in hoe gevorderde tegnologie?, leierskap en markstrategie? in die praktyk saamvloei.

Die finale hoogtepunt van die program was 'n sake-aanbiedingsvertoning waar interdissiplinêre studentespanne DVO-belynde innovasies aangebied het. Oplossings het van KI-aangedrewe kredietinstrumente vir informele markte en akwaponika vir die regenerasie van sout grond tot veldbrandvoorspellingstelsels vir stedelike veiligheid gewissel en het die studente se vermo? om doktorale kundigheid in lewensvatbare, skaalbare ondernemings te omskep, ten toon gestel.

"Hierdie program het nie net oor kennisverwerwing gehandel nie – dit was daarop gemik om ons navorsingstudente as agente van innovasie en impak te bemagtig," het prof Sibusiso Moyo, die US se Viserektor: Navorsing, Innovasie en Nagraadse Studie, gesê. "Dit het 'n nuwe maatstaf gestel vir wat doktorale mobiliteit kan bereik ten opsigte van praktiese maniere om die doktorale eienskappe, innoverende en entrepreneuriese denke en blootstelling aan internasionale nywerhede en die nuutste innovasie-ekosistelsels te verbeter. Die ontwikkeling van doktorale eienskappe verg meer as die tradisionele kurrikulums en hierdie inisiatief is 'n voorbeeld wat herhaal en geskaal kan word om doktorale studente se ervaring te verbeter."

Prof Kanshukan Rajaratnam, Direkteur van die Skool vir Datawetenskap en Rekenaardenke, het bygevoeg: "Sulke doktorale mobiliteitsprogramme stel ons in staat om kundigheid in ander lande te benut. Hierdie vennootskap deur ons navorsingsgenote ontwikkel die volgende generasie doktorale gegradueerdes wat gereed sal wees om entrepreneursgeleenthede oor grense heen aan te pak."

Die projek is deur dr Mustafa Ozguven (medeprofessor, Entrepreneurskap- en Ondernemingshub) en dr Anisa Vahed (medeprofessor, Eenheid vir Opvoedkundige Ontwikkeling) en Moyo gelei. Ozguven en Vahed is ook erenavorsingsgenote by die US se Skool vir Datawetenskap en Rekenaardenke. Die program is deur die visioenêre leierskap van prof Andrew King (mededekaan van die Entrepreneurskap- en Ondernemingshub) en Rebecca Wakelin (direkteur van die Eenheid vir Opvoedkundige Ontwikkeling) moontlik gemaak, met die ondersteuning van 'n uiteenlopende netwerk akademiese en bedryfsmentors uit China.

"Die doktorale studente van die US is met hulle terugkeer na hulle navorsings- en professionele trajekte nie net met nuwe kennis en netwerke toegerus nie, maar ook met hernieude vertroue in hulle vermo? om te lei, te innoveer en verandering in 'n vinnig ontwikkelende internasionale landskap aan te dryf. Ons bedank die verskillende ondersteuningsentiteite wat bygedra het, insluitende US Internasionaal wat 'n groot rol in die ondersteuning van internasionale en globale verbintenisse speel, die departemente, fakulteite en die studieleiers van die gekose doktorale kandidate wat deelgeneem het," het Moyo bygevoeg.