中国体育彩票

图片
Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Studie toon mense ondersteun klimaatsbeleid wanneer hulle weersomstandighede persoonlik voel
Outeur: Corporate Communication and Marketing [Alec Basson]
Gepubliseer: 08/07/2025

'n Nuwe studie deur 'n span internasionale navorsers — insluitende een van die Universiteit Stellenbosch — het bevind dat die meeste mense meer geneig is om klimaatbeleide te ondersteun as hulle 'n verband kan trek tussen uiterste weersomstandighede en klimaatsverandering. 'n Paar uiterste weergebeurtenisse blyk ook ondersteuning vir klimaatbeleide op verskillende maniere te be?nvloed.

Die studie* het in op 1 Julie 2025 in Nature Climate Change verskyn.

Die navorsers sê hoewel uiterste weergebeurtenisse meer gereeld en intens word weens klimaatsverandering, weet ons min oor hoe die ervaring van hierdie gebeure – en die toeskrywing daarvan aan klimaatsverandering – ondersteuning vir klimaatbeleide be?nvloed, veral in die Globale Suide.

Die navorsers het vir hulle studie ondersteuning vir die volgende vyf klimaatbeleide ge?valueer: verhoging van belasting op koolstofintensiewe voedsel, verhoging van belasting op fossielbrandstowwe, uitbreiding van infrastruktuur vir openbare vervoer, toename in die gebruik van volhoubare energie, en beskerming van bebosde en grondgebiede.

Hulle het gekombineerde grootskaalse natuur- en sosiaalwetenskaplike data van 68 lande gebruik om 'n maatstaf te ontwikkel van hoeveel mense aan uiterste weergebeurtenisse blootgestel is — en om te ondersoek of hierdie blootstelling, saam met mense se oortuigings oor of klimaatsverandering uiterste weergebeurtenisse oor die afgelope dekades be?nvloed het, hulle ondersteuning vir klimaatbeleide voorspel. Hulle het ook vergelykend die verband tussen die grootte van blootgestelde bevolkings — gedefinieer as die gemiddelde jaarlikse deel van 'n land se totale bevolking wat aan 'n spesifieke weerverwante gevaar blootgestel is — aan verskeie uiterste weergebeurtenisse en ondersteuning vir klimaatbeleide beoordeel.

“Ons data dui daarop dat as individue uiterste weergebeurtenisse aan klimaatsverandering toeskryf, is ondersteuning vir klimaatbeleide ho?r, ongeag of die gebeure meer gereeld voorkom. Die omgekeerde kousale verband is ook moontlik: mense wat klimaatbeleide ondersteun, is meer geneig om uiterste weer aan klimaatsverandering toe te skryf.

“In ooreenstemming met vorige navorsing, het die verhoging van koolstofbelasting die minste ondersteuning ontvang, met slegs 22% en 29% van mense, onderskeidelik, wat aandui dat hulle die verhoogde belasting op koolstofintensiewe voedsel en fossielbrandstowwe sterk ondersteun. Die beskerming van bebosde en grondgebiede, daarenteen, was 'n gewilde beleidsopsie, met 82% wat dit sterk ondersteun en slegs 3% wat dit glad nie ondersteun nie. Die tweede mees ondersteunde beleid was die toename in die gebruik van volhoubare energie, met 75% wat dit sterk ondersteun, en slegs 5% wat dit glad nie ondersteun nie.

“Ons het sterk verskille in ondersteuning oor lande en beleide gevind. Ondersteuning vir klimaatbeleide was besonder hoog in Afrika- en Asiatiese lande, gemiddeld in Australi?, Costa Rica, en die Verenigde Koninkryk, en onder die wêreldgemiddelde in verskeie Europese lande, soos Tsjeggi?, Finland en Noorwe?.

“Deelnemers wat hulleself as mans ge?dentifiseer het, jonger en meer godsdienstig was, met ho?r opvoedingsvlakke, ho?r inkomste, linksneigende politiek, en wat in stedelike gebiede gewoon het, was meer geneig om klimaatbeleide te ondersteun."

Die navorsers voeg by dat vir sommige gebeure, soos hittegolwe en tropiese siklone, was die effekte van blootstelling op klimaatbeleidsondersteuning sterker vir individue wat uiterste weergebeurtenisse sterker aan klimaatsverandering toeskryf.

“Een moontlike verduideliking is dat hierdie tipes uiterste weergebeurtenisse bestuurstrategie? moontlik maak wat die gevaar self direk kan verminder, soos mensgemaakte vloedbeskerming, besproeiingstelsels, beplande brande, en grondgebruikbeleide. Daarom is mense dalk meer geneig om beleide te ondersteun wat betrekking het op wetstoepassing of ekonomiese regulasies in plaas van klimaatsverandering-risikovermindering."

Die navorsers wys egter daarop dat blootstelling aan die meeste tipes uiterste gebeure nie mense se ondersteuning vir klimaatbeleide voorspel het nie.

Hulle sê ook dat die mate waartoe mense uiterste weergebeurtenisse aan klimaatsverandering toeskryf, in die onderskeie wêreldstreke verskil.

“Mense in Suid-Amerika het die sterkste saamgestem dat die voorkoms van uiterste weergebeurtenisse oor die afgelope dekades deur klimaatsverandering be?nvloed is, veral in Brasili? en Colombia. Dit kan verklaar word deur die feit dat geloof in mensgemaakte klimaatsverandering en self-gerapporteerde persoonlike ervaring van uiterste weergebeurtenisse hoog is in Latyns-Amerika.

“Mense in Noord-Europa en Afrika, aan die ander kant, was minder geneig om uiterste weergebeurtenisse aan klimaatsverandering toe te skryf. In Afrika kan dit verduidelik word deur lae vlakke van klimaatsveranderingbewustheid en geloof in mensgemaakte klimaatsverandering oor die kontinent."

Die navorsers vra vir meer studies oor effektiewe klimaatsveranderingkommunikasie oor tipes uiterste weergebeurtenisse wat nie gewoonlik met klimaat geassosieer word nie.

*Die studie, onder leiding van Viktoria Cologna van ETH Zurich in Switserland, was 'n medewerking tussen navorsers van die Verenigde Koninkryk, Switserland, Suid-Afrika, Spanje, Nederland, Noorwe? en die Verenigde State van Amerika.