中国体育彩票

图片
Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Lesetja Kganyago as US se 16de Kanselier in statige plegtigheid ingehuldig
Outeur: Corporate Communications and Marketing
Gepubliseer: 20/06/2025

Hoewel ligte re?n Vrydagoggend oor Stellenbosch uitgesak het, het sonstrale oor die middaguur hulle opwagting gemaak om oor die dorp te skyn terwyl die Universiteit Stellenbosch (US) 'n belangrike geleentheid gevier het: die formele inhuldiging van die instelling se 16de Kanselier – Lesetja Kganyago, president van die Suid-Afrikaanse Reserwebank.

Die inhuldigingsplegtigheid, wat in die Endlersaal gehou is, het met statige presisie ontvou en het dawerende musiekoptredes deur die US se topmusikante en 'n akademiese prosessie in volle seremoni?le regalia – 'n visuele herinnering aan die Universiteit se ryk verlede en dinamiese toekoms – ingesluit.

Kganyago het in 'n passievolle intreerede voor hooggeplaastes, senior bestuur en gemeenskapsleiers gesê hy beskou dit as 'n groot eer om gekies te word om die US te verteenwoordig. "Ek aanvaar hierdie rol met 'n diep verantwoordelikheidsin en is bewus van die komplekse nalatenskap wat ek erf en die verwagtinge wat voorlê," het hy gesê.

Met verwysing na die woorde van sy voorganger, oudregter Edwin Cameron, het Kganyago oor die waardigheid en eiewaarde gepraat wat universiteite in hulle gemeenskappe inboesem.

Hy het 'n beroep op die Universiteit gedoen om voort te gaan om instellings te bevorder wat weetgierig en innoverend is en uiteenlopende denkrigtings handhaaf en het Suid-Afrikaanse universiteite as katalisators vir maatskaplike verandering en etiese leierskap beskryf. "Universiteite weerspie?l wie ons is en wat ons wil wees," het hy gesê en die instelling aangemoedig om akademiese vryheid en transformasie met alle mag te verdedig.

Hy het nie weggeskram van die Universiteit se komplekse verlede nie, en het na die instelling se rol in die apartheidsera-Suid-Afrika en in die voortslepende stryd om transformasie verwys. Kganyago het die bekende Suid-Afrikaanse digter Antjie Krog aangehaal en gewaarsku dat wonde wat nie gekonfronteer word nie, "sal aanhou om pyn in die toekoms te veroorsaak". Hy het 'n beroep op die Universiteitsgemeenskap gedoen om rassisme en weerstand teen verandering te verwerp en het daarop aangedring dat diversiteit en insluiting noodsaaklik is vir intellektuele verkenning en geregtigheid.

Kganyago het onlangse transformasiepogings onder die voormalige Rektor en Visekanselier, prof Wim de Villiers, geloof en verwys na prof Thuli Madonsela se siening dat "transformasie nie vir lafhartiges is nie".

Kganyago het na noemenswaardige voorbeelde van studentegeleide aktivisme verwys, soos onder meer die Save7-inisiatief wat gehelp het om die Life Pod-oorplantingsondersteuningseenheid by die Tygerberg-hospitaal te vestig. Hy het ook studente soos Francisca Darkoh en Caitlin Lee uitgesonder, wie se werk in voedselsekerheid en die rehabilitasie van gevangenes 'n die Universiteit se missie van sosiale verantwoordelikheid vergestalt. "Hulle werk is 'n kragtige voorbeeld van hoe studenteleierskap werklike verandering kan dryf," het hy gesê.

Die Kanselier het in sy toespraak ook teruggekyk na 1987, toe Suid-Afrikaanse universiteite teen die apartheidsera se beheer oor akademiese vryheid betoog het. Kganyago onthou hoe hy by duisende aangesluit het om staatsdekrete teen te staan wat universiteitsoutonomie wou beperk, 'n vormende ervaring wat sy siening van onderwys as 'n hoeksteen van demokrasie gevestig het. "Ons moet hierdie vryheid beskerm en dit met weetgierigheid, betrokkenheid en kritiese ondersoek eer," het hy beklemtoon.

Die gehoor se staande toejuiging en spontane lofsang het die Endler met energie gevul terwyl Kganyago sy toespraak afgesluit het.

Die formele verrigtinge is vroe?r die middag deur die US se Registrateur, dr Ronel Retief, geopen. Sy het die uitgelese gehoor wat lede van die Reserwebank, die kommissaris van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens, Edward Kieswetter, Stellenbos se uitvoerende burgemeester Jeremy Fasser en senior verteenwoordigers van naburige universiteite ingesluit het, verwelkom. Retief het die simboliese en statutêre verantwoordelikhede van die Kanselier uiteengesit en opgemerk dat Kganyago deur die Universiteit se kieskollege verkies is ná 'n openbare nominasieproses. "Ons bedank u dat u hierdie oproep aanvaar het om te dien, " het sy met 'n groot glimlag gesê.

Prof Deresh Ramjugernath, die US se Visekanselier en Rektor, het Kganyago as 'n leier van "uitsonderlike moed, wysheid en bestendigheid" geloof wie openbarediensrekord met die Universiteit se institusionele waardes van deernis, aanspreeklikheid en billikheid ooreenstem. "By die Universiteit Stellenbosch glo ons onderwys moet 'n groter doel dien: om op te hef, in te lig en te bemagtig," het hy gesê. "Kanselier, ons is diep ge?erd dat u hierdie rol aanvaar het. U wysheid, statuur en diensgerigte leierskap sal 'n bron van inspirasie vir ons studente, personeel, alumni en vennote wees," het Ramjugernath afgesluit.

Die US se Raadsvoorsitter, dr Nicky Newton-King, wat die amptelike inhuldiging hanteer het, het Kganyago as "'n formidabele en diepsinnige kampvegter vir nougesette ontleding en onafhanklikheid" beskryf. Sy het ook die Universiteit se nuut ontwerpte Kanselierstoga – waarby die "Hoop"-patroon en seremoni?le embleem ge?nkorporeer is – as 'n simbool van transformasie bekendgestel wat deur dialoog met studente, personeel en alumni geskep is.

Hierna het boodskappe van gelukwensing gevolg, met prof Nico Koopman, Visekanselier: Sosiale Impak, Transformasie en Personeel, wat 'n boodskap van die adjunkminister van ho?r onderwys en 'n US-alumna, dr Mimmy Gondwe, voorgelees het. Gondwe het Kganyago se standvastige leierskap onder druk geloof en sy aanstelling "'n stralende verwysing na die Universiteit se verbintenis tot uitnemendheid en waardegebaseerde leierskap" genoem. Sy het die moeilike kontekste wat universiteite in die gesig staar – van finansieringsbeperkings tot die ontwrigtende opkoms van kunsmatige intelligensie – erken en gesê Kganyago se ervaring in 'n tyd van nasionale onsekerheid is waardevol.

'n Hartlike en nadenkende gelukwensing deur prof Rudolf Gouws van die Kanselierskring het Kganyago se internasionale statuur en stil vasberadenheid bevestig. Gouws het na hulle eerste ontmoeting meer as drie dekades gelede in die ANC se departement van ekonomiese beplanning verwys: "Ons het 'n lang pad gekom, Lesetja." Hy het die nuwe Kanselier se beleidsduidelikheid en beginselvaste weerstand teen populistiese druk geprys. "Ons is trots daarop om met jou geassosieer te word," het hy gesê. "Jy het standvastig gebly in jou verdediging van die Bank se onafhanklikheid, en die land – en hierdie Universiteit – is daarom beter."

Die geleentheid is op 'n ho? noot afgesluit met die Uitnodigingskoor, onder leiding van prof Johan de Villiers, wat 'n triomfantlike uitvoering van H?ndel se Hallelujakoor uit sy Messias-oratorium gelewer het, gevolg deur nog 'n vreugdevolle paar note van die US Koperblaaskwintet.

Terwyl die seremoni?le musiek vervaag en applous deur die saal weergalm het, was dit duidelik dat Kganyago se inhuldiging 'n deurslaggewende oomblik in die US se voortgesette verhaal van vernuwing en hoop verteenwoordig.

·   Die US se kanselier dien vir 'n termyn van vyf jaar en kan een keer vir 'n opeenvolgende termyn herkies word.

Kyk die seremonie hier ?op die US se YouTube-kanaal. 

FOTO: Peartree