中国体育彩票

图片
Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Caroline Wallington: Kundige aktivis vir ekologiese en sosiale geregtigheid
Outeur: Corporate Communications and Marketing
Gepubliseer: 19/06/2025

?JEUGMAAND

Gedurende hierdie Jeugmaand vier ons studente wat positiewe verandering op die kampus, in hul gemeenskappe en verder bevorder. Deur hul leierskap, deernis en toewyding help hulle om ? beter toekoms vir Suid-Afrika te bou. Hierdie profiele laat die kollig val op die impak en energie van ? nuwe generasie studente aan die Universiteit Stellenbosch (US) wat verandering bewerkstellig.

Vir Caroline Wallington is die verband tussen ekologie en geregtigheid nie teoreties nie. As ? PhD-kandidaat aan die US se Sentrum vir Volhoubaarheidsoorgange (SVO), fokus haar akademiese werk op sosiaal-ekologiese regimeverskuiwings, maar haar belangstellings strek veel verder as navorsing. Van vleilande tot afval, van onderwys tot gemeenskapsopheffing, het Wallington dit haar missie gemaak om haar waardes op openbare én private maniere uit te leef.

“Ek het ten nouste verbonde aan en passievol oor volhoubaarheid en sosiaal-ekologiese stelsels met al die inherente kompleksiteit daarvan geraak," sê sy. Haar werk behels navorsing oor hoe skielike veranderinge in ekosisteme – bekend as regimeverskuiwings – biodiversiteit, ekosisteemdienste en menslike welstand be?nvloed. “Ek stel ook veral belang in vleilande en o?nskynlik klein dingetjies wat ? groot impak op die welstand van mense se bestaan het."

Wallington het grade aan die Universiteite van Kaapstad en die Witwatersrand verwerf en is ? geregistreerde professionele natuurwetenskaplike in ekologiese wetenskap. Voordat sy na die akademie teruggekeer het, was sy by omgewingsimpakassesserings betrokke en het in vleiland-ekologie, biodiversiteitsbestuur en grondrehabilitasie gespesialiseer. Hierdie praktiese ervaring het haar perspektief oor sisteemdenke geslyp, wat sy nou ook in aktivisme toepas.

Voorspraak in aksie

Wallington is tans as ? kenner betrokke by ? Watertribunaal-saak waarin ? voorgestelde watergebruiklisensie deur Keysource Minerals (voorheen CONSOL Glass) in die Philippi-landbougebied betwis word. Sy bied haar kundigheid vrywillig aan en ondersteun die afkeuring van die lisensie deur die Departement van Water en Sanitasie, wat reeds twee keer van die hand gewys is. Die saak sleep al byna twee jaar voort.

“Dit is vermoeiende werk," erken sy. “Dit verg dat ek verskeie bronne nagaan en wetlik bindende verslae skryf wat my kundige mening uiteensit, asook spesialisvergaderings bywoon om gedeelde belange en ooreenstemming te probeer bereik." Die proses is steeds aan die gang en Wallington sal na verwagting by die volgende ronde verhore getuig. Sy hoop haar bydrae tot die Watertribunaal-proses sal help om hierdie komplekse saak op te klaar. Sy wil graag voortbou op die insigte wat sy bekom het en dit gebruik om in die toekoms ander in soortgelyke kontekste te ondersteun.

Sy ondersteun ook gemeenskapsopheffingsinisiatiewe in die Laeveld. Sy en haar goeie vriend Mashau Praising Mabunda, ? Tsonga-voedselaktivis, help om die nie-regeringsorganisasie (NRO) Xigugu Royalty op die been te bring. Dié NRO ontwikkel ? tradisionele produk, Xigugu, ? grondboontjie-botterstylmengsel van geroosterde grondboontjies en mielies. “Hoewel dit op ? eenvoudige produk gegrond is, is die idee om dit tot ? diverse gemeenskapsopheffings-NRO uit te brei. Dit sal gesetel wees in Cork, wat op pad na die Kruger-wildtuin is."

Haar mees persoonlike projek is ondersteuning van die skoolopleiding van Dudu Lubisi, wat sy ken sedert sy 2 jaar oud was. Dudu is die agterkleinniggie van Sesi Maria Sando, wat Wallington en haar drie broers in Mpumalanga help grootmaak het. “Sy was werklik veel meer as net ? huishoudster vir ons almal, maar veral vir my: ek het na haar as my Zoeloe-ma verwys. Ons het ? unieke vriendskap gehad en ek het baie tyd in haar huis in Kabokweni deurgebring."

Wallington het onderneem om seker te maak dat Dudu ? goeie ho?rskoolopleiding ontvang. Ondanks geldelike beperkings het sy verseker dat Dudu haar matriek voltooi, en het selfs hulp van familielede ontvang om dié doel te bereik. Sy mentor nou die jong meisie deur die volgende hoofstuk van haar lewe, veral sedert die baie hartseer en skielike afsterwe van Maria ? paar jaar gelede. Wallington hoop Dudu sal die eerste van vele jongmense wees wat sy sal help om toegang tot onderwys te kry, en sodoende Maria se nalatenskap en haar eie lewenslange geloof in onderwys as ? bemagtigingsinstrument te eerbiedig.

Koersvas

Wallington sê haar passie om ander te help is deels te danke aan haar persoonlikheidstipe as ? “aanpasbare vredemaker", maar ook aan dankbaarheid. “Ek was bevoorreg om baie stabiele kinderjare, ? goeie opvoeding en goeie mentors te hê, al het ek ook die gewone ontberinge ervaar wat met grootword en groot gesinne gepaardgaan."

Haar grootste beloning is om te weet dat sy haar waardes, oortuigings en kern-etiek uitleef, al is dit soms uitdagend. “Ek dink dit spruit ook uit die wete dat dit nie saak maak hoe moeilik dinge vir my is nie, want die mense wat ek probeer help kry baie swaarder. Wanneer ek dit soms oorweeg het om op te hou of op te gee, het ek myself in die toekoms ingedink waar ek na daardie besluit terugkyk, en het in my hart geweet ek sou dit berou en baie teleurgesteld in myself wees."

Hoewel sy soms aangeraai is om haar vrygewigheid af te skaal, staan sy vas. Ondanks voortdurende finansi?le uitdagings bly sy verbind tot haar besluit om ? verskil te maak, en glo sy dat sy in die toekoms nóg meer kan – en sal – doen. Sy put krag uit haar gesin en mentors, veral haar ma en haar wyle “Zoeloe-ma", Maria. “Ek mis haar geweldig, want ek het gehoop om in die toekoms baie meer saam met haar te doen wanneer sy aftree."

Wallington glo selfs die kleinste aksies kan ? betekenisvolle verskil maak. “Dit kan oorweldigend wees wanneer jy jouself oopstel vir die reuse-omvang van die hulp wat oral om ons nodig is, derhalwe is ? sekere mate van veerkragtigheid nodig om daardie emosionele trauma en druk te weerstaan.

“Sommige dae is daardie gevoel uiters oorweldigend, maar dis meestal hanteerbaar. Selfs iets so eenvoudig soos om jou herwinbare materiaal uit te spoel sodat die persoon wat jou vullis oplaai nie met vuil plastiek hoef te sukkel nie, is die moeite werd. Om net te glimlag en die bestaan van bedelaars langs die pad te erken wanneer jy niks het om vir hulle te gee nie, is die moeite werd. Selfs om mense ? saamrygeleentheid te gee al is dit effens uit jou pad, is die moeite werd in ? land met powere openbare vervoer."

FOTO: Stefan Els
GRAFIKA: Geola Bergman