中国体育彩票

图片
Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Ornela Meri: ? Stem vir vlugtelinge en asielsoekers by die US
Outeur: Corporate Communications and Marketing
Gepubliseer: 17/06/2025

?JEUGMAAND

Gedurende hierdie Jeugmaand vier ons studente wat positiewe verandering op die kampus, in hul gemeenskappe en verder bevorder. Deur hul leierskap, deernis en toewyding help hulle om ? beter toekoms vir Suid-Afrika te bou. Hierdie profiele laat die kollig val op die impak en energie van ? nuwe generasie studente aan die Universiteit Stellenbosch (US) wat verandering bewerkstellig.

Ornela Meri weet wat dit beteken om in onbekende omstandigede vir ? toekoms te veg. Sy en haar gesin het in 2009 weens gewapende konflik in die oostelike streek van hul tuisland, die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK), na Suid-Afrika gevlug. Sy was destyds ses jaar oud. Vandag is sy ? voorgraadse student in die Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe aan die US, Voorsitter van die US se Ondersteuningsnetwerk vir Vlugtelinge en Asielsoekers (SU-RASN), asook ? passievolle voorspraakmaker vir studente soos sy wat hard werk om te behoort, sukses te behaal en gehoor te word.

Meri se het pa het eerste na Suid-Afrika gevlug en sy en die res van die gesin het kort daarna gevolg. Hoewel sy dankbaar was om in ? veiliger plek te wees, was die oorgangstydperk uitdagend. “Taal was aanvanklik die grootste uitdaging wat ek in Suid-Afrika ervaar het," vertel sy. Maar teen gr. 3 het sy begin uitblink – en selfs ? sertifikaat vir prestasie in Engels verwerf.

Struikelblokke, geleenthede

“My familie – veral my oumas en tannies – het van jongs af ? liefde vir ons kultuur en taal by ons ingeprent," sê sy. “Toe ons aanvanklik gesukkel het om by ons nuwe lewe in Suid-Afrika aan te pas, het ons krag uit ons sterk Christelike geloof geput." Nou praat sy met trots vyf tale en ploeg terug deur musiek en diens. Sy is ? gospel-sanger en -liedjieskrywer, skryf po?sie en kortverhale en is ? Sondagskoolonderwyser en jeugadviseur in haar kerkgemeenskap.

Met haar aankoms by die US het Meri doelgerig na maniere gesoek om by te dra. “Ek het nog altyd na maniere gesoek om mense van hierdie nasie te motiveer en terug te gee," sê sy. “Ek was deel van etlike leiersposisies wat myns insiens aansienlik tot ? beter universiteit- en studentegemeenskap bydra."

Meri is tans die Voorsitter van SU-RASN, ? netwerk onder leiding van studente wat voorspraak vir vlugteling- en asielsoekerstudente doen. Hierdie netwerk het nie net hulp aan mense soos sy verleen nie, maar hulle ook gehelp “om volle toegang te bekom tot die ondersteuning en bystand wat Suid-Afrika en ons Instelling vir almal beskikbaar gestel het".

Dié netwerk, wat deur SU Internasionaal ondersteun word, bring studente byeen wat voorheen ge?soleerd gevoel het. “Ons het nou vir die heel eerste keer ? gemeenskap by die US wat sulke studente verteenwoordig," sê Meri. “Ons is gemotiveerd om ander studente te bemagtig om ook deur middel van voorspraak, bewustheid en netwerkgeleenthede waagmoediger te raak."

Sy gee krediet aan haar span – Victor Makusha (Vise-voorsitter), Joyce Ndanda, (Sekretaris), en Manella Mutombo Mukangwa (Geleentheidsbeplanner) – vir hul gedeelde toewyding aan die saak. “Die span is so veerkragtig. Soms vergeet hulle dat hulle studente met ander prioriteite is!"

Teruggee aan Suid-Afrika

In Suid-Afrika word vlugtelinge en asielsoekers soms met agterdog beje?n, sê Meri. “Mense is geneig om te dink vlugtelinge neem geleenthede van plaaslike inwoners weg, maar die waarheid is dat ons tot Suid-Afrika wil bydra sodat ons veiligheid vir onsself en Suid-Afrikaners kan skep. Ons wil aan Suid-Afrika teruggee."

Sy is deeglik bewus van die sistemiese hindernisse waarmee vlugteling-studente te kampe het – van beperkte werksgeleenthede op die kampus tot om as ongeskik vir befondsing en beurse geag te word. “Sommige van ons woon al 20 jaar of langer in Suid-Afrika, maar sistemiese probleme laat ons soms soos buitestanders voel."

Meri sê sy neem die voorreg om te kan studeer nie as vanselfsprekend aan nie. “Die US is een van die topuniversiteite in Afrika. Die Universiteit se leuse, 'Saam Vorentoe', is vir my baie betekenisvol. Wanneer ons 'Saam Vorentoe' sê, geld dit vir ons almal. Geen student moet agtergelaat word omdat hulle nie hier gebore is nie. Vlugtelinge en asielsoekers verdien om gehoor te word en welkom te voel. Dit is ons tuiste weg van die huis af.

“Ons wil die wonderlike geleenthede wat ons hier kry, ten goede gebruik – ons wil onsself ontwikkel om tot die samelewing by te dra. Sommige van ons sal teruggaan om leiers in ons gemeenskappe te word. Ons is almal Afrikane, en ons behoort verenig te wees."

? Toekoms gegrond op geloof

Wat sy wil hê ander moet oor mense soos sy weet, is eenvoudig dog kragtig: “Vlugtelinge en asielsoekers word weens die moeilike omstandighede waaruit ons kom, aangespoor om sukses te behaal en veerkragtig te wees. Ons is baie hardwerkend. Ons wil nie net oorleef nie; ons wil gedy."

Meri se geloof is die fondament van haar veerkragtigheid. “Elke keer as ek voel ek wil tou opgooi of as ek met iets belas word, reik ek uit en praat met God wat my krag gee."

Sy hou baie van skryf en hoop om ? joernalis te word om só ? stem aan ander te gee. Sy sien daarna uit om eendag na die DRK terug te keer en skryfwerk as ? instrument te gebruik om lig op die voortdurende stryde in haar tuisstreek te werp. “My mense huil, mense sterf. My hart breek vir hulle," sê sy. “Ek wil graag my stem gebruik om ? verskil te maak – hetsy deur terug te keer of van elders af vir hulle voorspraak te doen."

FOTO: Stefan Els
GRAFIKA: Geola Bergman