中国体育彩票

图片
Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Mediese studente van US stel Suid-Afrika se eerste oorplantings-ondersteuningseenheid by Tygerberg-hospitaal bekend
Outeur: FMHS Marketing & Communications
Gepubliseer: 05/06/2025

? Toegewyde gespesialiseerde ondersteuningseenheid vir orgaanskenkers – bekend as die “Life Pod" – word amptelik op Woensdag 4 Junie 2025 by Tygerberg-hospitaal bekend gestel. Dié baanbrekersfasiliteit, die eerste van sy soort in Afrika, is die vlagskipprestasie van Save7, ? organisasie sonder winsbejag wat deur mediese studente aan die Universiteit Stellenbosch (US) se Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe (FGGW) gestig is en bestuur word.

Die Life Pod sal gespesialiseerde sorg aan gewillige orgaanskenkers bied en toesien dat hul organe lewensvatbaar bly gedurende die kritieke 12 tot 36 uur voor oorplantingsoperasies. Hierdie toegewyde ruimte pak ? ernstige bottelnek in Suid-Afrika se oorplantingstelsel aan: ? tekort aan beddens in waakeenhede wat meebring dat potensi?le skenkers dikwels na lykshuise oorgeplaas moet word voordat hul organe gebruik kan word om lewens te red.

? Stille krisis

Suid-Afrika het een van die laagste orgaanskenkingsyfers ter wêreld: slegs 0,6%, terwyl meer as 4 000 pasi?nte op lewensreddende oorplantings wag. Die tekort is nie te wyte aan ? gebrek aan mediese kundigheid nie – Suid-Afrikaanse chirurge het die wêreld se eerste hartoorplanting uitgevoer – maar eerder infrastruktuurbeperkings wat verhinder dat lewensvatbare organe diegene bereik wat dit nodig het.

“Oorplantings in Suid-Afrika is redelik stagnant," verduidelik prof Elmi Muller, Dekaan van die FGGW en voormalige president van The Transplant Society. “Ons getal skenkers het die afgelope 10 jaar min of meer dieselfde gebly, veral afgestorwe skenkers. Intussen het ons pasi?nte wat oorplantings nodig het, toegeneem en die waglyste het langer geword."

Die Life Pod pak hierdie uitdaging trompop aan deur ? toegewyde ruimte te bied waar breindood-skenkers lewensondersteuning kan ontvang sonder om mee te ding vir skaars waakeenheidbeddens wat deur lewende pasi?nte benodig word. “Ongelukkig is waakeenheidbeddens een van die skaarsste mediese hulpbronne in die land," sê Jonty Wright, ? vyfdejaar- mediese student en stigter van Save7, die studente-organisasie agter die inisiatief. “Dit beteken dikwels dat skenkers agterwe? gelaat word en dat sewe mense wat deur daardie skenker gered sou kon word, iemand anders moet gaan soek. En hulle doen dit dikwels nie."

Van studente-inisiatief tot mediese infrastruktuur

Save7, wat in 2021 deur mediese studente van die FGGW gestig is, het ontwikkel van ? eenvoudige bewusmakingsveldtog tot die dryfkrag agter Suid-Afrika se eerste toegewyde skenkerondersteuningseenheid.

Save7 het met ? storie begin," verduidelik Wright. “Lynette Stuurman, ? winkelier hier by ons Maties-winkel, was ? 30-jarige vrou wat met ? genetiese niersiekte gebore is. Haar suster is twee jaar tevore oorlede terwyl sy gewag het vir ? lewensreddende nieroorplanting wat nooit gerealiseer het nie. Sy was nou in presies dieselfde posisie en het letterlik gewag om te sterf."

Die destydse eerstejaar- mediese studente is deur die storie geraak en het besluit om tot aksie oor te gaan. “Ons het vergader en gesê ons gaan nie wag totdat ons ons mediese grade verwerf om iets hieraan te doen nie," sê Wright. Wat begin het as bewusmakingsveldtogte in lesingsale het ontwikkel in ? omvattende benadering om sistemiese hindernisse in orgaanoorplantings te bowe te kom.

Die studente het vasgestel dat 60 lewensvatbare organe elke week verlore gaan – organe wat pasi?nte kan red. Danksy mentorskap van lede van die Fakulteit, veral prof Elmin Steyn, het hulle besef dat die oplossing nie net bewustheid vereis nie, maar ook infrastruktuur.

Van visie na realiteit

Die insameling van die R400 000 vir die Life Pod het innoverende fondsinsamelingsbenaderings vereis. Vier studente – Henri van der Westhuizen, Gerhard Niewoudt, Alexander van Wyk en Jonty Wright – het aan Ironman 70.3-driekampe deelgeneem as deel van hul “Tri for Life"-veldtog, wat atletiese uithouvermo? met bewusmaking vir orgaanskenking gekombineer het.

Die projek het ondersteuning van kardinale belang van The Health Foundation ontvang, wat die studente se fondsinsamelingspogings ge?wenaar het, en die administrasie van die Tygerberg-hospitaal het die fisiese ruimte en operasionele steun verskaf. Die studente het ook geskenkte toerusting bekom, insluitend gespesialiseerde beddens, monitors, ventilators en noodsaaklike mediese buise.

Sachen Naidu, Sekretaris-generaal van Save7, beskryf die Life Pod as “? toegewyde skenkerondersteuningskamer, wat spesifiek ontwerp is om breindood skenkers te verpleeg en hul organe lewensvatbaar te hou. Dit is toegerus met alles wat te verwagte is – van pasi?ntmonitors tot infusiestelle en ventilators. Ons het alles wat nodig is om ? skenker te ondersteun en te versorg."

Verwagte impak

Konserwatiewe ramings dui daarop dat die Life Pod een tot twee skenkergevalle per maand sal fasiliteer, wat beteken meer as 100 lewens sal moontlik per jaar gered kan word. Elke skenker kan tot sewe organe verskaf, wat die poel van beskikbare oorplantings vir Suid-Afrikaanse pasi?nte drasties sal vergroot.

“Hierdie Life Pod verteenwoordig ? groot vooruitgang in ons stryd om lewens deur orgaanskenking te red," sê prof André van der Merwe, Hoof van Oorplantingschirurgie en Urologie by die Tygerberg-hospitaal. “Dis inspirerend om te sien hoe die volgende generasie mediese beroepslui hierdie lewensbelangrike projek met soveel passie en vasberadenheid lei."

Die pad vorentoe

Die bekendstelling van die Life Pod verteenwoordig slegs die begin van Save7 se ambisies. Die organisasie beplan om die model in ander provinsies te dupliseer en voorlopige gesprekke word reeds in Gauteng gevoer. Hul einddoel is om ? nasionale netwerk van gespesialiseerde skenkerfasiliteite te skep wat Suid-Afrika se oorplantingskapasiteit drasties kan verbeter.

“Ons hoop hierdie projek sal help om skakeling met gesinne aan die einde van lewe te bevorder om hulle raad oor die bestaande moontlikhede te gee om ander te help in wat altyd ? tyd van verlies en rou is. Ons sien daarna uit om te kyk hoe hierdie projek in die bestaande gesondheidsekostelsel ge?ntegreer kan word en die behoefte aan orgaan- en weefselskenking ondersteun," sê dr David Thomson, voorsitter van die Wes-Kaapse Komitee vir Orgaan- en Weefselskenking van die Wes-Kaapse Departement van Gesondheid en Welstand.

SU-FMHS_students
Kernlede van die Save7 span: Naazim Nagdee, Jonty Wright, Sachen Naidu and Suhayl Khalfey. Photo: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe.?
?