?Die Universiteit Stellenbosch (US) sal weer eens, soos in die vorige jare, goed by die Nasionale
Wetenskap- en Tegnologieforum (NWTF)/South32 se toekennings vir 2024/2025? verteenwoordig wees, met nege finaliste wat om hierdie gesogte pryse meeding. Drie finaliste vanuit ander instellings wat aan die Universiteit* verbonde is, is nog 'n pluimpie vir die US. Die jaarlikse NWTF/South 32-toekenningsgeleentheid vind Donderdag, 31 Julie 2025 plaas.
Hierdie toekennings word as Suid-Afrika se “Wetenskap-Oscars" beskou. Dit gee erkenning aan en vier en beloon die uitmuntende bydraes van individue, spanne en organisasies vanuit die wetenskap-, ingenieurswese- en tegnologiegemeenskap in die land.
Die NWTF-toekenningsgala word gelyktydig in Kaapstad en Johannesburg gehou, terwyl 'n regstreekse stroomuitsending ook vir 'n aanlyn gehoor via die NWTF se YouTube-kanaal beskikbaar sal wees. Dr Blade Nzimande, die Minister van Wetenskap, Tegnologie en Innovasie en die beskermheer van die toekennings, sal die voorsitter by die toekenningsgeleentheid wees.
Die mededingers sluit onder meer ervare wetenskaplikes, ingenieurs, innoveerders, wetenskapkommunikeerders, ingenieurskapasiteitsbouers, organisatoriese bestuurders en -leiers, asook data- en navorsingsbestuurders in.
Volgens die organiseerders is dit 'n besondere eer om 'n finalis te wees, gegewe die gehalte van die nominasies wat elke jaar ontvang word, die fel mededinging wat genomineerdes ondervind en die toenemende belangstelling vanuit die wetenskaps-, ingenieurswese- en tegnologiegemeenskap oor die jare.
Die US-finaliste (met hulle departement of omgewing) en die kategorie? waarin hulle sal meeding, is soos volg:
Prof Dave Richardson (Plant- en Dierkunde/Sentrum vir Indringerbiologie) en prof Mark Tomlinson ( Instituut vir Lewensloopgeson dheidsnavorsing, Departement Globale Gesondheid)
- Toekenning vir lewenslange prestasie
Dr Yaseera Ismail en prof Yin-Zhe Ma (Departement Fisika)
- TW Kambule-NWTF-toekenning vir navorsers: Aan 'n persoon wat bygedra het tot navorsing en die uitkomste daarvan – oor 'n tydperk van tot 15 jaar se navorsingswerk vanaf die aanvang van hulle navorsingsloopbaan, hoofsaaklik in Suid-Afrika.
Prof Shahida Moosa (Afdeling Molekulêre Biologie en Mensgenetika)
- TW Kambule-NWTF-toekenning vir ontluikende navorsers: Aan 'n persoon wat bygedra het tot navorsing en die uitkomste daarvan – oor 'n tydperk van tot ses jaar se navorsingswerk vanaf die aanvang van hulle navorsingsloopbaan. Moosa is ook 'n finalis in die NWTF-SAMNR Klinikus-Wetenskaplike-kategorie.
Prof Leigh van den Heuvel (Departement Psigiatrie)
- NWTF-SAMNR Klinikus-Wetenskaplike Toekenning
Wiida Fourie-Basson (Fakulteit Natuurwetenskappe)
Innovasie- en Kommersialiseringseenheid – Innovus, LaunchLab en Universiteit Stellenbosch Ondernemings
- Innovasietoekenning: Korporatiewe Organisasie
Prof Francesco Petruccione (Skool vir Datawetenskap en Rekenaardenke/Nasionale Instituut vir Teoretiese en Rekenaarwetenskappe – NITheCS)
- Spesiale Jaarlikse Tema-Toekenning: Kwantumwetenskap en -tegnologie
Prof Sibusiso Moyo, Viserektor: Navorsing, Innovasie en Nagraadse Studie by die US, het die finaliste met hulle merkwaardige bydraes aan die wetenskap en innovasie gelukgewens. “Hulle toewyding en uitnemendheid verhoog voortdurend die Universiteit se reputasie en impak op die samelewing namate ons voortgaan om ons samelewings- en globale uitdagings aan te pak. Dit dien ook as erkenning vir ons belanghebbers, medewerkers, die regering, wetenskapsrade, gemeenskappe en befondsers vir hulle ondersteuning van die US se navorsing- en innovasie-inisiatiewe."
*Die volgende drie finaliste is aan die US verbonde, maar werk by ander instellings:
- Prof Olaniyi Amos Fuwole (buitengewone professor in die Departement Voedselwetenskap) – TW Kambule: Navorsingstoekenning
- Prof Stephanie Midgley (buitengewone medeprofessor in die Departement Hortologie – NWTF-LNR Toekenning
- Marion Delport (navorsingsgenoot in die Departement Landbou-ekonomie) – Data vir Navorsingstoekenning ?