中国体育彩票

图片
Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Herskryf van behuisingswetgewing kan massa-grondbesettingskrisis help oplos
Outeur: Corporate Communication and Marketing [Alec Basson]
Gepubliseer: 28/05/2025

?Die nasionale Wet op Behuising moet gewysig word om grootskaalse onwettige grondbesetting in Suid-Afrika aan te pak. Só meen dr Tanveer Jeewa van die Departement Publiekreg aan die Universiteit Stellenbosch (US), wat onlangs haar doktorsgraad in publiekreg aan die US verwerf het.

Weens die mislukking van bestaande regswe? in gevalle van grootskaalse onwettige besetting, stel Jeewa ? raamwerk voor wat nie net geregtigheid vir grondeienaars bied nie, maar ook vir onwettige besetters wat voortdurend toegang tot huisvesting geweier is. ? Wysiging aan Artikel 9(3) van die Wet op Behuising vorm deel van dié raamwerk. Jeewa wys daarop dat grootskaalse onwettige besetting, in teenstelling met gewone gevalle van onwettige besetting, meer as een gesinseenheid insluit en tot 100 000 mense in informele woongebiede kan insluit.

 


  • ?Selfoongebruikers klik hier vir video.

Bestaande regsmiddele—hofbevele wat vereis dat die staat onwettige besettings, grondwetlike skadevergoeding en minagting van hofbevele moet oplos—misluk. Waar dit wel werk, is dit net omdat besetters toegelaat word om op die grond te bly terwyl grondeienaars vergoed word.

“Grootskaalse onwettige besetting is nie net ? regskwessie nie, maar ook ? sosio-ekonomiese en politieke uitdaging wat ? strategiese benadering vereis wat verder as konvensionele regswe? strek.

“Die fasilitering van betekenisvolle betrokkenheid deur alle belanghebbendes—private grondeienaars, onwettige besetters en die staat—om ? volhoubare oplossing te ontwikkel, bly ook steeds ? uitdaging," verduidelik Jeewa.

Vergoeding

Volgens haar erken haar voorgestelde regstellende raamwerk historiese ongeregtighede omdat praktiese verligting aan alle partye gebied word, dit vooruitskouend is, op lang termyn geld en vergoeding vir grondeienaars en verblyfsekerheid vir besetters verseker.

“Die voorgestelde raamwerk verplig die staat om in te gryp terwyl grondeienaars se regte beskerm word deur hulle toe te laat om te besluit of hulle vergoeding wil eis."

Jeewa sê statutêre onteiening bied ? lewensvatbare oplossing vir die probleem van grootskaalse onwettige besetting “omdat dit eindelose litigasie uitskakel, terwyl die grootste bekommernisse van grondeienaars én besetters aangepak word deur grondeienaars te vergoed, verblyfreg vir besetters te verseker en die verantwoordelikheid na die staat te verskuif, wat die behuisingskrisis lank verwaarloos het."

Sy verwys na die saak tussen die Meadow Glen-huiseienaarsvereniging en die Tshwane-metropolitaanse munisipaliteit waarin die Hoogste Hof van Appèl uitdruklik beslis het dat grootskaalse onwettige besetting staatsingryping vereis en nie net die afdwing van hofbevele nie.

Jeewa sê haar voorgestelde wysiging aan Artikel 9(3) van die Wet op Behuising sal ? vergoedingsklousule insluit wat verseker dat statutêre onteiening slegs in werking sal tree as die staat nie bereid is om ? koopkontrak met die eienaar van die eiendom te beding nie. In so ? geval sal die uitkoop van die eiendom as die primêre oplossing behou word.

“Dit sal ook aan grondeienaars diskresie bied oor of hulle vergoeding moet eis of nie. Die eiendom sal slegs as onteien beskou word indien die grondeienaar aktief vergoeding eis, waardeur die sneller in die hande van private grondeienaars geplaas en ? balans van belange verseker word.

“Die voorgestelde wysiging omskep onwettige besetting van ? wetstoepassingskwessie in ? grondhervormingsaangeleentheid wat staatsingryping vereis. Dit verleen aansienlike mag aan die uitvoerende gesag deurdat grootskaalse onwettige besetting as ? kwessie van onteiening deur die staat eerder as ? wettige uitsettingsproses benader word. Die staat sal verplig wees om ? grondeienaar te vergoed wat kan bewys dat grootskaalse onwettige besetting plaasgevind het, wat tot ? outomatiese oordrag van eienaarskap aan die staat sal lei."

Beperk

Jeewa voeg by dat onwettige besetters waarskynlik verblyfsekerheid sal ontvang, aangesien uitsettingsdreigemente gewoonlik verdwyn sodra die staat die grond besit en die behuisingskrisis erken.

“Dit is egter belangrik om daarop te wys dat die staat geneig is om lank bestaande informele woongebiede bo nuwes te prioritiseer, wat beteken dat nuwe besetters langer kan wag vir grondbelange om amptelik erken en dienste gelewer te word.

“Die verbetering van informele woongebiede deur dit op te knap eerder as deur besetters uit te sit, strook met die grondwetlike opdrag om voldoende behuising te verskaf en gedwonge verskuiwings te voorkom wat verdere sosio-ekonomiese verplasing kan meebring."

Jeewa wys daarop dat die nuwe Onteieningswet statutêre onteiening verbied en bes moontlik sulke benaderings vir die staat om grond in die openbare belang te onteien, beperk. Die wysiging van die Wet op Behuising om sodanige onteiening te vergemaklik, kan ook prosedurele kommer vir grondeienaars meebring, sê sy.

“Sodra vergoeding deur statutêre onteiening en die Grondwet toegestaan is, sal grondeienaars se prosedurele regte beperk word tot die betwisting van die toereikendheid van vergoeding eerder as die onteiening self. Hierdie verskuiwing sal we? vir regsweerstand verminder en groter klem op die geregtelike interpretasie van sleutelterme plaas—veral van die definisie van 'grootskaalse onwettige besetting'.

“Howe kan ? streng eiendomsreg-gebaseerde benadering volg, wat ? ho? perk sal stel vir ? besetting om as 'grootskaals' bestempel te word en wat groter prosedurele beskermingsmaatre?ls vir grondeienaars vereis. Alternatiewelik kan ? meer transformerende benadering die definisie uitbrei, wat grondeienaars in staat stel om vergoeding te eis terwyl groter klem op die versekering van verblyfreg vir besetters geplaas word."

Jeewa sê ofskoon haar studie potensieel ? pad vorentoe bied om grootskaalse onwettige besetting en die lank verwaarloosde behuisingskrisis aan te pak, besef sy dat enige voorstel om Artikel 9(3) van die Wet op Behuising te wysig met aansienlike politieke en regsweerstand begroet sal word.