Die Jong Entrepreneurskapsprogram (YEP) by die Universiteit Stellenbosch help ho?rskoolleerders uit agtergeblewe gemeenskappe in en om Stellenbosch om vaardighede en selfvertroue te ontwikkel om hul idees in lewensvatbare sakeondernemings te omskep. Terselfdertyd gee dié program gestalte aan die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe se eeufeestema van "transformasie van die ekonomie en samelewing."
YEP se primêre doel is om ho?rskoolleerders te bemagtig deur hulle entrepreneursvaardighede te leer wat tot ekonomiese onafhanklikheid kan lei. Dit doen egter veel meer as om vaardighede oor te dra; deelnemers ontvang waardevolle blootstelling aan die universiteitslewe en netwerkgeleenthede wat hul horison verbreed. Die programfokus – om selfstandigheid te kweek – stem ooreen met die Fakulteit se visie om ?n bydrae te maak tot ?n blink ekonomiese en sosiale toekoms.
Aanvanklike samewerking en voortgesette groei
YEP het in 2018 as 'n samewerkingspoging tussen die US en die HU Universiteit van Toegepaste Wetenskappe Utrecht in Nederland begin. Met mnr Adolph Neethling, dosent by die Departement Ondernemingsbestuur, aan die spits, het die program momentum gekry en vandag inspireer dit steeds jongmense. Tussen 40 en 60 Graad 10- en 11-leerders neem elke jaar aan die program deel. Die hoogtepunt daarvan is ?n week lange werksessie wat in die Junie-/Julie-skoolvakansie gehou word.
By hierdie werksessie werk die leerders in spanne saam om idees en sakeplanne vir beginnersondernemings te ontwikkel. US-studente tree as mentors op en verskaf leiding aan die spanne terwyl hulle dinkskrums hou en hul idees verfyn. Teen die einde van die week het die leerders ?n gedetailleerde sakeplan voltooi en ?n aanbieding daaroor gedoen vir ?n paneel beoordelaars. Die belowendste idees ontvang aanvangskapitaal om dit van stapel te stuur, tesame met deurlopende mentorskap om voortgesette groei te verseker.
Innoverende idees met werklike impak
Die kreatiwiteit en innovering wat die leerders aan die dag lê, getuig van die program se sukses om entrepreneuriese denke te stimuleer. Volgens Neethling kan baie van die idees direk met die behoeftes in leerders se gemeenskappe verbind word. Vorige projekte was op plaaslike uitdagings gemik, soos om stukkende skoolbanke reg te maak, die skep van gebreide items wat teen bekostigbare pryse verkoop word, en planne vir groentetuine om volhoubaarheid en voedselsekuriteit te bevorder.
Ander wennersprojekte sluit ?n ontbytdiens vir ouers in wat op pad is werk toe, ekovriendelike sonaangedrewe ligte wat van herwinde glasbottels gemaak word om beurtkrag teen te werk, en ?n unieke inisiatief om armbande van herwinde plastiek te maak om verlore kinders te help opspoor. Hierdie projekte weerspie?l ?n diepgewortelde sosiale verantwoordelikheidsin en ?n drang om praktiese probleme op te los. Dit is besonder belangrik, aangesien die missie van die program is om nie net entrepreneurskap te onderrig nie, maar ook ?n positiewe sosiale impak te maak.
Katalisator vir sosiale verandering en ekonomiese transformasie
Om ?n program soos YEP te bestuur, is nie maklik nie. Die insameling van eksterne fondse is ?n voortdurende uitdaging vir die projekleiers, want aansienlike fondse word benodig vir noodsaaklikhede soos kos en vervoer vir die leerders. Ondanks hierdie uitdagings het die program ?n diepgaande impak op beide die leerders en mentors.
Sabrina Matthee, ?n dosent by die Departement Ondernemingsbestuur, het in 2022 by YEP aangesluit en is nou die projekleier. Sedert 2022/2023 bied die Departement die program sonder Nederlandse deelname aan. “Die program se eintlike waarde lê daarin om jongmense te wys dat hulle werkgewers kan wees wat werk skep in plaas van net werksoekers,” sê Matthee.
Vir baie leerders is die idee van entrepreneurskap revolusionêr. Hulle kom uit gemeenskappe met ho? werkloosheidsyfers en sien nie die punt van verdere studie nie; tog bied YEP hulle ?n tasbare alternatief. “Die idee dat daar ?n ander manier is waarop hulle geleenthede vir hulself kan skep, is vir hulle ?n openbaring,” verduidelik Matthee.
Van die leerders is aanvanklik skaam, maar namate die program vorder, word hulle meer selfversekerd wanneer hulle hul potensiaal as besigheidseienaars ontdek. Vir baie is dit die eerste keer dat hulle die universiteitskampus besoek en met studente in gesprek tree. Onderwysers rapporteer dikwels dat hul leerders wat aan die program deelneem, meer gemotiveerd, doelgerig en ambisieus is.
?n Lewensveranderende ondervinding vir beide leerders en mentors
YEP maak nie net ?n langdurige impak op leerders deur veerkragtigheid en vasberadenheid by hulle in te prent nie, maar het ook ?n impak op die studentementors. Voor die werksessie begin, word die studente op ?n township-toer geneem en ontmoet kleinsake-eienaars wat floreer ondanks moeilike omstandighede. Hierdie blootstelling aan werklike uitdagings verander studente se perspektief en versterk die program se rol om ?n beter begrip van sosiale entrepreneurskap te kweek.
Met hierdie inisiatief dra die Departement Ondernemingsbestuur by tot die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe se missie om die ekonomie en samelewing te transformeer. YEP is veel meer as net ?n besigheidsprogram; dit is ?n katalisator vir sosiale verandering wat jongmense help om hul potensiaal te ontsluit en ?n blinker, meer volhoubare toekoms vir hulself en hul gemeenskappe te skep.
- In 2024 het Sabrina Matthee en Adolph Neethling ?n Sosiale Impak-toekenning in die kategorie vir spanne van die Universiteit Stellenbosch ontvang.
- Die Jong Entrepreneurskapsprogram word vanjaar van 14 tot 18 Julie 2025 by die Universiteit Stellenbosch gehou.