?Toe dr Mari?tte Botha haar eerste graad aan die US ontvang het, het haar pa, Tiny, gesê: "Eendag gaan jy een van daardie rooi doktorale togas dra." Sy woorde was profeties omdat Mari?tte se droom vandeesweek verwesenlik is toe sy haar PhD in Spraak-, Taal- en Gehoorterapie ontvang het. Dit was 'n hoogs emosionele dag toe die gesin almal bymekaargekom het vir haar gradeplegtigheid by die Coetzenburg-sentrum.
Geklee in haar rooi toga, het sy stralend langs die persoon gestaan wat letterlik haar lewe gered het – haar jonger broer, Martin Mans, wat in 2021 sy een nier aan haar geskenk het.
Mari?tte het jare lank met die lewe voortgegaan sonder om te weet dat haar niere stadig besig was om haar in die steek te laat. Sy het altyd haar lae energievlakke aan die druk van die grootmenslewe, moederskap en akademiese eise toegeskryf. Maar 11 jaar gelede het 'n roetine-swangerskapstoets abnormale nierfunksie aan die lig gebring. Sy is met stadium 4-nierversaking gediagnoseer – die stadium net voor eindstadium-niersiekte.
"Ek was 32 toe die nierprobleem gediagnoseer is," onthou sy. "Ek het 'n baie goeie swangerskap gehad, maar net nadat my seun gebore is, moes ek vir 'n biopsie gaan. Die diagnose was 'n skok, en daar was geen duidelike oorsaak nie. Daardie onsekerheid was moeilik om mee saam te leef – nie net vir my nie, maar ook vir my seun se toekoms."
Sy het die skoknuus ontvang net vyf jaar nadat sy haar meestersgraad in spraak-, taal- en gehoorterapie aan die US voltooi het. Sy was vasbeslote om nie toe te laat dat die diagnose haar akademiese ambisies ontspoor nie, en het sy haar studies voortgesit terwyl sy haar gesondheid bestuur het. Sy het vir 'n gevorderde diploma in gehoorapparaat-akoestiek ingeskryf, en teen 2019 het vir haar PhD sy begin voorberei.
Maar halfpad deur haar navorsing het sy die oproep ontvang. "My nefroloog het gesê: 'Jou nierfunksie staan op 10%. Jy het nou 'n oorplanting nodig.' Ek was verpletter. En dit was boonop in die middel van die 中国体育彩票-pandemie."
Met hospitale wat onder groot druk was weens die eerste golf Covid-infeksies, is Mari?tte en haar gesin – wat toe in Gqeberha gewoon het – meegedeel dat ho?risiko-operasies soos hare slegs kon voortgaan as die pasi?nt in dieselfde stad as die oorplantingshospitaal woon. Die gesin het dus hulle lewens ontwortel en tydelik verhuis na Kaapstad.
Dié skuif het dit vir haar moontlik gemaak om 'n operasie by die Christiaan Barnard-gedenkhospitaal te ondergaan onder die sorg van die bekende oorplantingchirurg prof Elmin Steyn, hoof van chirurgie by die US se Tygerberg-kampus. Maar die operasie sou nie moontlik gewees het sonder een buitengewone geskenk nie – haar broer, Martin, ook 'n US-alumnus, was 'n perfekte skenkerpasmaat.
"Ek raak nog steeds emosioneel as ek daaroor praat," sê Mari?tte tussen trane deur. "Hy het sonder enige huiwering net eenvoudig aangebied. Dit is iets wat ek nooit kan terugbetaal nie."
Die broer en suster is op 6 April 2021 in die hospitaal opgeneem vir die oorplantingsoperasie. Hulle het die aand voor die operasie saam in 'n hospitaalkamer deurgebring, 'n oomblik wat sy as "ongelooflik emosioneel" beskryf.
"Ek was vinnig by hom nadat die nier verwyder is. Dit was so traumaties om hom so kwesbaar te sien. En toe moes ek volgende ingaan." Die oorplanting self was suksesvol, maar komplikasies het ingetree nadat haar long per ongeluk gedurende 'n riskante narkoseprosedure platgeval het.
"Ek kon nie asemhaal nie. Hulle moes 'n borsdreineringspyp sonder algemene narkose insit. Dit was uiters pynlik. Ek was vir meer as 'n week in die waakeenheid. En weens Covid-protokolle kon ek daarna nie eers my broer sien nie. Ons was besig om in dieselfde hospitaal te herstel, maar was apart."
Die hele tyd het hulle pa en ma, Hermien, angstig op 'n afstand gewag. "Ons is hulle enigste twee kinders. Hulle moes van ons albei buite die saal afskeid neem en is nie weer by ons toegelaat nie. Ek kan my nie indink hoe erg dit vir hulle was nie."
Martin se vrou, Michelle, was ten tye van die oorplantingsoperasie swanger, maar het gekies om hom eers ná die operasie te vertel – uit vrees dat die nuus sy stres sou vererger. "Hierdie oorplanting het die hele gesin geraak," onthou Mari?tte. "Dit gaan nie net oor die skenker en die ontvanger nie. Die rimpel-effek is groot."
Ondanks die ongemak en emosionele tol, het Mari?tte standvastig gebly in haar akademiese fokus. "Ek was vasbeslote om nie 'n blaaskans te neem nie. Ek het twee maande ná die operasie weer begin loop en werk. My werk het vir my 'n doel gegee en my ondersteuningstelsel – my ongelooflike studieleier, dr Berna Gerber, my gesin en veral Martin – het my krag gegee. Ek kon my PhD binne die voorgeskrewe tydsraamwerk voltooi.
"Ek sal my mediese span, my geliefdes en bowenal Martin ewig dankbaar bly. Hy het my meer as net 'n nier gegee; sy skenking het my die geleentheid gegee om klaar te maak met dít wat ek begin het. En daarom sal ek nooit ophou om daarna te streef om 'n verskil te maak nie en ek hoop om ander te inspireer wat groot struikelblokke moet oorkom terwyl hulle studeer."
Mari?tte se doktorale navorsing het op die ondervindings van spraak-taalterapeute en versorgers in oorkruislinguistiese en oorkruiskulturele kontekste gefokus. Dit is 'n onderwerp wat haar na aan die hart lê.
"Ons het 12 amptelike tale in Suid-Afrika. Die meeste spraakterapeute is steeds Afrikaans- of Engelssprekend, en daar is 'n behoefte aan meer kultureel- en taalkundig-responsiewe praktyke. My studie het praktiese riglyne gelewer wat ek hoop terapeute sal help om hulle kli?nte meer doeltreffend te bedien."
Vandag floreer sy. "Ek voel soos 'n nuwe mens. Ek het energie, ek oefen vyf dae per week. Ek is nou 'n landloper. Ek het van nul na 100 gegaan!"
In 'n roerende gebaar het sy haar proefskrif aan Martin opgedra. "Dit sou nie sonder hom moontlik gewees het nie. Ek wil hom, en alle orgaanskenkers, vereer vir die ongelooflike geskenk van lewe."
Mari?tte is passievol daaroor om groter bewustheid oor orgaanskenking te skep. "Mense moet weet watter verskil dit kan maak. Ek was gelukkig – ek het 'n skenker in my familie gehad. Nie almal het dit nie."
- Om meer uit te vind oor hoe om 'n orgaanskenker in Suid-Afrika te word, besoek die webtuiste van die Orgaanskenkerstigting van Suid-Afrika by www.odf.org.za, of skakel 0800 22 66 11.
Foto: Dr Mari?tte Botha en haar broer Martin Mans.
Foto deur Stefan Els?