中国体育彩票

图片
Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Tweeling kan nou met ses US-grade tussen hulle spog
Outeur: Corporate Communications and Marketing (Hannelie Booyens)
Gepubliseer: 24/03/2025

Indien die Van der Merwe-tweeling mededingend was, sou dit dalk saak gemaak het dat Dan haar meestersgraad drie maande voor Jess aan die Universiteit Stellenbosch (US) ontvang het. Maar die enigste keer wanneer jy die formidabele susters in 'n hewige struweling sal aantref, is wanneer hulle mekaar die stryd aansê in bordspeletjies soos Monopoly. Die res van die tyd is hulle mekaar se grootste ondersteuners.

Dan het in Desember haar MSc in Veekunde behaal en Jess het vandeesweek haar meestersgraad in Algemene Taalwetenskap ontvang.

Jess het aan die einde van verlede jaar op die voorgrond getree toe haar roerende boek oor die lewe met ernstige fisieke uitdagings verskyn het. Haar outobiografie, Broken and Beautiful, is 'n aangrypende en gevatte verkenning van haar stryd met serebrale gestremdheid en hoe sy geleer het om beheer oor haar lewe te neem, vir haarself op te staan en krag daarin te vind om hulp van ander te aanvaar. In die boek skryf Jess oor haar spesiale verhouding met haar tweelingsuster en merk sy op dat Dan haar nog altyd ondersteun en ge?nspireer het om uitdagings aan te pak.

Om een van 'n tweeling te wees, maak die las van gestremdheid ligter, skryf Jess in haar boek. Kleintyd het Dan dikwels vir haar opgestaan, haar skooltas gedra wanneer sy op krukke was, en ander gehelp om te verstaan waarom sy anders of stadiger was. Toe die tweeling in Rhenish Ho?r Meisieskool op Stellenbosch was, het hulle albei akademies uitgeblink. Daar het Dan saam met Jess geoefen by hokkieoefeninge wanneer niemand anders wou nie en sy het haar ge-abba toe sy haar enkel verstuit of ligamente geskeur het.

Terwyl sy aan haar meestersgraad gewerk het, moes Jess baie struikelblokke oorkom. Sy het  verlede jaar ernstig siek geword en baie weke in die hospitaal deurgebring nadat sy 'n antibiotikum-weerstandige superkiem opgedoen het. Op 'n vraag hoe sy dit reggekry het om haar tesis te voltooi terwyl sy so siek was, sê Jess haar persoonlikheid laat haar nie toe om tou op te gooi wanneer sy eers met iets begin het nie. "My ma sê ek was nog altyd vurig. Om aan my meestersgraad te werk was 'n welkome afleiding van al die mediese goed en hospitaalbesoeke, want dit het my iets anders gegee om op te fokus."

Jess is baie dankbaar vir Dan, gesinslede en vriende (veral haar beste vriendin, Hannah Chemaly) en haar studieleier, prof Frenette Southwood, asook prof Heather Brookes vir hulle waardevolle ondersteuning om deur haar meestersgraad te kom.

Hoewel die tweeling nie juis studiewenke uitgeruil het gedurende hulle nagraadse marathon  nie, sê Jess hulle is albei die 'spring aan die werk en kry dit gedoen'-soort. “Dit was regtig lekker om met iemand te kon gesels wat presies dieselfde ding deurmaak. Ons het albei gevoel ons is nie alleen nie en dat ons tweeling werklik die 'pyn' verstaan waardeur ons gaan."

Dan beskryf haarself as 'n introvert wat lief is vir pret. Sy sê Jess is ook vir haar 'n inspirasie. "Ek is 'n baie roetinegebonde, konsekwentheidsgebaseerde persoon en Jess laat my dikwels buite my gemaksone beweeg om nuwe dinge te doen, soos om Bali en Thailand te besoek."

Haar groot sterkpunt is die vermo? om kalm en logies te bly wanneer dit by chaos kom, sê Dan. "Ek is soos een van daardie bomvaste polisieperde. Wanneer molshope soos berge lyk, het ek die vermo? om hulle terug te bring na hulle oorspronklike grootte. Ek sou ook sê ek kan selfs in die moeilike tye my humoristiese kant uitbring en hopelik 'n bietjie vreugde in die vertrek inbring."

Hoewel hulle nie op mekaar trek nie, besef mense dikwels nie hoe eenders sy en Jess werklik is nie, merk Dan op. "Op skool het ons dieselfde vakke geneem tot graad 10, maar selfs toe het ons nie regtig met mekaar meegeding nie. Ons is grootgemaak met die idee dat ons erkenning moet gee aan die moeite wat ons doen en nie net die uitslae nie. Ons ma het altyd gesê: 'Jy kan net jou bes doen' en ek voel dit het ons aangemoedig om vir onsself te presteer."

Jess se voorspraak vir mense met gestremdhede kom natuurlik vir haar, sê Dan. "Jess is al vandat sy geleer praat het uitgesproke. Dit is 'n voorreg om saam met haar hierdie pad te stap. Om haar in dié rol te sien, voel net so natuurlik as om saam met haar groot te geword het."

Dit is duidelik dat die twee jong vroue hulle deursettingsvermo?, vasberadenheid en akademiese talent van hulle ma, dr Alison Bennie, ge?rf het. Sy het haar PhD in Plant- en Dierkunde in 2002 aan die US voltooi toe Dan en Jess twee jaar oud was en hulle broer vyf. Alison het by die US gewerk voordat sy 'n onderwyseres by Rhenish geword het.

Die tweeling se onderskeie onderwerpe vir hulle meestersgraad verskil hemelsbreed. Jess het ondersoek ingestel na hoe kinders met outisme, ontwikkelingstaalversteuring en tipies ontwikkelende kinders ellips verwerf – die weglating van woorde wat uit die konteks verstaan word. Sy wou 'n bydrae lewer tot 'n beter begrip van eerstetaalontwikkeling by kinders met spraak- en taalversteurings.

Dan se navorsing vir haar meestersgraad in Veekunde het op die vind van alternatiewe vir antibiotika in braaikuikenvoeding gefokus. Haar navorsing oor die gebruik van 'n organiese suur as 'n potensi?le plaasvervanger het belowende resultate opgelewer wat daarop dui dat dit 'n lewensvatbare opsie kan wees. Haar werk dra by tot pogings wat daarop gemik is om antibiotikumweerstandigheid en residu te verminder, wat uiteindelik tot voordeel van lewende hawe én verbruikers kan wees.

Ná al die harde akademiese werk is die tweeling dit eens dat dit 'n wonderlike gevoel is om te gradueer. "Dit is ietwat van 'n verligting as jy uiteindelik daardie sertifikaat in jou hand vashou, amper surrealisties noudat die reis voltooi is," sê Dan.

Hoewel Jess volhou dat sy nie van groot feesvieringe hou nie, is 'n meestersgraad 'n goeie rede om moeite te doen. "Ek sal heel waarskynlik saam met my gesin uitgaan vir 'n feestelike middagete of aandete," glimlag sy.

Van links na regs: Jess van der Merwe, Dr Alison Bennie en Dan van der Merwe. 

FOTO: Stefan Els