Universiteit Stellenbosch: News_ÖйúÌåÓý²ÊƱ /afrikaans/Lists/news/AllItems.aspx RSS feed for the News list. Wed, 07 May 2025 12:40:47 GMT Microsoft SharePoint Foundation RSS Generator 60 en-US Universiteit Stellenbosch: News_ÖйúÌåÓý²ÊƱ /afrikaans/_layouts/15/images/siteIcon.png /afrikaans/Lists/news/AllItems.aspx ¡¯n Dag in die lewe¡­ Geraldine Minnaar_ÖйúÌåÓý²ÊƱ /afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=11188 Page Content:

Met ons jaarlikse reeks #dagindielewe, wat in Mei ter viering van Werkersdag verskyn, vestig ons spesiaal die aandag op ons personeellede by die Universiteit Stellenbosch (US). Vanjaar stel ons jou bekend aan professionele administratiewe steundienstepersoneel wat 'n tasbare verskil in studente se lewens maak.

Geraldine Minnaar staan aan die hoof van die span by Koshuisdienste en sorg dat duisende studente veilige, skoon en verwelkomende leefruimtes geniet. Lees hier onder oor haar toegewyde werk om alles by ons koshuise vlot te laat verloop.

 
Wat behels jou werk by die US?
Ek is die hoof van SUNKOM se Koshuisdienste-afdeling, wat sorg dat ¨¢l ons Universiteit se koshuise doeltreffend funksioneer. Ons bied tans verblyf aan 8 100 studente, en ons doel is om seker te maak dat hulle so gemaklik moontlik in ons ruimtes is, want dit is immers hulle tweede tuiste. Ons hubs maak boonop voorsiening vir ons pendelstudente en is ten volle toegerus met studie-, ontspannings- en buite-areas.
My ongelooflike span is oor die Stellenbosch- en Tygerbergkampus versprei en bestaan uit vyf klusterkoshuisdiensteko?rdineerders, 17 koshuisko?rdineerders, vier koshuisassistente en 'n administrateur ¨C almal mense op wie ek kan staatmaak om die Koshuisdienste-skip voorspoedig te laat vaar. 
Ons sorg dat ho? netheidstandaarde in ons koshuise gehandhaaf word, dat gebou-instandhouding betyds gedoen word, en dat ons studente se leefruimtes veilig is en topklas bly. Ek hou ook toesig oor tenderprosesse, hanteer ouers se navrae en hou deurlopend die fasiliteite van ander universiteite en die algemene mark dop om te sorg dat ons mededingend bly.

Hoe lyk 'n tipiese dag by die werk?
Dis superbesig! Ons werk saam met verskeie interne en eksterne belanghebbendes sowel as diensverskaffers, so dinge kan in 'n oogwink verander. Enigiets kan opduik wat dadelik hanteer moet word, so kritiese denke, prioritisering, veerkragtigheid, oplettendheid en proaktiwiteit is alles noodsaaklik. Ondanks die daaglikse druk program, moet ek bieg daar gaan nie 'n dag verby sonder 'n bietjie humor tussen my take deur nie. Ek het altyd tyd vir 'n grappie of twee, hetsy gedurende foonoproepe, in vergaderings, of wanneer ek besoekers ontvang of met kollegas skakel.

Hoe het jou opleiding of vorige ervarings jou vir di¨¦ werk voorberei?
Ek het met 'n ompad in my huidige rol beland. Ek het aanvanklik ingeskryf om maatskaplike werk te studeer, maar het later my vakgebied verander en uiteindelik 'n Nasionale Diploma in Gasvryheid en Spysenieringsdienste verwerf. Verskillende poste in die bedryf het gevolg, waaronder assistentspysenieringsbestuurder vir 'n eksterne maatskappy by die US se Simonsberg-koshuis en spysenierings-/projekbestuurder.
Ek het my in 2012 amptelik as 'n koshuisdiensteko?rdineerder by die Universiteit se Koshuisdienste-span op die Tygerbergkampus aangesluit. 'n Jaar later is ek oorgeplaas na die Stellenbosch-kampus waar ek die koshuisdiensteko?rdineerder vir Metanoia-koshuis was. Daardie pos het my persoonlike insig in koshuisstudente se praktiese behoeftes gebied.
Ek het my huidige pos in 2020 aanvaar. Om gedurende die pandemie in 'n nuwe pos te begin en terselfdertyd deeltyds te studeer (BCom Ondernemingsbestuur) was 'n uitdaging. Ek het destyds my BCom tydelik gestaak, maar het sedertdien my studie hervat. Ek is dankbaar vir die pad wat my tot hier gebring het. Ek het boonop 'n liefde vir studenteskakeling ontwikkel, wat my ook baie vreugde gee.

 

Wat geniet jy die meeste van jou rol en werk by die US?
Ek geniet die interaksie met verskillende rolspelers wat saam na een, gemeenskaplike doel streef ¨C om ons studente gelukkig te maak en te hou.
Koshuisdienste het byvoorbeeld onlangs met Factory 209 saamgewerk om 'n kommunikasieplatform met verskillende funksies vir koshuisstudente te ontwikkel. Hulle kan onder meer instandhoudingskwessies daarop aanmeld. Ons beproef die platform sedert die Januarie-inname by twee koshuise, en ek is opgewonde om te sien hoe dit groei en ontwikkel.
Koshuisdienste is nie net 'n afdeling nie, maar 'n klein familie wat oor die jare saam gegroei het. Ek geniet dit om die span na uitnemendheid te lei en hulle in staat te stel om hulle werk na hulle beste vermo? te doen.
Daarbenewens is ek deel van die groter SUNKOM-omgewing waar ek deelneem aan besluitneming en waar my bydrae op prys gestel word, wat 'n kernrol speel om my gemotiveerd te hou.
Ek geniet ook die daaglikse interaksie met kollegas en studente.

Vertel ons iets opwindend oor jouself wat min mense sou verwag.
Ek is fanaties oor plante! My gunsteling is vetplante. As enigeen tuis op soek is na my, sal hulle my waarskynlik in die tuin kry, dolgelukkig met my vingers in die grond.
Tuinmaak is vir my terapeuties, maar ook bevredigend, want jy kan die resultate van jou werk sien. My papajaboom dra op die oomblik die mooiste vrugte wat net wag om ryp te word. My grootste beloning is om te sien hoe die klein saadjie wat ek versorg het 'n plant word wat my met geskenke oorlaai. N¨®g 'n stokperdjie is klipkuns. Ek verf klippe in my tuin ¨C dit laat my ontspan, en gee terselfdertyd 'n bietjie karakter aan die ruimte.

PHOTO & VIDEO: Stefan Els


Page Image:
Author: Corporate Communications and Marketing
Media Release: No
Visibly Featured: SU Main Carousel
Published Date: 5/7/2025
Visibly Featured Approved: SU Main Carousel;
Enterprise Keywords: a day in the life
GUID Original Article: 69908878-007B-43DB-A2C1-5B0D904D303D
Is Highlight: No
Staff Only: No
Opsomming: Ontmoet Geraldine Minnaar - sy sorg dat al SU se koshuise doeltreffend funksioneer.
Summary: Meet Geraldine Minnaar who ensures the efficient functioning of all SU¡¯s residences.
The article is now complete, begin the approval process: No
Article Workflow Status: Article incomplete
]]>
System Account Wed, 07 May 2025 06:49:55 GMT /afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=11188
Ho? verwagtinge dat dapper projek SA se stryd teen kinder-gestremdheid kan hervorm_ÖйúÌåÓý²ÊƱ /afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=11189 Page Content:

?*Hierdie is ¡¯n samevatting van ¡¯n artikel deur Desmond Thomas, gepubliseer op News24. Kli??k hier om die volledige artikel te lees.

¡¯n Baanbrekende loodsprojek wat in die Wes-Kaap van stapel gestuur is, het ten doel om Suid-Afrika se stryd teen kinder-gestremdheid te hervorm. Meer as 25% van kinders onder die ouderdom van vyf in die land word geraak. Kinder-gestremdheid is ¡¯n toestand waar ¡¯n kind nie hul verwagte len??gte vir hul ouderdom bereik nie weens chroniese ondervoeding, wat dikwels voortspruit uit swak moederlike gesondheid, onvoldoende baba-voeding, gereelde infeksies en inkonsekwente sorg gedurende die eerste 1 000 dae van lewe.

Die inisiatief, wat op W¨ºreldgesondheidsdag aangekondig is, sal 1 700 ondergewig swanger vroue en nuwe moeders in Worcester, Khayelitsha en Mitchells Plain ondersteun deur middel van ¡¯n ¡°kontant + sorg¡±-model. Hierdie model kombineer maandelikse voedselbewyse met omvattende gesondheids- en psigososiale ondersteuning.

Die projek val op weens sy samewerkende benadering, insluitend mede-ontwerp deur lede van die Universiteit Stellenbosch se ¡°Breek Vry, Groei Hoog, Reik Ver¡±-Public Square-span. Dit is ¡¯n kernonderdeel van US se bre?r Public Squares-inisiatief wat sosiaal-betrokke, transdissiplin¨ºre navorsing bevorder. Die vennootskap is ¡¯n voorbeeld van die innoverende ¡°viervoudige spiraal¡±-model wat regering, burgerlike samelewing, akademie en gemeenskappe verenig om die oorsake van gestremdheid aan te pak.

Die loodsprojek, wat tot 2026 duur, poog om die sistemiese oorsake van wanvoeding en lae geboortegewig aan te spreek. Dit posisioneer homself as ¡¯n skaalbare model wat nasionale beleid kan be?nvloed en Suid-Afrika kan help om w¨ºrelddoelwitte te bereik om gestremdheid teen 2030 te halveer.?

Page Image:
Author: Desmond Thomas in News24
Media Release: No
Visibly Featured: SU Main; Research £¦ Innovation
Published Date: 5/7/2025
Enterprise Keywords: World Health Day; childhood stunting; cash+care
GUID Original Article: C5762B41-DDA5-4FD4-A967-99867B959F99
Is Highlight: No
Staff Only: No
Opsomming: ¡¯n Loodsprojek in die Wes-Kaap mik daarop om kinder-gestremdheid in SA te verminder, wat meer as 25% van kinders onder vyf raak. Dit ondersteun 1 700 ondergewig swanger vroue en nuwe ma¡¯s in Worcester en Khayelitsha met voedselbewyse en gesondheidsorg.
Summary: A pilot project in the Western Cape aims to reduce childhood stunting in SA, which affects over 25% of kids under five. It supports 1,700 underweight pregnant women and new mothers in Worcester and Khayelitsha with food vouchers and essential health care.
The article is now complete, begin the approval process: No
Article Workflow Status: Article incomplete
]]>
System Account Wed, 07 May 2025 08:50:07 GMT /afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=11189
PhD geaffilieerde studente bestudeer the aard van veeltaligheid_ÖйúÌåÓý²ÊƱ /afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=11186 Page Content:

?Sander Hoeven, 'n PhD-geaffilieerde student aan Universiteit Stellenbosch van die Universiteit van Antwerpen het Fakulteit Opvoedkunde in Maart besoek. Hy bestudeer die aard van veeltaligheid en spesifiek die maniere waarop onderwysers leerders se veeltalige agtergronde as 'n bate, eerder as 'n struikelblok, vir leer kan gebruik. In die literatuur word hierna verwys as pedagogiese transtaal.

"Ek het gekies om hierdie studie te doen, want in ons geglobaliseerde w¨ºreld begin meertaligheid algemeen eerder as die uitsondering word. Dit is die geval hier in SA, maar ook baie in Antwerpen, Belgi?, waar ek woon en werk," het Hoeven ges¨º. Hy het opgemerk dat daardie leerders met meertalige vaardighede dikwels in eentalige inhoudsopvoeding benadeel word, en vind dit onregverdig. Veral omdat dit dikwels hierdie leerders is wat geneig is om meer te worstel met ander kwessies wat verband hou met sosiale status, finansi?le hulpbronne, kulturele kapitaal, akademiese aspirasies en loopbaangeleenthede.

Hoeven het saam met verskeie onderwysers van twee sekond¨ºre skole in Grahamstad gewerk om die veeltalige situasie te ondersoek, en nog belangriker, om 'n intervensiestudie te doen waar onderwysers pedagogiese transtaalgebruik in hul klasse toepas. Met video- en oudio-opnames, waarnemingsnotas, prestasietoetse en vraelyste probeer hy die effek van pedagogiese transtaalgebruik in inhoudleer meet.

Mnr. Hoeven se onlangse besoek aan Universiteit Stellenbosch was hoofsaaklik daarop gemik om weer kontak te maak met sy projekgashere, Prof Nhlanhla Mpofu en Dr Sim Xeketwana. Mnr. Hoeven, wat tans sy PhD volg onder leiding van buitengewone professor Tom Smits van die Universiteit van Antwerpen in Belgi?, trek voordeel uit die universiteit se samewerkende omgewing. Die Fakulteit bied ook 'n gesamentlike PhD-program in hierdie veld aan, met professore Smits, Mpofu en Dr Xeketwana wat as medehoofondersoekers dien.


Page Image:
Author: Faculty of Education
Media Release: No
Visibly Featured: Education Carousel
Published Date: 5/5/2025
Visibly Featured Approved: Education Carousel;
GUID Original Article: 7634B771-BEA0-4D27-BBBB-17259EDE5CCD
Is Highlight: No
Staff Only: No
Opsomming: Sander Hoeven
Summary: Sander Hoeven
The article is now complete, begin the approval process: No
Article Workflow Status: Article incomplete
]]>
System Account Mon, 05 May 2025 12:54:42 GMT /afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=11186
¡¯n Dag in die lewe... Lukho Mafuya_ÖйúÌåÓý²ÊƱ /afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=11185 Page Content:

?Met ons jaarlikse reeks #dagindielewe, wat in Mei ter viering van Werkersdag verskyn, vestig ons spesiaal die aandag op ons personeellede by die Universiteit Stellenbosch (US). Vanjaar stel ons jou bekend aan professionele administratiewe steundienstepersoneel wat 'n tasbare verskil in studente se lewens maak.

As 'n privaatstudenteverblyfbeampte in die Studenteverblyfkantoor, help Lukho Mafuya studente 'n tweede tuiste vind. Hy sorg dat studente ondersteun word en nesskop sodat hulle op hulle akademiese reis kan floreer.

Wat behels jou werk by die US?

My werk behels die daaglikse bedryfsbestuur van die akkreditasieproses vir privaat verblyf op sowel Stellenbosch- as Tygerbergkampus. Dit vereis strategiese beplanning en verslagdoening, die hersiening en bywerking van akkreditasiekriteria, en die verbetering van die akkreditasieproses deur die integrasie van tegnologie (stelsels en prosesse). Wanneer daar uitdagings of probleme met privaat verblyf opduik, moet ek dit ook hanteer.

Ek bestuur 8 000 geakkrediteerde privaat beddens, sowel as plasings, kansellasies en waglyste vir die US se Luister-, Leef- en Leer- en ons Pendelstudentegemeenskappe-huise. Laasgenoemde geskied ooreenkomstig die Universiteit se plasingsbeleid. Ek streef daarna om positiewe verhoudings met interne ¨¦n eksterne belanghebbendes te bou.

Hoe lyk 'n tipiese dag by die werk?

'n Tipiese dag begin met 'n sterk koppie koffie en e-pos lees. My werk is kli?ntgebaseerd, so vir die grootste gedeelte van die dag hanteer ek studente en verhuurders se navrae. Vir akkreditasieverwante sake kommunikeer ek ook gereeld met verhuurders, studente en ons Sentrum vir Voorgraadse Beurse en Lenings. Ek doen boonop terreininspeksies van privaat verblyf, woon vergaderings by, en voltooi administratiewe take met betrekking tot die verwerking van geakkrediteerde verblyf en koshuisplasings.

Hoe het jou opleiding of vorige ervarings jou vir di¨¦ werk voorberei?

Ek het in Kayamandi hier op Stellenbosch grootgeword en 'n honneursgraad in Publieke Administrasie aan die US verwerf. My opleiding en studie het my met goeie intra- en interpersoonlike vaardighede toegerus, wat my in staat stel om met uiteenlopende groepe mense te werk. Ek het ook projekbestuursvaardighede opgedoen, wat onontbeerlik is as jy 700 verskaffers van privaat verblyf moet bestuur. Daarbenewens vereis my werk uitstekende vaardighede in databestuur en belanghebbendeskakeling.

Wat geniet jy die meeste van jou rol en werk by die US?

Ek is allereers dankbaar om te kan deel wees van die US-gemeenskap, wat diverse kulture erken en verwelkom. Die vreugde op studente se gesigte wanneer ek hulle in 'n Universiteitshuis plaas of vir hulle privaat verblyf opspoor, is ook baie bevredigend. Een van my passies is om ander te help, so wanneer ek ons studente sowel as verhuurders en agente bystaan, voel dit of ek my gemeenskap dien.

Voorts geniet ek dit om konferensies by ander instellings by te woon en die US se praktyke met ander te vergelyk, wat ook my professionele ontwikkeling bevorder.

Die ho?ronderwyssektor is 'n immer veranderende landskap, en ek hou daarvan. Die uitdagings en voortdurende verandering hou my gestimuleer en betrokke. Ek geniet dit om deel te wees van 'n groter doel.

Vertel ons iets opwindend oor jouself wat min mense sou verwag.

Ek is 'n wedergebore Christen, en my geestelike tuiste is The Bay Christian Family Church, waar ek die voorreg het om weekliks lewensveranderende dienste by te woon. Deur my geloof het ek tuisgekom in 'n gemeenskap wat my al deur baie moeilike tye ondersteun het. Die guns en genade van God dra my al my lewe lank, van daardie tyd af toe ek in Kayamandi in 'n hut gewoon en 'n kamer met my twee jonger susters gedeel het. As kind in die township, het ek nooit kon droom dat ek eendag twee grade aan die US sou verwerf nie. Ek is ook 'n trotse ingeskrewe student vir 'n Nagraadse Diploma in Bedryfsbestuur en -administrasie by die Stellenbosch Bestuurskool, waarna ek 'n MBA in die visier het. ?l waarna ek as kind gestreef het, was om 'n werk te kry sodat ek my ouers en susters kon onderhou.

FOTO: Ubaid Abrahams

 


Page Image:
Author: Corporate Communications and Marketing
Media Release: No
Visibly Featured: SU Main Carousel; Human Resources Carousel
Published Date: 5/5/2025
Visibly Featured Approved: SU Main Carousel; Human Resources Carousel;
Enterprise Keywords: a day in the life
GUID Original Article: A93A8DE5-EA88-4C38-A567-1AA109BAE9AD
Is Highlight: No
Staff Only: No
Opsomming: Lukho Mafuya speel ¡®n deurslaggewende rol in die SU se Studenteverblyfkantoor.
Summary: Lukho Mafuya plays a crucial role in SU¡¯s Student Accommodation Office.
The article is now complete, begin the approval process: No
Article Workflow Status: Article incomplete
]]>
System Account Mon, 05 May 2025 07:16:56 GMT /afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=11185
'n Erfenis van leierskap en groei_ÖйúÌåÓý²ÊƱ /afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=11183 Page Content:

?Afrikaanse artikel volg binnekort.

Page Image:
Author: FMHS Marketing & Communications - Wilma Stassen
Media Release: No
Visibly Featured: Alumni Carousel; Medicine and Health Sciences Carousel; SU Main Carousel; Human Resources Carousel
Published Date: 5/1/2025
Visibly Featured Approved: Medicine and Health Sciences Carousel; Human Resources Carousel;
GUID Original Article: AA7D0BFA-1FA2-4148-89A8-6156660FC5A0
Is Highlight: No
Staff Only: No
Opsomming: Toe mnr Eben Mouton in Februarie 2004 by die Universiteit Stellenbosch se Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe (FGGW) aangekom het, het hy 'n rol betree wat nog nie voorheen bestaan ??het nie.
Summary: When Mr Eben Mouton arrived at Stellenbosch ÖйúÌåÓý²ÊƱ¡¯s Faculty of Medicine and Health Sciences (FMHS) in February 2004, he stepped into a role that hadn¡¯t existed before.
The article is now complete, begin the approval process: No
Article Workflow Status: Article incomplete
]]>
System Account Thu, 01 May 2025 09:00:41 GMT /afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=11183
¡¯n Dag in die lewe¡­ Elmarie Kruger_ÖйúÌåÓý²ÊƱ /afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=11182 Page Content:

Met ons jaarlikse reeks #dagindielewe, wat in Mei ter viering van Werkersdag verskyn, vestig ons spesiaal die aandag op ons personeellede by die Universiteit Stellenbosch (US). Vanjaar stel ons jou bekend aan professionele administratiewe steundienstepersoneel wat 'n tasbare verskil in studente se lewens maak.

Elmarie Kruger, 'n senior voorligtingsielkundige in die US se Sentrum vir Studentevoorligting en -ontwikkeling, vervul 'n kernrol om studentewelstand by ons instelling te ondersteun. Di¨¦ US-alumna vertel ons meer oor haar werk.

Wat behels jou werk by die US? 

Ek werk in die Eenheid vir Psigoterapeutiese en Ondersteuningsdienste (EPOD), wat deel uitmaak van die Sentrum vir Studentevoorligting en -ontwikkeling (SSVO). Ons werk draai om studente se geestesgesondheid en welstand. Die Eenheid voorsien psigoterapie aan studente wat by die SSVO om sielkundige hulp aanklop. Ek is soms ook betrokke by opleidingsessies in studentegeestesgesondheid vir sowel studente as personeel, die fasilitering van ontwikkelingsessies vir verskillende studentegroepe, en die ondersteuning van ander SSVO-projekte.

Hoe lyk 'n tipiese dag by die werk? 

My dag bestaan grotendeels uit individuele terapiesessies met studente. Kwessies waarmee studente ondersteuning nodig het, sluit in die hantering van lewenstres, ingewikkelde verhoudings, selfbeeld en identiteit, vorige of huidige trauma, en verskeie geestesgesondheidsuitdagings.

Dan dien ek ook as ko?rdineerder en toesighouer vir Sielkunde-interns wat as deel van hulle meestersgrade hulle prakties by die SSVO voltooi, en vir Arbeidsterapie-finalejaarstudente wat vir hulle geestesgesondheidsrotasie by EPOD geplaas word. Om 'n sielkundige te wees en by die US te werk behels boonop heelwat administrasie, navorsing, en vergaderings met kollegas.

Ek woon ook self opleidingsgeleenthede by om te sorg dat ek aanhou leer en groei ¨C persoonlik ¨¦n professioneel.

My dag kan by tye nogal druk en bedrywig wees, maar dis vol menslike interaksie, waarvoor ek lief is, en ek werk in 'n besonder ondersteunende omgewing.

Hoe het jou opleiding of vorige ervarings jou vir di¨¦ werk voorberei??

Ek het 'n meestersgraad in Voorligtingsielkunde verwerf en my jaar lange internskap by die Universiteit van die Vrystaat se Afdeling Studentevoorligting voltooi. Sedertdien werk ek nog my hele loopbaan lank in studentevoorligting in die ho?r onderwys. Voordat ek by die US aangesluit het, het ek vir 11 jaar by die Kaapse Skiereiland Universiteit vir Tegnologie gewerk. Ek is ook 'n lid van die Suider-Afrikaanse Vereniging vir Voorligting en Ontwikkeling in die Ho?r Onderwys, waar ek gedagtes en beste praktyk met ander beroepslui in die sektor kan uitruil.

My werk vereis dat ek empaties, onbevooroordeeld en 'oop' sal wees wanneer ek luister na die kwessies wat my kli?nte na hulle terapiesessies toe bring. Ek het geleer dat elke persoon se verhaal sy eie is, en ons moet respek h¨º vir die pad wat hulle gestap het ¨¦n vir waar hulle nou in hulle lewe is.

Wat geniet jy die meeste van jou rol en werk by die US? 

Ek is dankbaar dat ek daagliks met studente kan werk, en op so 'n persoonlike en intieme vlak. Ek bewonder studente se veerkragtigheid en volharding ¨C hoe hulle daarna streef om suksesvolle, produktiewe lede van die samelewing te word, dikwels ondanks swaarkry en uitdagings. Dit is 'n voorreg om soveel verhale te kan beleef, elkeen uniek en spesiaal op sy eie manier.

Ten spyte van 'n beperkte begroting, voorsien die US en die SSVO steeds 'n ondersteunende en instaatstellende omgewing met genoeg hulpbronne om 'n diens van gehalte te kan lewer. Om 'n multidissiplin¨ºre span te h¨º wat hierdie tipe gratis en vertroulike diens aan studente voorsien is van onskatbare waarde. 

En wie sal dit ni¨¦ geniet om op so 'n mooi dorp en in 'n lewendige gemeenskap te werk nie?

Vertel ons iets opwindend oor jouself wat min mense sou verwag.  

Ek geniet avontuur en die buitelewe. Ek is lief vir stap en het in my jong dae die Inka-staproete in Peru op 'n beperkte begroting voltooi. Dit was ongelooflik om 'n ander kultuur te ervaar. Die Inka-nasie het in 'n tyd lank voor tegnologie verstommende strukture gebou om in hulle behoeftes te voorsien. Ek het ook verwonderd gestaan oor hoe die plaaslike portiers teen die gladde, steil berg op- en afgeklim het. Hulle het soms misgetrap en so byna geval, maar het in 'n oogwink hulle balans herwin en rats aanbeweeg, sonder om eens 'n oomblik te aarsel. Hulle was 'n goeie voorbeeld van 'vorentoe val' ¨C iets wat ons almal dalk beter kan leer doen: om onvolmaaktheid te aanvaar, op te hou om oor ons foute te tob, en dit eerder te gebruik as 'n geleentheid om te leer.

FOTO: Stefan Els

 



Page Image:
Author: Corporate Communications and Marketing
Media Release: No
Visibly Featured: SU Main Carousel; Human Resources Carousel
Published Date: 4/30/2025
Visibly Featured Approved: SU Main Carousel; Human Resources Carousel;
Enterprise Keywords: a day in the life
GUID Original Article: DD874E62-137F-4262-B48F-D1A055C74EAE
Is Highlight: No
Staff Only: No
Opsomming: As voorligtingsielkundige draai Elmarie Kruger se werk om studente se geestesgesondheid en welstand.
Summary: As counselling psychologist Elmarie Kruger¡¯s work revolves around student mental health and wellness.
The article is now complete, begin the approval process: No
Article Workflow Status: Article incomplete
]]>
System Account Wed, 30 Apr 2025 11:59:52 GMT /afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=11182
¡¯n Dag in die lewe¡­ Erik van Zyl_ÖйúÌåÓý²ÊƱ /afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=11181 Page Content:

Met ons jaarlikse reeks #dagindielewe, wat in Mei ter viering van Werkersdag verskyn, vestig ons spesiaal die aandag op personeellede by die Universiteit Stellenbosch (US). Vanjaar stel ons lesers bekend aan professionele administratiewe steundienstepersoneel wat 'n tasbare verskil in studente se lewens maak.

Vir Erik van Zyl is geen twee werksdae dieselfde nie. Nietemin is d¨ªt presies hoe hy dit verkies. Van Zyl werk as 'n fakulteitsadministrateur in die Registrateurskantroor van die Fakulteit AgriWetenskappe, waar hy nie net belangrike akademiese prosesse bestuur nie, maar ook studente op hul akademiese reis, van registrasie- tot gradedag, ondersteun en lei. Di¨¦ US-alumnus vertel ons meer oor sy rol by die US.

Wat behels jou werk by die US? 
As 'n fakulteitsadministrateur vir AgriWetenskappe, is ek bevoorreg om studente deur hulle hele akademiese reis te kan ondersteun ¨C van hulle eerste tre? as voorgraadse studente tot die trotse oomblik wanneer hulle die gradeverhoog oorsteek. Om deel te wees van hierdie transformerende proses is ongelooflik bevredigend, want ek aanskou en ondersteun studente se groei, volharding ¨¦n uiteindelike vreugde wanneer hulle een van die grootste mylpale in hulle lewens bereik.
My rol gaan oor m¨¦¨¦r as studentesteun. Ek is aktief betrokke by 'n aantal administratiewe prosesse wat die Fakulteit vlot help funksioneer. Ek neem byvoorbeeld ook deel aan die keuringsproses vir akademiese programme, help met die ontwikkeling en samestelling van kurrikulums en dien as die sekretariaat vir die Fakulteitsraad.
Di¨¦ rol kombineer struktuur, diens en impak, en ek is trots daarop om deel te wees van 'n span wat die toekoms van studente by die Universiteit Stellenbosch help vorm.

Hoe lyk 'n tipiese dag by die werk? 
Geen twee dae in die lewe van 'n fakulteitsadministrateur is ooit dieselfde nie. Elke dag bied nuwe uitdagings, maar ook geleenthede om 'n betekenisvolle impak te h¨º. Of jy nou met studente ontmoet wat op soek is na akademiese advies, met registrasie uithelp, of met voornemende studente en hulle ouers skakel, die rol is sowel dinamies as mensgerig.
Benewens persoonlike interaksies, word 'n aansienlike gedeelte van die dag aan noodsaaklike administratiewe take gewy. Die werk vereis organisatoriese vaardighede en aanpasbaarheid ¨C van die bestuur van 'n voortdurende stroom e-posse en foonoproepe, tot die versekering dat daaglikse bedrywighede vlot verloop.
Ons werk teen 'n vinnige pas, wat aandag aan detail, duidelike kommunikasie en doelgerigtheid vereis. Ondanks die uitdagings van die werk, l¨º die beloning in die wete dat elke taak, groot ¨®f klein, tot die akademiese sukses en algehele ervaring van ons studente bydra.

Hoe het jou opleiding of vorige ervarings jou vir di¨¦ werk voorberei?? 
My reis na akademiese administrasie het in AgriWetenskappe begin. As 'n voorgraadse student in die program BScAgric in Akwakultuur, het ek nie net 'n diep waardering vir die vakgebied ontwikkel nie, maar ook 'n sterk band met die akademiese omgewing en die mense wat my langs die pad ondersteun het.
Ek het in my studentedae reeds as studente-assistent in Kli?ntedienste gewerk. Daardie ervaring het die grondslag gel¨º vir my begrip van studentebehoeftes en die belang van doeltreffende en empatiese ondersteuning. Nie lank daarna nie het ek 'n voltydse pos as 'n Kli?ntedienste-agent aanvaar, waar ek my administratiewe vaardighede verder kon ontwikkel en 'n algemener oorsig van die Universiteit se bedrywighede gekry het.
Ek het 'n paar jaar later as 'n fakulteitsbeampte vir Opvoedkunde begin werk. Dit het nuwe uitdagings ingehou en my gehelp om my selfvertroue en vaardighede te bou. En uiteindelik het my pad my na AgriWetenskappe teruggelei. Dit voel of ek 'n kringloop voltooi het noudat ek in die einste fakulteit werk waar ek as student begin het. Dit wys jou net dat elke ervaring, ongeag hoe onbenullig dit dalk op daardie tydstip voel, 'n trapklip na iets groter kan wees.

Wat geniet jy die meeste van jou rol en werk by die US? 
Een van die vervullendste aspekte van my rol is die geleentheid om studente te vergesel op hulle reis na hulle akademiese doelwitte. Ek kry daagliks die geleentheid om bystand, leiding en motivering te bied aan individue wat hard werk om hulle drome te bewaarheid.
Ek beleef persoonlik hoe selfs klein oomblikke van bystand 'n groot verskil aan 'n student se ervaring kan maak, of ek nou met kursuskeuring help, vrae oor akademiese beleide beantwoord, of bloot iemand in 'n stresvolle tyd bemoedig.
Dis ongelooflik bevredigend om te sien hoe studente meer selfvertroue kry, hulle vaardighede ontwikkel, uitdagings te bowe kom en uiteindelik gradueer. Die wete dat ek selfs net 'n klein aandeel aan daardie reis gehad het, is wat my inspireer om elke dag my bes te doen.
My werk gaan uiteindelik oor mense. Dit gaan daaroor om te luister, te help en in studente te glo wanneer hulle dit die nodigste het.

Vertel ons iets opwindend oor jouself wat min mense sou verwag.  
Ek verdiep myself bedags ten volle in die w¨ºreld van akademiese administrasie. Maar na-uurs raak dinge kreatief. Om stories te vertel en myself kreatief uit te leef gee my soveel vreugde ¨C maak nie saak of ek tekste skryf, 'n vertoning regisseer, of 'n karakter op die verhoog vertolk nie. Dit vul 'n mens met energie en inspirasie en is net so 'n klein bietjie dramaties (in die heel beste sin, natuurlik).
Ek's ook passievol oor tuinuitleg en blomontwerp. Plante is my terapie en ek is altyd aan die dink aan maniere om klein ruimtes in welige, groen hoekies te omskep. Ek gryp elke geleentheid aan om blommerangskikkings vir troues en geleenthede te ontwerp. Dit is werklik spesiaal om kleur, tekstuur, drama en die natuur te kombineer om iets te skep.
Hierdie kreatiewe uitlaatkleppe gee my energie vir my werk in administrasie ¨C dit hou my ge?nspireerd en help my om aanpasbaar te bly en innoverend te dink. Want selfs in 'n gestruktureerde omgewing is daar heelwat ruimte vir kreatiwiteit, siel en 'n tikkie drama.

FOTO: Stefan Els


Page Image:
Author: Corporate Communications and Marketing
Media Release: No
Visibly Featured: SU Main Carousel; Human Resources Carousel
Published Date: 4/30/2025
Visibly Featured Approved: SU Main Carousel; Human Resources Carousel;
Enterprise Keywords: a day in the life
GUID Original Article: 7DBE30F5-958C-4A45-9B11-A6DBBBE1E4FD
Is Highlight: No
Staff Only: No
Opsomming: Erik van Zyl se werk gaan oor mense ¨C om te luister, te help en in studente te glo wanneer hulle dit die nodigste het.
Summary: Erik van Zyl¡¯s job is about people. It¡¯s about listening, helping and believing in students when they need it most.
The article is now complete, begin the approval process: No
Article Workflow Status: Article incomplete
]]>
System Account Wed, 30 Apr 2025 11:37:53 GMT /afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=11181
Prof Juliana Claassens vir globale invloed op gender- en Bybelstudie vereer_ÖйúÌåÓý²ÊƱ /afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=11180 Page Content:

Prof Juliana Claassens, 'n vooraanstaande vakkundige by die Departement Ou en Nuwe Testament van die Universiteit Stellenbosch (US), het 'n gesogte Humboldt-navorsingstoekenning van die Alexander von Humboldt-stigting ontvang ter erkenning van haar lewenslange prestasies in teologie en genderstudies.

Die Humboldt-navorsingstoekenning, wat 'n geldelike toekenning van €80 000 (ter waarde van meer as R1,6 miljoen) het, is een van Duitsland se mees gerekende internasionale navorsingstoekennings. Dit stel ontvangers in staat om langtermynnavorsingsprojekte by instellings van hulle keuse in Duitsland in samewerking met plaaslike vakkundiges te onderneem.

Die toekenning word toegeken ter erkenning van 'n navorser se algehele prestasie tot op hede en aan akademici wie se fundamentele ontdekkings, nuwe teorie? of insigte 'n beduidende impak op hulle vakgebied gehad het en wat na verwagting in die toekoms sal voortgaan om baanbrekerprestasies te lewer.

Claassens, wat aan die hoof van die Gendereenheid in die US se Fakulteit Teologie staan, s¨º sy is verheug en ge?erd om op hierdie manier erkenning vir haar toewyding aan Bybelnavorsing te kry. "My opregte dank ook aan die Fakulteit Teologie en die Afdeling Navorsingsontwikkeling aan die Universiteit Stellenbosch vir die volgehoue ondersteuning van my werk wat hierdie belangrike toekenning moontlik gemaak het."

Die Humboldt-navorsingstoekenning kan oor die volgende vyf jaar in korter navorsingsbesoeke aan Duitsland verdeel word. Claassens s¨º sy sal die geleentheid gebruik om haar werk saam met prof dr Christl Maier by die Philipps-universiteit in Marburg voort te sit. Haar komende projek sal op 'n kommentaar op die Bybelboek Nahum fokus, wat sy beplan om deur die lens van trauma-, geslags-, postkoloniale en queer-interpretasie te lees.

Die toekenning is 'n voortvloeisel van 'n jare lange akademiese verhouding tussen Claassens en Maier, wat voorheen Claassens se gasheer gedurende haar vorige Alexander von Humboldt-navorsingsbesoeke aan Marburg in 2019 en 2022 was. "My voortgesette samewerking met prof Maier bou voort op die werk wat ek in my onlangse kommentaar op Jona vir die Ou Testamentiese Biblioteek, sowel as in my monografie, Writing and Reading to Survive: Biblical and Contemporary Trauma Narratives in Conversation, gedoen het," verduidelik Claassens.

Haar vakkundige reis het in 1991 by die US begin, kort nadat die NG Kerk sy bediening vir vroue oopgestel het. Claassens se akademiese pad het haar van Stellenbosch na die Princeton Teologiese Kweekskool in die Verenigde State gelei, waar sy aan feministiese teologie blootgestel is en agt jaar lank gedoseer het voordat sy in 2010 na Suid-Afrika teruggekeer het. Sy het in 2014 slegs die tweede vroulike volle professor in die US se Fakulteit Teologie geword.

Die dekaan van die US se Fakulteit Teologie, prof Reggie Nel, het Claassens vir haar baanbrekerswerk geloof. "Prof Claassens se navorsingsuitnemendheid het deurgaans die grense van haar vakgebied en verder verskuif deur verskeie vakgebiede en kollegas bymekaar te bring. Sy doen dit met passie en toewyding aan geregtigheid en inklusiwiteit. In hierdie verband is die Fakulteit en die Universiteit ge?erd om haar in ons midde te h¨º. Ek is vol vertroue en opgewonde oor haar werk, ten minste oor die volgende vyf jaar en die nuwe projekte wat sy saam met haar kollegas gaan aanpak ¨C wat saak maak, is die impak wat dit nie net op die akademie sal h¨º nie, maar ook die gemeenskappe by wie sy betrokke is. Sy is 'n baken van hoop vir die rol wat vakkundigheid kan speel om die samelewing te transformeer en op 'n konkrete manier hoop te gee," s¨º Nel.

Prof Sibusiso Moyo, Viserektor: Navorsing, Innovasie en Nagraadse Studie, het bygevoeg dat die Universiteit werklik baie trots is op Claassens se prestasie om die Humboldt-navorsingstoekenning te ontvang. "Hierdie erkenning stem met ons strewe na navorsingsuitnemendheid en impak ooreen wat die relevansie beklemtoon van wat ons vir en saam met die samelewing doen. Ons bedank die Alexander von Humboldt-stigting, wat voortgaan om wetenskaplikes en navorsers se navorsingswerk te erken en te bevorder, ongeag die vakgebied en nasionaliteit. Die US het ook by die Duitse Navorsingsleerstoel by die Afrika-instituut vir Wiskundige Wetenskappe (AIMS) in Suid-Afrika baat gevind. Saam vorentoe, prof Juliana Claassens!"

Claassens se bydrae l¨º nie net in die bevordering van feministiese interpretasies van heilige tekste nie, maar ook in die kweek van kruiskulturele akademiese netwerke. As hoof van die Gendereenheid by die US se Fakulteit Teologie het sy gehelp om 'n navorsingsgemeenskap te kweek wat aan die bevraagtekening van mag, die bevestiging van waardigheid en die bou van inklusiewe teologiese vakkundigheid toegewy is.

FOTO: Stefan Els


Page Image:
Author: Corporate Communications and Marketing
Media Release: Yes
Visibly Featured: SU Main Carousel; Human Resources Carousel
Published Date: 4/30/2025
Visibly Featured Approved: SU Main Carousel; Human Resources Carousel;
Enterprise Keywords: Theology
GUID Original Article: FCA53828-60AB-406E-80C5-69C487EB6E74
Is Highlight: No
Staff Only: No
Opsomming: Prof Claassens het die gesogte Humboldt-navorsingstoekenning van die Alexander von Humboldt-stigting ontvang.
Summary: Prof Claassens has been awarded a prestigious Humboldt Research Award by the Alexander von Humboldt Foundation.
The article is now complete, begin the approval process: No
Article Workflow Status: Article incomplete
]]>
System Account Wed, 30 Apr 2025 11:00:13 GMT /afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=11180
Ons moet ho?r onderwys in die era van KI herverbeel ¨C Prof Sibusiso Moyo_ÖйúÌåÓý²ÊƱ /afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=11187 Page Content:

?Kunsmatige intelligensie (KI) is besig om die manier waarop ons leer, onderrig en met kennis omgaan vinnig te verander, maar dit laat ook kritieke vrae ontstaan oor etiek, toegang en langtermyn-impak. Tersi¨ºre instellings moet dus die potensiaal van KI in leer en navorsing benut. S¨® skryf prof Sibusiso Moyo, Viserektor: Navorsing, Innovasie en Nagraadse Studies, in ? meningsartikel vir die Cape Argus.

  • Lees die vertaalde weergawe van die artikel hieronder of klik hier vir die stuk soos geplaas.

Sibusiso Moyo*

Die opkoms van Kunsmatige Intelligensie (KI)-tegnologie?, veral platforms soos ChatGPT, het die w¨ºreld se verbeelding aangegryp en nie net opwinding nie, maar ook besorgdheid meegebring. KI is nou stewig in ons daaglikse lewens ingebed, en be?nvloed hoe ons kommunikeer, kennis verkry en selfs opvoed.

Ho?ronderwysinstellings w¨ºreldwyd worstel steeds met die volledige aanvaarding en integrasie van KI in hulle kurrikula asook in praktyk. Volgens 'n onlangse uitvoerende inligtingsessie deur die Digitale Onderwysraad oor ¡°KI-geletterdheid vir almal", is universiteite nog oor akademiese integriteit, praktiese implikasies vir kurrikula, leer, onderrig en navorsing, sowel as tegniese kompleksiteite besorg. Dit het implikasies vir die opskaling van KI binne instellings self. Hierdie kompleksiteite wek kritiese vrae oor die rol van onderwys, en in besonder, ho?ronderwysinstellings in die samelewing, die vaardighede wat ons prioritiseer, en die etiese raamwerke wat ons aanneem terwyl ons studente vir 'n toekoms voorberei wat toenemend deur intelligente masjiene en gevorderde tegnologie? gevorm word.

Terwyl ons hierdie toekoms visualiseer, moet on nie net na te dink oor die vindingrykheid wat tegnologiese vooruitgang dryf nie, maar ook oor die verantwoordelikheid wat ons as opvoeders en navorsers het om te verseker dat innovasie in lyn bly met integriteit, etiek en billikheid. Tersi¨ºre instellings moet dus die potensiaal van KI in leer en navorsing benut.

Wanneer dit weldeurdag toegepas word, kan KI onderrig, leer en navorsingsuitkomste verbeter. Dit help akademici om gapings in onderrigmateriaal te identifiseer, administratiewe take soos bepunting te vereenvoudig, en selfs inhoud saam te stel wat beter by leerders se individuele behoeftes pas. Vir studente kan KI as 'n persoonlike leermetgesel dien wat komplekse idees vereenvoudig, alternatiewe verduidelikings bied, en 'n dieper betrokkenheid by inhoud teen jou eie pas moontlik maak.

KI-instrumente kan ook ge?nkorporeer word om gehalteversekering in navorsing deur platforms soos Turnitin te ondersteun en om akademiese administrasie te vereenvoudig deur geoutomatiseerde nasienmatrikse te gebruik. Hierdie toepassings help om waardevolle tyd te bespaar, wat opvoeders die geleentheid gee om op kritiese betrokkenheid en mentorskapfunksies te fokus wat steeds aan die hart van akademiese groei staan.

Uitdagings

Naas geleenthede bied KI ook potensi?le bedreigings waaroor ons steeds besin, byvoorbeeld die moontlike erodering van onafhanklike denke. Met generatiewe KI wat in staat is om volledige werkstukke te produseer, is daar 'n risiko dat studente byvoorbeeld op sulke hulpmiddels kan staatmaak op maniere wat diep leer ondermyn. Die ontwerp van assesserings moet dus ontwikkel om kritiese redenering, samewerking en praktiese toepassingsvaardighede wat masjiene nie kan naboots nie, te prioritiseer. Studente ¨¦ personeel moet aangemoedig word om KI doeltreffend en eties te aanvaar en te gebruik. Daar is groter inspanning nodig om te dink oor hoe ons onderrig, leer en watter vaardighede ons wil versterk in ons onderskeie kurrikula.

Daar is ook wyer kommer oor algoritmiese vooroordeel, dataprivaatheid, en die ondeursigtige besluitneming agter baie KI-instrumente. Ons moet vra: Wie se kennisstelsels word geprioritiseer? Watter kulturele aannames is in hierdie instrumente ingebed? Ons moet as universiteite proaktief in die ontwikkeling van raamwerke wees wat deursigtigheid en verantwoordbaarheid verseker in hoe KI gebruik en onderrig word. Dit is dieselfde argument wat motivering verskaf vir die opskaling van KI-gebruik en -aanvaarding sodat ons studente en navorsers ook tot die skep van KI-instrumente bydra en innoveer en tot nuwe algoritmes bydra.

Berei studente voor

Ho?ronderwysinstellings het 'n plig om gegradueerdes met meer as vakrigtingkennis toe te rus. Ons moet hulle vir 'n vinnig veranderende werkw¨ºreld voorberei, waar aanpasbaarheid, innovasie en etiese onderskeidingsvermo? die sleutel is. Ons moet ook bel¨º in inisiatiewe wat KI-geletterdheid bevorder, insluitende 'n gratis kortkursus vir ons personeel oor die integrasie van KI in onderrig, leer en assessering. Hierdie pogings behoort deel te wees van 'n bre?r verbintenis tot akademiese uitnemendheid, relevansie en innovasie.

Maar waarskynlik van die grootste belang: ons moet die ontwikkeling van vaardighede wat uniek menslik is ¡ª kreatiwiteit, empatie en samewerking ¡ª beklemtoon. Hierdie eienskappe kan nie geoutomatiseer word nie en is noodsaaklik vir die navigering van die sosiale en etiese dimensies van tegnologie. As deel van die blootstelling van ons personeel ¨¦n studente aan globale netwerke en normstelling, het die Universiteit Stellenbosch onlangs by die Digitale Onderwysraad aangesluit wat dit deel maak van 'n globale gemeenskap van leiers in onderwysinnovasie en in staat stel om beste praktyke onder netwerkgenote te deel.

Pad vorentoe

Die toekoms van KI is nie 'n veraf konsep nie, dit is reeds hier. As ho?ronderwysinstellings moet ons die belangrikheid daarvan erkem om nie net met KI as 'n instrument om te gaan nie, maar ook om die impak daarvan te ondersoek, die ontwikkeling daarvan te vorm en die integrasie daarvan in ons akademiese missie te rig.

Ons uitdaging ¨¦n geleentheid is om te verseker dat KI as 'n bemagtiger van vooruitgang dien, nie 'n plaasvervanger vir menslike insig nie. Ons moet doelbewus innoveer om te verseker dat die voordele van tegnologie wyd gedeel word en dat ons gegradueerdes nie net tegnies vaardig nie, maar ook sosiaal bewus en w¨ºreldwyd mededingend is. In beginsel behoort elke vakgebied KI-spesialiste te h¨º. Ons het onlangs tendense gesien van goed toegeruste instellings wat vir KI-personeel op verskillende vakgebiede adverteer!

Soos KI vinnig aanhou ontwikkel, kom ons herbevestig op ons verbintenis om aan 'n toekoms gestalte te gee waar kennis, etiek en innovasie hand aan hand gaan.

  • ?Foto deur Stefan Els (Afdeling Korporatiewe Kommunikasie en Bemarking)

*Prof Sibusiso Moyo is Viserektor: Navorsing, Innovasie en Nagraadse Studies aan die Universiteit Stellenbosch.?



Page Image:
Author: Sibusiso Moyo
Media Release: No
Visibly Featured: SU Main Carousel; Learning £¦ Teaching Carousel; Research £¦ Innovation Carousel
Published Date: 5/5/2025
Visibly Featured Approved: SU Main Carousel;
GUID Original Article: 030D690B-630C-4EFC-B469-0A150A9749C8
Is Highlight: No
Staff Only: No
Opsomming: Kunsmatige intelligensie (KI) is besig om die manier waarop ons leer, onderrig en met kennis omgaan vinnig te verander, maar dit laat ook kritieke vrae ontstaan oor etiek, toegang en langtermyn-impak. Tersi¨ºre instellings moet die potensiaal van KI benut.
Summary: Artificial Intelligence (AI) is rapidly reshaping the way we learn, teach, and engage with knowledge, but it also raises critical questions about ethics, access, and long-term impact. Thus, tertiary institutions should harness the potential of AI.
The article is now complete, begin the approval process: No
Article Workflow Status: Article incomplete
]]>
System Account Mon, 05 May 2025 13:04:00 GMT /afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=11187
Versterking van Wetenskapskommunikasie: Stellenbosch-studente neem deel aan VIU Lentekool_ÖйúÌåÓý²ÊƱ /afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=11177 Page Content:

?Die bemagtiging van navorsers met kommunikasie- en betrokkenheidsvaardighede is noodsaaklik om wetenskaplike ontdekkings te omskep in publieke begrip, vertroue en betekenisvolle beleidsverandering. Vier PhD-studente van die Universiteit Stellenbosch het die geleentheid gekry om hul kommunikasievaardighede verder te ontwikkel saam met ander navorsers in die vroe? stadiums van hul loopbane van regoor die w¨ºreld, tydens die Venice International ÖйúÌåÓý²ÊƱ (VIU) Lenteskool-program Equipping Researchers with Skills, Strategies and Confidence for Science Communication, wat van 31 Maart tot 4 April 2025 plaasgevind het. Luther Chipembere (Landbou-ekonomie), Zani de Wit (Wetenskap- en Tegnologie-studies), Nontokozo Mchunu (Wetenskap- en Tegnologie-studies) en Katherine Rabik (Wetenskap- en Tegnologie-studies) het aan die skool deelgeneem met die ruim ondersteuning van Erasmus+-befondsing wat deur die SU Internasionale Kantoor geko?rdineer is.

Die skool is ontwikkel vir navorsers en gegradueerdes uit alle dissiplines oor die Natuur- en Sosiale Wetenskappe, Ingenieurswese en Geesteswetenskappe heen, en is sorgvuldig ontwerp om deelnemers toe te rus met sleutelvaardighede en die selfvertroue om op betekenisvolle en strategiese wyses met verskeie gemeenskappe te skakel. Die program is mede-ontwerp en aangebied deur fakulteite van die Ludwig Maximilians-Universit?t in Duitsland, die Universiteit van Padua in Itali?, VIU se Eenheid vir Wetenskapskommunikasie, en Prof. Marina Joubert van die Universiteit Stellenbosch.

Tydens hierdie intensiewe weeklange opleiding het deelnemers die geleentheid gehad om lesings by te woon, aan stimulerende besprekings deel te neem, hul kennis aan te wend tydens groepuitdagings, en krities om te gaan met literatuur en beste praktyke in wetenskapskommunikasie. Dit het 'n omgewing geskep van lewendige debat en betekenisvolle betrokkenheid rondom temas soos wetenskapskommunikasie binne sosio-politiese kontekste, die digitalisering van wetenskap en die waarde van die kulturele w¨ºreld, asook publieke debatvoering. Van die eerste ysbreker tot groepsbesprekings en rollespel-oefeninge, het die skool 'n platform gebied vir navorsers om idees uit te ruil, vrae te vra en selfvertroue in hul kommunikasievaardighede te bou. Die kursus het die belangrikheid van strategiese kommunikasie en betrokkenheid beklemtoon, met monitering en evaluering as sleutelkomponente om impak vas te stel. Die kursusaanbieders het daarin geslaag om 'n veilige en ondersteunende omgewing te skep wat eerlike dialoog en kwesbaarheid aangemoedig het, wat op sy beurt ruimte geskep het vir opregte uitruilings oor dissiplines, nasionaliteite en w¨ºreldbeskouings heen.

Hoewel die fokus op teoretiese kennis en praktiese vaardigheidsontwikkeling was, het dit nie beteken dat deelnemers net gewerk het nie. Op die tweede dag van die kursus is die groep geneem na Palazzo Grimani ¨C A Cabinet of Wonders om eerstehands te ervaar hoe wetenskap deur museums en kuns gekommunikeer kan word. Die besoek is opgevolg deur ¡¯n gesellige groep-ete by ¡¯n plaaslike restaurant in Venesi?. Die atmosfeer het nuwe verbindings gefasiliteer soos gaste stories, ervarings en insigte gedeel het. Daar was vele spontane oomblikke wat die grens tussen leer en leef laat vervaag het ¨C iets wat die ervaring werklik onvergeetlik gemaak het. Gesprekke het voortgespoel tydens lang stappies deur die nou stegies van Venesi?, gedurende middagetes en aandetes.

Na 'n suksesvolle week van leer, oefen en deelneem aan die Lenteskool, is deelnemers uitgedaag om hul nuwe kommunikasiestrategie? te gebruik om hul navorsing binne drie minute te verduidelik. Al het die aanbiedings in formaat, struktuur en boodskap gewissel, was een ding duidelik: hierdie navorsers praat nou uit 'n plek van hernude selfvertroue in hul vermo? om wetenskap effektief te kommunikeer. Deur ¡¯n kombinasie van teoretiese insigte, praktiese werkswinkels, interaktiewe sessies en ¡¯n terreinbesoek, het die program geslaag daarin om deelnemers se wetenskapskommunikasievaardighede te verbeter. Die ervaring het die groep met ¡¯n hernude sin van verantwoordelikheid gelaat om nie net helder nie, maar ook met sorg en kreatiwiteit te kommunikeer. Die skool het beklemtoon dat mense die hart van wetenskap is ¨C en dat dit werklik saak maak hoe ons dit kommunikeer. Luther, Zani, Nontokozo en Katherine het ¡¯n verrykende ervaring in Venesi? gehad en sien uit daarna om hul nuwe vaardighede en insigte in hul eie werk toe te pas?




Page Image:
Author: Luther Chipembere, Zani de Wit and Katherine Rabik
Media Release: No
Visibly Featured: SU International Carousel
Published Date: 4/29/2025
Visibly Featured Approved: SU International Carousel;
Enterprise Keywords: VIU Summer School; Maties abroad; Science Communication
GUID Original Article: 0A48DD0B-CDEF-4AD4-A5D7-4772BC69F229
Is Highlight: No
Staff Only: No
Opsomming: Om navorsers toe te rus met kommunikasie- en betrokkenheidsvaardighede is van kardinale belang om wetenskaplike ontdekkings te omskep in openbare begrip, vertroue en betekenisvolle beleidsverandering.
Summary: Empowering researchers with communication and engagement skills is essential to transform scientific discoveries into public understanding, trust, and meaningful policy change.
The article is now complete, begin the approval process: No
Article Workflow Status: Article incomplete
]]>
System Account Tue, 29 Apr 2025 13:26:15 GMT /afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=11177
Spelifi?ring en sosiale media as katalisator vir studenteleer en betrokkenheid_ÖйúÌåÓý²ÊƱ /afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=11184 Page Content:

U word uitgenooi om die middagete Auxin-sessie by te woon wat deur die Sentrum vir Onderrig en Leer aangebied word.


Spreker: Benita Bobo

?Onderwerp: Spelifi?ring en sosiale media as katalisator vir studenteleer en ?betrokkenheid?

??Datum: 13 Mei 2025

Tyd: 13:10-14:10 

Plek: MS Teams: Join the meeting now?


?Opsomming van die Auxin:

Hoe hou 'n mens 10 000 eerstejaarstudente geboei wat ¡°gedwing" word om 'n verpligte module te volg? Hoe kan jy digitale nutsmiddels aanwend om die bereiking van leeruitkomstes vir modules, die kenmerke van gegradueerdes en kritieke kruisdissiplin¨ºre uitkomstes aan te help? Een moontlike antwoord is om spelifi?ring en sosiale media in te span om studente betrokke te hou terwyl hulle leer.

Spelifi?ring behels dat elemente soortgelyk aan di¨¦ van spel by leeraktiwiteite ge?nkorporeer word met die oogmerk om studentebetrokkenheid en ?leer te versterk. Dit put uit die teorie van selfbeskikking, wat beklemtoon hoe belangrik onafhanklikheid, bevoegdheid en verbandhoudendheid is. Omdat spelifi?ring duidelike doelwitte, onmiddellike terugvoer en geleenthede vir sosiale interaksie verskaf, kan dit studente sterker agentskap en betrokkenheid in groot, onpersoonlike klasse laat ervaar.

In hierdie aanbieding beklemtoon ek ook hoe ek uit die sosiale konstruksionisme as leerteorie put, en uit transformerende leer as pedagogiese benadering, om 'n raamwerk vir die opstelling van outentieke leerervarings te vorm. Volgens die sosiale konstruksionisme vind die doeltreffendste leer plaas wanneer studente kennis aktief ¨C deur interaksie en samewerking in outentieke kontekste ¨C konstrueer. Die transformerende leerteorie ondersteun hierdie benadering deurdat dit beklemtoon hoe belangrik kritiese nadenke is, wat deur interaktiewe aktiwiteite gestimuleer kan word.

Ek stel die volgende vraag om nadenke en gesprek onder deelnemers aan te wakker: Hoe kan akademici spelifi?ring en sosialemediaplatforms inspan om hulle onderrig, leer en assessering te verryk? Die hoop is dat hierdie aanbieding belangstelling en gesprek sal aanvuur en idees sal oplewer oor hoe akademici dit in hulle eie dissiplin¨ºre kontekste sou kon oorweeg.


Voordat Benita senior adviseur by die Sentrum vir Onderrig en Leer geraak het, was sy lektor en ko?rdineerder vir institusionele modules in algemene onderwys, en lektor sowel as ko?rdineerder vir institusionele modules in diensleer by die Afdeling Sielkunde. Haar onderrig is begrond op die konstruktivisme en sosiale kontekstuele leerteorie?. Gevolglik glo sy daarin om in haar onderrig uit die geleefde werklikhede van haar studente te put.



Page Image:
Author: Simbongile Ntwasa
Media Release: Yes
Visibly Featured: SU Main; SU Main Carousel; SU Main List; SU Main Snippet; Centre for Teaching and Learning; Centre for Teaching and Learning Carousel; Centre for Teaching and Learning Snippet
Published Date: 5/2/2025
Visibly Featured Approved: Centre for Teaching and Learning Carousel;Centre for Teaching and Learning Snippet;
Enterprise Keywords: Gamification; student engagement; student learning; large classes
GUID Original Article: 9301CACC-1459-4831-AA68-23E5B1FE7A47
Is Highlight: Yes
Staff Only: No
Opsomming: Spelifi?ring en sosiale media as katalisator vir studenteleer en betrokkenheid
Summary: Gamification and social media as a catalyst for student learning and engagement
The article is now complete, begin the approval process: No
Article Workflow Status: Article incomplete
]]>
System Account Fri, 02 May 2025 15:21:04 GMT /afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=11184
FGGW-kundiges lei kritiese navorsing vir nuwe WGO-soutriglyne_ÖйúÌåÓý²ÊƱ /afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=11129 Page Content:

?Lees die volledige artikel in Engels.

Page Image:
Author: FMHS Marketing & Communications
Media Release: No
Visibly Featured: Medicine and Health Sciences Snippet
Published Date: 4/2/2025
Visibly Featured Approved: Medicine and Health Sciences Snippet;
GUID Original Article: 7FD44769-F7F8-4FDE-BF79-CB66BECEF28A
Is Highlight: No
Staff Only: No
Opsomming: Agt miljoen sterftes w¨ºreldwyd word jaarliks toegeskryf aan ? ongesonde dieet, met ongeveer twee miljoen wat spesifiek gekoppel is aan ho? natriumverbruik¡ª? prim¨ºre komponent van tafelsout.
Summary: Eight million deaths worldwide are annually attributed to poor diet, with approximately two million linked specifically to high sodium consumption¡ªa primary component of table salt.
The article is now complete, begin the approval process: No
Article Workflow Status: Article incomplete
]]>
System Account Wed, 02 Apr 2025 11:17:18 GMT /afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=11129
Nuwe oorsig herdenk die ¡°botanis van Belvidere¡± se nalatenskap _ÖйúÌåÓý²ÊƱ /afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=11179 Page Content:

?Die lewendige nalatenskap van Dr Augusta Vera Duthie (1881¨C1963), stigter van die Departement Plantkunde by Victoria Kollege in 1902 (herbenoem as die Universiteit Stellenbosch in 1918), is vasgevang in 'n oorsigartikel wat in 'n spesiale uitgawe van die South African Journal of Botany gepubliseer is. Die spesiale uitgawe fokus op die stand van botaniese wetenskap in Suid-Afrika.

Die artikel, met die opskrif ¡°The botanist from Belvidere ¨C the living legacy of Augusta Vera Duthie", is een van verskeie om die 50ste jaarlikse konferensie van die Suid-Afrikaanse Vereniging van Botaniste, te herdenk. Tog is dit slegs die tweede artikel sedert 1967 wat in 'n vaktydskrif gepubliseer word wat 'n meer omvattende oorsig gee van Duthie se ryk nalatenskap.

Prof. L¨¦anne Dreyer, senior outeur van die artikel en 'n botanis in die US se Departement Plant- en Dierkunde, s¨º die artikel is ook 'n poging om die onderverteenwoordiging van vroue se betrokkenheid by botanie in suider-Afrika en internasionaal aan te spreek.

Sy het saamgewerk met Dr Paul Hills van die US se Instituut vir Plantbiotegnologie, en met Wiida Fourie-Basson, mediabeampte en wetenskapskrywer vir die Fakulteit Natuurwetenskappe, om dieper ondersoek te doen na die skatkis van dokumente en briewe wat in die A.V. Duthie-versameling in die US Biblioteek se Spesiale Versamelings gehou word. In die proses het hulle ook afgekom op 'n versameling dokumente, briewe en skyfies wat verband hou met die vestiging van die Duthie Reservaat in die 1950s. Di¨¦ dokumente, wat in die Departement Plant- Dierkunde se argief gestoor was, is intussen aan die US Argief oorhandig.

Volgens die US se senior argivaris, Karlien Breedt, is hierdie dokumente en skyfies onvervangbare prim¨ºre bronne wat die vestiging en ontwikkeling van die Duthie Reservaat dokumenteer: ¡°Sonder hierdie inligtingsbronne sou ons nie 'n idee kon vorm van die fauna en flora wat daar voorgekom het nie. Dit verseker ook dat Duthie se nalatenskap nie verlore gaan nie."

Meer oor Ave Duthie

Ave Duthie (uitgespreek as ¡°A-Vee" op grond van haar voorletters) was slegs 20 jaar oud toe sy in 1902 aangestel is om die tweede Botanie departement in Suid-Afrika te begin. Haar aanstelling het destyds, in haar eie woorde, ¡°something of a nine day's wonder" veroorsaak aangesien sy die enigste vroue dosent was. Haar werk by Victoria Kollege het begin met 'n handjievol studente in 'n kamertjie in die Ou Hoofgebou, met min tot geen toerusting nie.

Figure_4_VC Senaat 1904 (2).jpg

Duthie was een van drie prominente vroue botaniste wat deur die Amerikaans-gebore botanis, Dr Bertha Stoneman (1866-1943), by die Hugenote Kollege vir Vroue in Wellington opgelei is. Stoneman was getaak om die nuwe botanie departement en herbarium by die kollege te stig, en het later in 1921 hoof van die kollege geword. Duthie het in 1901 haar graad verwerf, en Ethel Doidge in 1907. In 1914 het Doidge die eerste Suid-Afrikaanse vrou geword om 'n doktorsgraad te verwerf. Duthie het haar meestersgraad in 1910 aan die Universiteit van die Kaap van Goeie Hoop voltooi en haar doktorsgraad in 1929 by die Universiteit van Suid-Afrika met 'n dissertasie oor die plantegroei en flora van die Stellenbosch Vlakte.

As stigter en hoof van die botanie departement vir 19 jaar, het Duthie 'n omvattende infrastruktuur gevestig wat onder meer 'n biblioteek, herbarium, botaniese tuin en navorsingsfasiliteite, veral vir morfologiese navorsing, ingesluit het. Die meeste van hierdie infrastruktuur bestaan vandag nog en is steeds van deurslaggewende belang vir navorsingsaktiwiteite in die huidige Natuurwetenskappe gebou wat in 1916 voltooi is. In 1921 het Duthie egter 'n terugslag beleef toe die nuwe leerstoel in botanie aan een van haar voormalige studente, Dr Gert C. Nel, toegeken is. 'n Brief van Nel wat in 'n spesiale versameling in die US Biblioteek gehou word, toon dat die besluit toegeskryf kan word aan 'n langdurige taaldebat by die US, en dat Nel aktief voorbrand gemaak het daarvoor dat botanie in Afrikaans aangebied moet word. Duthie het weer 'n gewone dosent geword en die ekstra tyd tot haar beskikking gebruik om intensiewe veldwerk te doen op die vlaktes rondom Stellenbosch, tot en met haar aftrede in 1939.  

Duthie se botaniese opnames, en die herbariumplate van die Stellenbosch Vlakte, is van onskatbare waarde, aangesien die area hoofsaaklik uit Renosterveld bestaan het, 'n tipe plantegroei wat vandag hoogs bedreig word. Baie van hierdie herbariumplate is gedeponeer in die Stellenbosch Herbarium in die Natuurwetenskappe gebou. Haar belangrikste lewendige nalatenskap is egter in die vorm van die Duthie Reservaat, waar die laaste oorblywende lewensvatbare bevolking van die krities bedreigde poeierkwaslelie (Haemanthus pumilio) voorkom. Die reservaat is in 1952 deur die voormalige hoof van die botanie departement, Prof. P.G. Jordaan, gestig en in 1960 amptelik na Dr Duthie vernoem ter erkenning van haar baanbrekerswerk oor die flora en plantegroei van die Stellenbosch Vlakte. In 1987 is die Duthie Reservaat as 'n Suid-Afrikaanse Nasionale Erfenisgebied verklaar, met die oorspronklike sertifikaat wat steeds in die Stellenbosch Herbarium pryk.

Uit die Duthie-versameling blyk dit duidelik dat Duthie 'n ywerige briefskrywer was en met prominente botaniste en wetenskaplikes van oor die hele w¨ºreld gekorrespondeer het oor Suid-Afrikaanse flora ¨¦n plantmateriaal uitgeruil het. Die artikel beklemtoon ook Duthie se pogings om die tradisie en atmosfeer van haar geboorteplaas, Belvidere, te bewaar soos neergel¨º deur George Rex, haar oupagrootjie en die stigter van Knysna. Die huis waarin Duthie grootgeword het op die Belvidere landgoed is vandag 'n geproklameerde Nasionale Monument.

Menige plantliefhebber en botanie-student mog in die toekoms dit oorweeg om 'n besoek te bring aan die ouw¨ºreldse kerkie by Belvidere wat deur Duthie se oupa in 1855 gebou is. Duthie, wat nooit getrou het nie, is in die familie begrafplaas aan die suidekant van die kerk begrawe. 'n Klein gebrandskilderde venster oorkant 'n kerkbank aan die noordekant van die kerk, ge?nstalleer in 1972, herdenk haar rol as weldoenster van die kerk en haar liefde vir botanie. Saam met die Knysna loerie en engel wat daarop uitgebeeld word, is daar ook 'n paneel wat agt blomplante uitbeeld wat sy as 'n jong botanis bestudeer het.

image00002.jpeg

Die artikel ¡°The botanist from Belvidere ¨C the living legacy of Augusta Vera Duthie (1881-1963) het in die South African Journal of Botany verskyn en is aanlyn beskikbaar by  https://www.sciencedirect.com/science/article/pii/S0254629925001942?via%3Dihub


Page Image:
Author: Wiida Fourie-Basson (Media: Faculty of Science)
Media Release: No
Visibly Featured: Science Carousel; Botany £¦ Zoology Carousel; Botanical Garden Carousel; SU Main Carousel
Published Date: 4/30/2025
Visibly Featured Approved: Science Carousel;Botany £¦ Zoology Carousel;Botanical Garden Carousel;
Enterprise Keywords: Botany; Department of Botany and Zoology; Augusta Vera Duthie; conservation; biodiversity
GUID Original Article: 2CE3181E-2DD3-4667-B94E-22EF233D5A63
Is Highlight: Yes
Staff Only: No
Opsomming: ?Die lewendige nalatenskap van Dr Augusta Vera Duthie (1881¨C1963), stigter van die Departement Plantkunde by Victoria Kollege in 1902 is vasgevang in 'n oorsigartikel wat in 'n spesiale uitgawe van die
Summary: The living legacy of Dr Augusta Vera Duthie (1881¨C1963), founder of the Department of Botany at Victoria College in 1902 has been captured in a review article published in a special edition of the South Afr
The article is now complete, begin the approval process: No
Article Workflow Status: Article incomplete
]]>
System Account Wed, 30 Apr 2025 10:02:43 GMT /afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=11179
Nuwe navorsingsleerstoel by US bevorder blou ekonomie_ÖйúÌåÓý²ÊƱ /afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=11175 Page Content:

?

Prof Annie Bekker van die Universiteit Stellenbosch (US) se Departement Meganiese en Megatronika Ingenieurswese beklee die DWTI/NNS-SAIMI SARChI Navorsingsleerstoel in Skeepsargitektuur en -ontwerp.

Die nuwe SARChI-leerstoel fokus op navorsing in skeepsbou en -ontwerp asook mariene ingenieurswese om Suid-Afrika se ¡°blou ekonomie¡± te ontwikkel. Hierdie term verwys na volhoubare ekonomiese bedrywighede wat met die oseaan- en kusgebiede verband hou.

Bekker s¨º die US se Fakulteit Ingenieurswese het ¡¯n span navorsers en bestaande kundigheid wat as vertrekpunt vir navorsing oor voorkeursektore van die oseaan-ekonomie kan dien.

SARChI se befondsing stel die US in staat om ¡¯n bestaande 90-meter-lange sleeptenk op kampus (die grootste fasiliteit in sy soort in Afrika) te gebruik om skeepsrompontwerpe te toets.

Die US is ook toegerus met ¡¯n roterende tuig om skeepsaandrywing te ondersoek, ¡¯n seilboot, ¡¯n aflandige akoestiese sensorreeks, en ¡¯n digitale meetstelsel aan boord van die SA Agulhas II, Afrika se enigste poolskip. Die skip vervoer voorrade en dien ook as ¡¯n opelug-laboratorium.

Bekker s¨º die leerstoel sal help om ingenieurs op te lei vir loopbane in skeepsontwerp en maritieme ingenieurswese. Die leerstoel is ingestel om navorsingsgeleenthede skep wat onder een sambreel saamgevoeg kan word. SARChI sal jaarliks R3 miljoen oor ¡¯n tydperk van vyf jaar vir die leerstoel bewillig.

Aan die stuur van sake

Bekker, direkteur van die Klank en Vibrasienavorsingsgroep (SVRG), geniet erkenning vir haar navorsing in veral ingenieursmetings en -ontledings, asook seinverwerking van dinamiese bedryfstelsels.

In die afgelope dekade het Bekker en lede van die SVRG-groep klank en vibrasie in die skeepsvaart- en ingenieursbedryf ondersoek. Hul navorsing fokus onder meer op menslike, rotor- en strukturele dinamika, waar ingenieursmetings en -modelle met tegnologie vir ¡°digitale tweelinge¡± ge?ntegreer kan word om besluitneming aan boord te ondersteun.

Sedert 2023 beklee Bekker ook die Gibela-navorsingsleerstoel in Ingenieurswese (GERC) wat deur die Gibela-spoorvervoer-konsortium befonds word. Hierdie konsortium vervaardig 600 nuwe X¡¯trapolis Mega-passasierstreine vir die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (PRASA). GERC doen navorsing wat Gibela in staat stel om die treine in stand te hou en te monitor. Die doel van hierdie leerstoel is om digitaletweeling-dienste vir treine te skep en kennis oor die betroubaarheid, kostes, en instandhouding van Suid-Afrika se passasierstreine in te win.

US se rol in skeepsbou

Die fakulteit het ¡¯n historiese verbintenis met navorsing oor skeepsargitekteur, veral oor snelbote.

In die tagtigerjare het Prof Gunter Hoppe met navorsing oor skeepsargitektuur in Suid-Afrika begin. Dit het tot die patentering van die watervleuel-ondersteunde tweerompskuit (HYSUCAT) gelei. Dr G¨¹nther Migeotte het hierna sy navorsing voortgesit en internasionaal bekend geword as skeepsargitek nadat hy dit uitgebrei het tot die watervleuel-ondersteunde-vaartuigpatent (HYSUWAC). Migeotte is vandag steeds betrokke by die ontwerp van ho?spoed-seevaartuie vir Icarus Marine, ¡¯n skeepsboumaatskappy in Kaapstad.

Operasionele metings en digitalisering

In 2002 het prof Wikus van Niekerk, die dekaan van die Fakulteit, ¡¯n vibrasielaboratorium gevestig. Bekker, ¡¯n oudstudent van hierdie laboratorium, het haar in 2011 by die US aangesluit en dit uitgebrei. Dit het haar in staat gestel het om metings aan boord van die SA Agulhas II op operasionele vaarte te onderneem.

Sy en meer as 35 studente en medewerkers het baat gevind by navorsing wat op hierdie skip onderneem is. Hulle het ¡¯n soort ¡°ingenieurs-senustelsel¡± van sensors ontwerp waarmee ¡¯n digitale tweeling van die skip geskep is. Die skip het vandag meer as 200 ingenieurs- en moniteringsensors aan boord. Dit dui op die buig- en wringkrag van die romp, die aandrywingstelsel en die impak op die mense aan boord. Die sensors monitor meganiese vibrasies en maak sodoende intydse animasie van skeepsdinamika moontlik.

Drie studente wat navorsing op die skip onderneem het, het sedertdien loopbane as jong akademici aan die universiteit voortgesit. Vir dr Brendon Nickerson, dr Nicole Taylor, en Gerhard Durandt, skep die SARChI-leerstoel navorsingsgeleenthede in maritieme ingenieurswese wat hulle help om hul navorsing en loopbane uit te bou.

Danksy sensordata afkomstig van hierdie skip het Bekker, haar studente en medewerkers die ¡°Digitale SA Agulhas II¡± ontwikkel. Dit bestaan uit drie digitale tweelinge: DIGIHULL (wat skeepsrompbewing monitor), HEALTHPROP (wat die wisselwerking tussen masjienaandrywing en ys monitor), en MARINER 4.0 (wat skeepstoestande en die effek daarvan op passasiers monitor).

Die US se betrokkenheid in die digitale weergawe van die SA Agulhas II het Bekker en ¡¯n span navorsers in staat gestel om in 2019 en 2022 deel te neem aan ekspedisietogte op soek na Sir Ernest Shackleton se beroemde skeepswrak. Dit het blootstelling vir navorsing wat boord die SA Agulhas II onderneem word aan ¡¯n groter gehoor bekend gestel en ook die universiteit se skeepsnavorsingnetwerk uitgebrei.

Bekker is tans die enigste Suid-Afrikaanse lid van die Internasionale Komitee vir Skeep- en Aflandige Strukture, met die mandaat om ontwikkelings in dissiplines in ingenieurswese wat met skeepsontwerp verband hou te dokumenteer. Sy is lid van ¡¯n subkomitee met lede van 15 lande wat ontwikkelings in digitale tweelinge vir skepe ondersoek. Bekker beplan om Suid-
Afrika se verteenwoordiging in hierdie forum te vergroot om meer blootstelling aan Suid-Afrika as ¡¯n seevarende land te bied en in die proses die werksaamhede van die leerstoel te steun.

Fokus op skeeps- en mariene stelsels

Vir die doeleindes van die leerstoel sal daar gefokus word daarop om die plaaslike skeepsboubedryf en opleidingsinfrastruktuur te steun en te ontwikkel.

Bestaande opleiding aan die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit en organisasies soos die Suid-Afrikaanse Vloot, SABBEX/Boating South Africa, die Suid-Afrikaanse Instituut van Mariene Ingenieurs en Vlootargitekte, en die Suid-Afrikaanse Internasionale Maritieme Instituut verbind reeds van die sleutelspelers in die bedryf. Hierdie belanghebbendes ondersteun Suid-Afrika se opleidingsbehoeftes en strategiese navorsingsareas wat die leerstoel kan help ontwikkel.

Bekker beplan om navorsing op die SA Agulhas II in samewerking met prof Nico de Koker, hoof van die Departement Siviele Ingenieurswese, uit te brei. De Koker spesialiseer in strukturele dinamika en integriteit. Historiese vaarttoestande kan help aandui watter spesifieke eise seetoestande langs die Suid-Afrikaanse kuslyn en die Suidelike Oseaan aan vaartuie stel om skeepsontwerpe te verbeter. Die moontlikheid bestaan ook om digitale tweelinge aan boord te evalueer. MARINER 4.0 wat dr Nicole Taylor ontwikkel, word byvoorbeeld geskep vir vaartuie met talle passasiers aan boord. Hiervoor word reeds subjektiewe terugvoer deur bewegingsensors en intydse ontledings ge?tegreer. Die skep van digitale tweelinge kan uitgebrei word om instrumente vir ander skeepstelsels in te sluit.

Prof Chris Meyer, verbonde aan die Departement Meganiese en Megatroniese Ingenieurswese, het ¡¯n modelbouwerkswinkel geskep wat fokus op ontwerpe vir bootrompe. Hy is ¡¯n kenner van numeriese hidrodinamika en werk saam met Migeotte van Icarus Marine in die sleeptenk op kampus. Hierdie medewerking maak die optimalisering van vindingryke rompvorms en skeerbootonwerp moontlik wat Suid-Afrika mededingende voordeel in die skeepsmark kan bied.

Prof Jaco Versfeld and prof Japie Engelbrecht van die Departement Elektriese en Elektroniese Ingenieurswese was as studieleiers gemoeid met die ontwerp van ¡¯n beheerstelsel vir ¡¯n geoutomatiseerde seilboot. Versfeld het ook ¡¯n onderwater-meetinstrument in Valsbaai geskep wat deurlopend akoestiese opnames doen. Die instrument maak dit moontlik om walvis- en visklanke te bespeur en te kategoriseer. Hy werk ook nou saam met die Departement van Bosbou, Visserye en die Omgewing aan projekte wat passiewe akoestiese monitering inspan om onderwaterklanklandskappe te bestudeer. Hierdie projekte help om die stand van mariene ekosisteme te monitor. Hierdie navorsing, tesame met seinverwerkingstegnieke, kan uitgebrei word om skeepsverkeer en aandrywingsklanke na te gaan.



Page Image:
Author: ?Article by Jorisna Bonthuys
Media Release: No
Visibly Featured: SU Main Carousel; Staff Carousel
Published Date: 4/29/2025
Visibly Featured Approved: SU Main Carousel;
Enterprise Keywords: 'Research; Naval; SARCHi'
GUID Original Article: 351E7FA9-E045-432C-8730-6860087C5160
Is Highlight: No
Staff Only: No
Opsomming: Prof Annie Bekker van die Universiteit Stellenbosch (US) se Departement Meganiese en Megatronika Ingenieurswese beklee die DWTI/NNS-SAIMI SARChI Navorsingsleerstoel in Skeepsargitektuur en -ontwerp.
Summary: Prof Annie Bekker from Stellenbosch ÖйúÌåÓý²ÊƱ¡¯s (SU¡¯s) Department of Mechanical and Mechatronic Engineering has been awarded the DSTI/NRF-SAIMI SARChI Research Chair in Naval Architecture and Design.
The article is now complete, begin the approval process: No
Article Workflow Status: Article incomplete
]]>
System Account Tue, 29 Apr 2025 08:52:55 GMT /afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=11175
Universiteit Stellenbosch Vier Internasionale Chinese Taaldag met Kultuurvertoning_ÖйúÌåÓý²ÊƱ /afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=11178 Page Content:

?Ter viering van Internasionale Chinese Taaldag 2025 het die Konfucius Instituut aan die Universiteit Stellenbosch (CISU) op 25 April 'n kultuurfees aangebied, met die Maritieme Syroete Foto-uitstalling as hoogtepunt.

Die geleentheid was deel van die w¨ºreldwye viering van Chinese taal en kultuur en is aangebied met die ondersteuning van die Konsulaat-generaal van die Volksrepubliek China in Kaapstad. Mnr. Tang Chang¡¯an, Adjunk-konsul-generaal, het die opening van die uitstalling bygewoon en daarmee die sterk en groeiende kulturele bande tussen China en Suid-Afrika beklemtoon.

Ook teenwoordig was prof. Rou Juan Zheng, Direkteur van die Konfucius Instituut aan die Universiteit Stellenbosch (US); mnr. Robert Kotz¨¦, Senior Direkteur van Stellenbosch ÖйúÌåÓý²ÊƱ International (SUI); asook verteenwoordigers van die Konfucius Institute van die Universiteit van Kaapstad (UCT) en die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK).

Die Maritieme Syroete Foto-uitstalling het ¡¯n treffende visuele reis gebied wat die antieke handelsroete uitbeeld wat China met Afrika, die Midde-Ooste en Europa verbind het. Quanzhou, histories bekend as ¡°Zayton,¡± is uitgebeeld as ¡¯n lewendige vertrekpunt in China, terwyl die Kaap die Goeie Hoop ¡¯n simboliese suidelike toegangspoort voorgestel het, wat Suid-Afrika se aansluiting by hierdie w¨ºreldwye uitruiling bevestig. Deur sorgvuldig saamgestelde beelde en historiese interpretasie het die uitstalling lig gewerp op eeue se handel, verkenning en kulturele dialoog langs die Maritieme Syroete.

¡°Hierdie uitstalling ondersteun die missie van die Konfucius Instituut deur die historiese uitruilings en kulturele verbindings te belig wat deur die Maritieme Syroete ontstaan het, en bevorder sodoende wedersydse begrip tussen China en Suid-Afrika,¡± het prof. Zheng ges¨º. ¡°Een van die belangrikste missies van die Instituut is om beter begrip tussen China en Suid-Afrika te bevorder.¡±

Zheng het bygevoeg: ¡°Deur foto-uitstallings en kulturele ervarings soos di¨¦ wat ons gere?l het, hoop ons dat die Instituut as ¡¯n venster kan dien waardeur Suid-Afrikaanse studente en lede van die plaaslike gemeenskap die gees van openheid, samewerking en kulturele uitruiling ¡ª wat mense oor kontinente heen al eeue lank verbind ¡ª beter kan waardeer.¡±

As aanvulling tot die uitstalling het gaste aan interaktiewe kulturele aktiwiteite deelgeneem, insluitend Chinese teeseremonies, kalligrafie, papierknipkuns en tradisionele kralewerk. ¡¯n Verskeidenheid eg Chinese versnaperinge, soos maankoeke (yue bing) en sout rysbeskuitjies (xian bei), is ook bedien om ¡¯n feestelike en meesleurende atmosfeer te skep.

Die viering het ook skoolhoofde, onderwysers en leerders van CISU se vennootskapskole verwelkom, waar inleidende klasse in die Chinese taal aangebied word. Hierdie skole sluit in Ho?rskool Stellenbosch, Ho?rskool Kylemore, Laerskool False Bay, Sekond¨ºre Skool Makupula en St Paul¡¯s Laerskool. Die geleentheid het leerders ¡¯n unieke kans gebied om hul waardering vir die taal en kultuur waarin hulle onderrig ontvang, verder te verdiep deur middel van ¡¯n lewendige ervaring.

Die CISU bevorder steeds interkulturele begrip deur taalonderrig en kulturele programme. Met inisiatiewe soos die Maritieme Syroete Foto-uitstalling poog die Instituut om gedeelde geskiedenisse en w¨ºreldverbindings tussen China en Afrika te belig, en so wedersydse respek, nuuskierigheid en samewerking tussen kulture aan te moedig.?


Page Image:
Author: Marlo Van Wyk
Media Release: No
Visibly Featured: SU International Carousel; Confucius Institute Carousel
Published Date: 4/29/2025
Visibly Featured Approved: Confucius Institute Carousel;SU International Carousel;
Enterprise Keywords: CISU; Chinese Language Day 2025
GUID Original Article: B12442F2-1FCF-4E58-BCBC-AB030C08786D
Is Highlight: No
Staff Only: No
Opsomming: Ter viering van Internasionale Chinese Taaldag 2025 het die Konfucius Instituut aan die Universiteit Stellenbosch (CISU) op 25 April 'n kultuurfees aangebied, met die Maritieme Syroete Foto-uitstalling as hoogtepunt.
Summary: To mark International Chinese Language Day 2025, the Confucius Institute at Stellenbosch ÖйúÌåÓý²ÊƱ (CISU), hosted a cultural celebration on 25 April, highlighted by the Maritime Silk Road Photo Exhibition.
The article is now complete, begin the approval process: No
Article Workflow Status: Article incomplete
]]>
System Account Tue, 29 Apr 2025 14:10:04 GMT /afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=11178