中国体育彩票

图片
Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
SA benodig nuwe strategie om landbouvoedsel-uitvoere na EU te verhoog
Outeur: Corporate Communication and Marketing [Alec Basson]
Gepubliseer: 07/08/2025

Hoewel Suid-Afrika sterk handelsooreenkomste met die Europese Unie (EU) het en sy grootste handelsvennoot in Afrika is, neem die omvang van landbouvoedselhandel met die EU af, grootliks weens groeiende handelsversperrings en verwante dispute. Om hierdie agteruitgang om te keer, sal Suid-Afrika sy uitvoerfokus moet verskuif, binnelandse infrastruktuur verbeter en nietariefhandelsversperrings (NTM's) takel.

Dit is die oproep van navorsers aan die Universiteit Stellenbosch (US) en Mendel Universiteit in Brno, Tsjeggi?.

In 'n studie wat onlangs in die tydskrif Agrekon gepubliseer is, het hulle ondersoek hoe die EU se landbouvoedselinvoerpraktyke die mededingendheid van Suid-Afrika se landbousektor moontlik benadeel. Hulle het 20 jaar (1999 tot 2019) se handelsdata en die Konstante Markaandeel-model (CMS) — 'n instrument wat in internasionale handel gebruik word om veranderinge in 'n land se uitvoerprestasie oor tyd te ondersoek — gebruik om hierdie impakte in die konteks van handelsliberalisering en die onlangse verlangsaming in globale landbouvoedselwaardekettings te ondersoek.

Die navorsers het landbouvoedselprodukte in vier kategorie? gegroepeer: grootmaat-kommoditeite, geprosesseerde tussengoedere — produkte wat in die produksie van ander goedere gebruik word, tuinbouprodukte en goedere wat verbruikersgereed is. Sitrus, druiwe, wyn, appels en pere en avokado's maak die topvyf-landbouvoedseluitvoere na die EU uit.

Hulle wys daarop dat tuinbou die leidende landbouvoedselkategorie is wat na die EU uitgevoer word, volgens 2019-data van Eurostat, die EU se statistiekagentskap. Tuinbou-uitvoere het beduidend gegroei, van net oor 58% van landbouvoedseluitvoere in 1999 tot meer as 65% teen 2019. Tussen 1999 en 2019 het goedere wat verbruikersgereed is die grootste aandeel van die EU se totale landbouvoedselinvoere uitgemaak, waarvan wyn die belangrikste is. Geprosesseerde tussengoedere en tuinbouprodukte het elk ongeveer 15% uitgemaak.

Die navorsers merk ook op dat byna die helfte van die totale EU-landbouvoedselinvoere na Sentraal-Europese lande gaan, terwyl noordelike en suidelike EU-lande elk ongeveer 20% uitmaak. Die kleinste maar groeiende deel word deur die oostelike EU ingevoer.

Hulle sê hoewel Suid-Afrika se landbouvoedseluitvoere na die EU oor die afgelope twee dekades bestendig gegroei het, dui hulle studie daarop dat die handelsomgewing toenemend uitdagend word.

“Hoewel uitvoere tussen 1999 en 2019 toegeneem het, het groei merkbaar vertraag ná die globale finansi?le krisis, 'n neiging wat aan die voortslepende gevolge van die resessie en die opkoms van nietariefhandelsversperrings gekoppel is.

“Ons bevindinge vestig ook die aandag op verskuiwende aanvraagpatrone in verskillende dele van Europa. In die ooste het landbouvoedselinvoere toegeneem nadat lande vroeg in die 2000's by die EU aangesluit het en geliberaliseerde handels- en landboubeleid aangeneem het. Maar daardie aanvanklike momentum het afgeplat, met jaarlikse groei wat van 6,5% tot net 3,5% in die dekade ná die resessie gedaal het.

“ 'n Soortgelyke verlangsaming is in Suid-Europa te sien, waar invoergroei skerp gedaal het — van 6,3% tot 2,6% per jaar — wat daarop dui dat herstel in hierdie streek stadiger en onegaliger was. Intussen toon die sentrale en noordelike EU-markte meer stabiele dinamiek, maar selfs hier het groei afgeplat."

Die navorsers sê dit wek kommer dat bestaande handelsooreemkomste, wat eens as 'n toegangspoort tot geleenthede beskou is, nie meer voldoende is om die sektor se ontwikkeling of langtermynmededingendheid in die EU te ondersteun nie.

Hulle voeg by dat hoewel Suid-Afrika 'n sleutelverskaffer van landbouvoedselprodukte aan die EU bly, die land toenemend in markte kompeteer wat óf versadig is óf stadiger groei.

Die navorsers sê Suid-Afrika behoort landbouvoedselprodukte met vinnig groeiende aanvraag te prioritiseer — veral tuinbouprodukte — en sy visier stel op snelgroeiende markte binne die EU, soos opkomende oostelike EU-lande.

“Belegging in kritieke infrastruktuur, soos vraghouerhawens en elektrisiteitsvoorsiening, is noodsaaklik om transaksiekoste te verlaag en onsekerhede te verminder, en sodoende mededingendheid teen gesubsidieerde EU-produsente te versterk. Dit sal ook kompetisie met ander bronne van voorsiening wat aan die EU beskikbaar is, ondersteun.

“Beleidmakers behoort met EU-eweknie? in gesprek te tree om NTM's te heroorweeg, dispute wat marktoegang beperk op te los, en maniere te ondersoek om plaaslike uitvoerders te help om by streng regulatoriese vereistes aan te pas."

Die navorsers voeg by dat Suid-Afrika ook vinnig groeiende markte buite die EU — soos BRICS-lande, Suid-Korea, Japan, Vi?tnam, en ander — as potensi?le handelsvennote behoort te ondersoek. Sodra hierdie belowende markte ge?dentifiseer is, kan beleidmakers help om landbouvoedseluitvoere, veral dié in ho? aanvraag, na sowel groeiende EU- as nie-EU-markte te herlei.

Hulle merk op dat ten spyte van die NTM's, dispute, en ander uitdagings, die EU steeds Suid-Afrika se waardevolste handelsvennoot is. “Die aansienlike handelsurplus en direkte buitelandse belegging wat deur EU-handel gegenereer word, beklemtoon die bre?r ontwikkelingsvoordele van sterk landbouvoedseluitvoere. Dit sluit werkskepping, die aanvaarding van groen- en digitale tegnologie?, en verbeterde marktoegang in — alles sentraal tot huidige handels- en ontwikkelingsdebatte."

Die navorsers sê hulle hoop hul studie sal die land se landbouvoedselbedryf en beleidmakers help om sy mededingende posisie beter te verstaan en strategiese aksies te identifiseer om sy uitvoerprestasie in die EU-mark te verbeter.

  • Bron: Melissa van der Merwe, Ivo Zdráhal & Francois Lategan (22 Apr 2025): Trade or trap? The impact of EU trade policies on South Africa's agri-food exports, Agrekon, DOI: 10.1080/03031853.2025.2489934