中国体育彩票

图片
Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Ingenieur-opvoeder leer jonges van chemie en chutzpah
Outeur: Development & Alumni Relations
Gepubliseer: 04/08/2025

Ons hop oor na Wes-Londen, waar ons Karien Botha raakloop. Dié voormalige ingenieur is deesdae 'n chemie-onderwyser, en boonop een van ons mees energieke en inspirerende vrywilligers. Karien se liefde vir die wetenskap, onderwys en die buitelewe is te sien in alles wat sy doen – ook in haar rol in die Matie-alumni-netwerk.

Karien woon in loofryke Ealing, waar die lewe 'n lewendige kombinasie is van gesinstyd, tutorwees vir GCSE- en A-level-wetenskapstudente, en enige moontlike verskoning om buite te wees, hetsy aan die draf of fietsry.

Haar loopbaanreis is allesbehalwe gewoon. Ná 16 jaar as 'n chemiese ingenieur in die olie- en gasbedryf was sy op soek na iets nuut. Sy herbekwaam haar dus as onderwyser en stel nou plaaslike leerders aan die wonderwêreld van chemie bekend. “Ek het my seun onlangs erg verveel toe hy gevra het hoe bakpoeier en koeksoda verskil," lag sy. “My grafiek van chemiese formules en gebalanseerde vergelykings was iets om te aanskou!"

Hou die Matie-vlam aan die brand

'n Behoefte om bande met ander te bou is wat Karien aangespoor het om by die Matie-alumni-netwerk betrokke te raak. “'n Mens ontmoet nie juis baie Suid-Afrikaners waar ek woon nie – so dis 'n goeie manier om in kontak te bly." Maar wat sy gekry het, is veel meer as 'n skakel met die huis: “Ek het al soveel talentvolle en interessante Maties deur my vrywilligerwerk ontmoet. Dis regtig 'n ontsettend positiewe ervaring."

Of sy nou alumni-geleenthede re?l, met ander vrywilligers skakel, of geld vir die Universiteit Stellenbosch insamel, sy doen alles met energie en oorgawe. Een hoogtepunt? Om ten bate van Matie-studentebeurse aan die Londen-na-Brighton-fietsrit deel te neem. “Dit is ongelooflik – en die ondersteuning wat ek van vriende, familie en selfs vreemdelinge ontvang het, het my verstom."

Ingenieursprestasies en onderwysoorwinnings

Sy is trots op wat sy as ingenieur vermag het, soos om dele van die Mongstad-raffinadery in Noorwe? en die Dragon LNG-invoerterminaal in Wallis te ontwerp. Nietemin was heropleiding as 'n onderwyser een van die dapperste dinge wat sy tot dusver gedoen het, sê sy. “Daar waar ek daagliks voor 'n vertrek vol kritiese tieners staan, is waar ek van die slegste – maar ook van die beste – oomblikke van my beroepslewe beleef," sê sy.

Matie-wortels lê diep

Karien het van 1992 tot 1998 Chemiese Ingenieurswese op Stellenbosch studeer, en behou steeds kontak met haar koshuiskamermaats van Monica en haar Ingenieurswese-klasmaats. “Die geur van jasmyn op 'n warm somersaand voer my altyd terug na die kampus," sê sy. Haar gunstelinguithangplek? Die stil, groen rustigheid van die Botaniese Tuin langs Monica.

Hoewel sy nie haar lewensmaat op Stellenbosch ontmoet het nie, is haar hegste vriendskappe hier gevorm – en dit het die toets van die tyd deurstaan. “Ek het steeds kontak met my ou Matie-vriende," sê sy. “Hulle bly 'n groot deel van my lewe."

'n Positiewe krag

Karien rat vanjaar (heel letterlik) weer op vir nóg 'n Londen-na-Brighton-fietsrit, en sy is veral opgewonde om te sien hoe haar fondswerwing spoed optel. Sy gaan voort om haar kernwaarde uit te leef, naamlik om 'n positiewe krag in die lewe te wees, of sy nou kilometers op die fiets kafdraf of lesse aanbied.

Dít is 'n ingesteldheid wat sy ook aan haar seun oordra, wat tans vir sy GCSE-eksamen voorberei. Teen sy aansteekbord is 'n plakkaat wat sy gemaak het, vol inspirerende aanhalings. Haar gunsteling? Jan Smuts se woorde: “As jy twyfel, doen die waagmoedige ding." Wyse woorde van iemand wat so 'n ietsie weet van moed, verandering, en die soeke na sin.

  • Gaan na KindLink om deel te neem aan Karien se fondswerwingsveldtog ten bate van studentebystand.