Die Universiteit Stellenbosch (US) het sy invloedrykste dosente by die jaarlikse ROCTAS-toekennings vereer wat onlangs by die Stellenbosch Instituut vir Gevorderde Navorsing (STIAS) gehou is ter viering van diegene wie se toewyding eerstejaarstudente se akademiese reis help vorm het.
Die ROCTAS-toekennings (wat vir Recognition of Contributions Towards Academic Success staan) vereer dosente wat deur die US se eerstejaarskohort vir hulle rol in die fasilitering van studentesukses genomineer is. Die toekennings, voorheen bekend as die Eerstejaarsprestasietoekennings, weerspie?l 'n verdieping van die US se verbintenis tot transformerende onderrig en leer.
Die aand se program is met 'n verwelkoming deur prof Lis Lange, Waarnemende Senior Direkteur: Afdeling Leer- en Onderrigverryking, geopen. Sy het die US se Rektor en Visekanselier, prof Deresh Ramjugernath, as die geleentheidspreker bekendgestel.
Ramjugernath het opgemerk dat die hernoeming van die geleentheid van die Eerstejaarsprestasietoekennings na ROCTAS krag en duidelikheid by die doel van die geleentheid gevoeg het. Dit is volgens hom nie net bedoel om erkenning aan uitnemendheid in onderrig te gee nie, maar ook om die waardes te bevestig wat 'n leergesentreerde instelling ondersteun.
Hy het sy visie vir die Universiteit herhaal om 'n instelling te wees wat toenemend mensgesentreerd is. Vir die US om sinvol vorentoe te beweeg, het hy gesê, moet dit studente- én personeelwelstand prioritiseer en dit begin by hoe leer en onderrig benader word. 'n Studentgesentreerde etos, het hy aangevoer, is nie 'n slagspreuk nie, maar 'n praktyk wat in die daaglikse werk van toegewyde dosente oor fakulteite heen sigbaar is.
Hy het met betrekking tot die ontvangers van die toekennings beklemtoon dat hulle erkenning gewig dra omdat dit van studente self kom.
"Julle studente het julle erken omdat julle nie net inhoud onderrig nie. Julle skep saam leerervarings," het Ramjugernath gesê. "Julle pas 'n leergesentreerde benadering toe wat studente bemagtig om krities te dink, sinvol betrokke te raak en eienaarskap van hulle ontwikkeling te neem. Dit is onderrig in die diepste sin van transformasie in ons instelling. Ons weet dat die eerste studiejaar oorweldigend kan wees, en tog, te midde van die aanpassing, het baie studente 'n stem, 'n pad en dikwels hulle selfvertroue gevind, en dit is danksy julle. Moenie die rol wat julle as akademikus en as dosent in die ontwikkeling van ons studente speel, onderskat nie."
Ramjugernath het daarop gewys dat die US reeds lankal akademiese uitnemendheid as 'n strategiese prioriteit beskou, maar dat ware uitnemendheid nie tot planne of beleidsdokumente beperk is nie. Dit neem vorm aan in lesingsale, laboratoriums, aanlyn platforms en in die individuele oomblikke wanneer dosent en student aansluiting vind bymekaar. Hy het beklemtoon dat die werklike werk van ho?r onderwys in hierdie ruimtes ontvou.
Ramjugernath het die student-dosent-verhouding as een van die magtigste kragte in die ho?r onderwys beskryf wat die minste erkenning kry. Hy het op grond van die US se eie studenteterugvoermeganismes en navorsing gesê hierdie verhoudings laat dikwels die skaal tussen deursettingsvermo? en onttrekking kantel.
Die Visekanselier het op 'n persoonlike noot erkenning gegee aan die jare wat hy as Viserektor: Leer en Onderrig deurgebring het, en gesê die toekenningsplegtigheid is nie net nog 'n gebeurtenis op die kalender nie, maar 'n ruimte wat hy verstaan en waarvoor hy baie groot waardering het.
"Ek het eerstehands gesien watter soort moed, kreatiwiteit en konsekwentheid dit verg om op 'n manier onderrig te gee wat werklik transformeer. Hierdie toekennings weerspie?l die waardes wat ons gehoop het om te laat uitstyg toe ons ons onderrig-leer-assesseringslandskap by die instelling begin herverbeel het – waardes soos inklusiwiteit, studentebetrokkenheid, reflektiewe praktyk en outentieke assesserings. Om daardie waardes vanaand in aksie te sien, in jou werk, in jou impak, gee my 'n diep gevoel van trots en dankbaarheid."
Hy het die aand se vieringe aan die US se langtermyn-strategiese visie gekoppel, insluitende die groot aspirasies van Visie 2040. Dosente, het hy gesê, is sentraal in die verwesenliking van hierdie visie, aangesien dit hulle is wat praktiese uitdrukking aan die US se verbintenis tot transformerende, inklusiewe en toekomsgerigte onderwys gee.
Ramjugernath het afgesluit deur te bevestig dat uitnemendheid in onderrig geen toeval is nie; dit is die resultaat van doelbewuste professionele ontwikkeling en 'n bereidwilligheid om aan te pas. Hy het personeel aangemoedig om voort te gaan om grense te verskuif, om met empatie te lei en om te onthou dat hulle werk, selfs wanneer dit nie gesien word nie, help om 'n beter toekoms te bou.
Wenners van die ROCTAS-toekennings:
Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe | ? |
Prof Manfred Spocter | |
Prof Sandra Swart | |
Mnr Ryan van der Poll | |
Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe (EBW) | ? |
Mnr Shaun Dunn | |
Prof Pierre de Villiers | Genomineer deur studente van EBW en Ingenieurswese |
Me Tess Lubbe | |
Dr Sharon Malan | |
Me Monica Matthews | |
Mnr Lungelo Ngobese | |
Mnr Hassan Sadiq | |
Mnr Hamman Schoonwinkel | |
Prof Debra Shepherd | |
Fakulteit Ingenieurswese | ? |
Dr Armand du Plessis | |
Dr Taskeen Ebrahim | |
Prof Robert Pott | |
Fakulteit Regsgeleerdheid | ? |
Me Ray de Villiers | |
Me Lerato Melato | Genomineer deur studente van EBW |
Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe | ? |
Dr Nadine Rampf | |
Prof Hans Strijdom | |
Fakulteit Krygskunde | ? |
Mnr Marno Swart | |
Fakulteit Natuurwetenskappe | ? |
Dr Marietjie Lutz | Genomineer deur studente van AgriWetenskappe en Natuurwetenskappe |
Dr Philip Southey | Genomineer deur studente van Ingenieurswese en Natuurwetenskappe |
Dr Ebrahiem Botha | Genomineer deur studente van Natuurwetenskappe en AgriWetenskappe |
Dr Karin Bothma | |
Prof Gareth Boxall | Genomineer deur studente van Natuurwetenskappe en EBW |
Me Arné du Toit Herzenberg | Genomineer deur studente van Natuurwetenskappe en Ingenieurswese |
Dr Dimbinaina Ralaivaosaona | Genomineer deur studente van Ingenieurswese |
Prof Francois Smit | Genomineer deur studente van Ingenieurswese |
Dr Christine Steenkamp
|
|
Mr Dario Trinchero | Nominated by students from EMS and Science |
Dr JJ van Zyl | Nominated by students from Science and Agri |
Dr Lesley Wessels | Nominated by students from Agri and Science |
Prof Delia Haynes | Nominated by students from Science and Engineering |
Dr Francois van Niekerk | Nominated by students from Engineering and Science |
Fakulteit Teologie | ? |
Dr Dawid Mouton | |
Fakulteit Opvoedkunde | ? |
Lynn Chambers |
|